Page 1 of 1

Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Fri Aug 04, 2017 10:35 pm
by FDV
Hi

Ek het nou al baie rondgekyk, maar nie iewers opgetel dat daar probleme is met hierdie Scope nie.

Die feit is egter dat ek paar jaar terug een gekoop het. Op my eerste of tweede jag het die Scope ophou range. Hom teruggevat na die handelaar en die verskaffer het hom omgeruil.

Tweede nuwe Burris het vinnig dieselfde probleem gegee. Weereens het die verspreider hom vir my vervang met 'n derde een.

'n Maand terug jag ek in die Kalahari en skiet baie sleg. Kom toe per toeval agter dat die Scope nie die nodige aanpassings wanneer die vergroting verander word nie. Hy pas dus nie korrek die kolletjie en holdover aan nie.

Weer terug na die verspreider en hulle sê geen probleem daars fout, maar hulle stuur nuwe een. Wag tans vir nuwe voorraad om te land en sal 'n paar weke neem.

Ek is nou half twyfelagtig of ek weer die scope wil gebruik want hy het my nou al op 3 jagte in die steek gelaat. Elke keer was dit 'n nuwe scope uit geseelde boks uit.

Wil graag weet of ek die enigste ou is wat probleme het. Sekerlik kan ek nie so ongelukkig wees nie?

Hoor graag.

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sat Aug 05, 2017 12:32 am
by ruaanb
Myne vir 2 jaar gebruik sonder enige issues voor ek hom verkoop het. Jy het bad luck lyk dit vir my.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sat Aug 05, 2017 6:53 am
by bokboran
Myne werk ook baie goed

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sat Aug 05, 2017 8:51 am
by tripodmvr
Francois wrote:Hi

Ek het nou al baie rondgekyk, maar nie iewers opgetel dat daar probleme is met hierdie Scope nie.

Die feit is egter dat ek paar jaar terug een gekoop het. Op my eerste of tweede jag het die Scope ophou range. Hom teruggevat na die handelaar en die verskaffer het hom omgeruil.

Tweede nuwe Burris het vinnig dieselfde probleem gegee. Weereens het die verspreider hom vir my vervang met 'n derde een.

'n Maand terug jag ek in die Kalahari en skiet baie sleg. Kom toe per toeval agter dat die Scope nie die nodige aanpassings wanneer die vergroting verander word nie. Hy pas dus nie korrek die kolletjie en holdover aan nie.

Weer terug na die verspreider en hulle sê geen probleem daars fout, maar hulle stuur nuwe een. Wag tans vir nuwe voorraad om te land en sal 'n paar weke neem.

Ek is nou half twyfelagtig of ek weer die scope wil gebruik want hy het my nou al op 3 jagte in die steek gelaat. Elke keer was dit 'n nuwe scope uit geseelde boks uit.

Wil graag weet of ek die enigste ou is wat probleme het. Sekerlik kan ek nie so ongelukkig wees nie?

Hoor graag.
Ek sou kyk na die ringe - is hulle "gelap" en hoe styf word hulle vasgedraai. Nou met 'n medejagter gesels wat 'n paar Leupold teleskope afgeskryf het op sy 375. Dit was toe die QD ringe wat spanning op die buis gesit het. Nuwe QD stelsel opgesit en probleme is op einde.

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sat Aug 05, 2017 1:24 pm
by ruaanb
oom Marius daai scope werk nie met ringe nie. scope het n picatinny rail basis wat vasklamp op n picatinny rail /bases op geweer .

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sat Aug 05, 2017 7:32 pm
by tripodmvr
As daar enige fout is met die picatinny dan kan dit spanning oordra na die teleskoop. Om fout te soek is nie altyd maklik as raad gevra word nie.

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sun Aug 06, 2017 10:29 am
by Boesman10
Ek het drie van die scopes nou al vir baie jare lank en nog nooit probleem gehaad nie. Een scope het ek uiteindelik verkoop toe die wapen verkoop was maar die ander twee werk foutloos. My wapens word ook baie deur my jag kliente gebruik so kry maar hulle stampe en krappe.

Indien dit nou al die 4de scope van jou is wat elke keer op dieselfde wapen faal dan moet jy regtig miskien na die mountings kyk. Dit klink net nie logies nie.

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sun Aug 06, 2017 3:53 pm
by 308Win
>:+ Jy jag nie dalk by naby Chernobyl nie?

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Thu Aug 31, 2017 12:31 pm
by Stavats
Francois ek het nou by hierdie forum aangesluit om vir jou te sê jy is nie alleen nie! Ek het presies dieselfde probleem hierdie week ontdek.

Ek het gesukkel om sub MOA groeperings te kry op 92m, 200m is 'n absolute gemors. Ek het eers die lading die skuld gegee en toe die mounts en toe kyk ek bietjie nader na die teleskoop.

Ek kom toe agter dat strelok se holdover nie ooreenstem met die holdover in die burris nie, met dieselfde bc en drop getalle.

'n Vriend bied toe aan om te help en merk toe hierdie probleem wat jy ook het op. Burris het bevestig dis 'n fout en ek moet die teleskoop terugvat handelaar toe.

Ek het vanoggend die handelaar laat weet ek bring die teleskoop terug en ek soek nie weer 'n Burris nie, ek soek my geld.

Ek wonder hoeveel Burris eienaars het dieselfde probleem sonder om dit eers agter te kom.

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Thu Aug 31, 2017 12:49 pm
by ruaanb
Paar goeidjies om na op te let in die algemeen met die scopes.

Maak seker die rail / bases waarop jy mount is vas.
Maak seker jy mount scope reg op die rail / bases.

Dan die volgende is nogal krities.

Die scope werk net in YARDS as dit by calculations kom.
Die scope gebruik ook net die G1 BC vir calculations.
Jy moet verkieslik op 750 YARDS toets om seker te maak hy werk.
Maak ook seker sight height is reg in Strelok.

Bogenoemde inaggenome kan daar foutjies insluip.

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Thu Aug 31, 2017 4:30 pm
by Stavats
ruaanb wrote:Paar goeidjies om na op te let in die algemeen met die scopes.

Maak seker die rail / bases waarop jy mount is vas.
Maak seker jy mount scope reg op die rail / bases.

Dan die volgende is nogal krities.

Die scope werk net in YARDS as dit by calculations kom.
Die scope gebruik ook net die G1 BC vir calculations.
Jy moet verkieslik op 750 YARDS toets om seker te maak hy werk.
Maak ook seker sight height is reg in Strelok.

Bogenoemde inaggenome kan daar foutjies insluip.
Dankie Ruan jy is reg. Die probleem met die holdover liggie wat nie skuif by verskillende vergrotings nie is egter 'n interne probleem.

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Thu Aug 31, 2017 7:46 pm
by Diesel Dog
Die teleskoop maak n groot bydrae tot die verkope van koeëls ,kruit,primers en doppe.

As jy nie meer gly op jou doppe nie dan is jou Burris reg ingestel >:D >:D

DD

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Thu Aug 31, 2017 8:35 pm
by ruaanb
Diesel Dog wrote:Die teleskoop maak n groot bydrae tot die verkope van koeëls ,kruit,primers en doppe.

As jy nie meer gly op jou doppe nie dan is jou Burris reg ingestel >:D >:D

DD
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sun May 12, 2019 7:17 pm
by bokboran
Myne werk 100%

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Fri Jun 07, 2019 6:44 pm
by Steppenwolf
Dit is regtig n feit wereld wyd dat daardie (computer) scopes Burris ietwat van n slegte naam gegee het in sekere kringe. Burris bly egter n uitstekende fabrikaat wat goeie konvensionele kwaliteit scopes bou. Ek het n paar en is meer as meer as tevrede.

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sat Jun 08, 2019 10:32 am
by Dirkvh
Myne het baie goed gewerk, maar het later begin sukkel on te range. Altyd oraait gewees tot op 980m, toe sak hy stadig waar hy later nie meer 350 wou vat nie. Betterye ens geruil, niks gehelp. Terug gestuur, hul het hom vervang en ek het hom toe is sy geseelde verpakking verkoop.

Re: Burris eliminator / laser scope - Probleme?

Posted: Sat Jun 08, 2019 6:29 pm
by Diesel Dog
Dirkvh wrote:Myne het baie goed gewerk, maar het later begin sukkel on te range. Altyd oraait gewees tot op 980m, toe sak hy stadig waar hy later nie meer 350 wou vat nie. Betterye ens geruil, niks gehelp. Terug gestuur, hul het hom vervang en ek het hom toe is sy geseelde verpakking verkoop.
Toe die scopes net uitgekom het was daar baie negatiewe komentaar van die puriste dat die scope mense, wat nie daartoe instaat is nie, lang skote op wild laat neem.Burris het blykbaar die volgende reeks scope's met slim sagteware toegerus, wat die eerste 50skote na dit behoorlik gekalibreer was, evalueer en na gelang van die skut se vermoe die range afstand metertyd aanpas. >:D >:D >:D

DD