Page 1 of 1

Re: Mussgrave loop

Posted: Sun Sep 04, 2011 10:59 pm
by Boesman
Piet

Jong, ons was mos op 'n stadium vreeslik anti enige SA produk... Maar ek het al heelwat Musgraves geskiet en kan nie oor hulle sleg praat nie. Inteendeel, ek dink hulle is vandag in aanvraag (as ek dan nou nie seker is oor 'gesog' nie) Tim Inman wat Vrystaat en Springbok geskiet het, het onder andere met 'n Musgraveloop geskiet. Moet nou net nie die Lee Enfield aksie daar gaan opsit nie, as jy 'n keuse het.

Re: Mussgrave loop

Posted: Sun Sep 04, 2011 11:12 pm
by Boesman
Skuus man, ek sien nou eers jou ander post. Vra net die smid om ekstra goed te werk. Hoop jy geniet hom. En sit foto's op as hy klaar is.

Re: Mussgrave loop

Posted: Mon Sep 05, 2011 4:20 pm
by Hein M.
Piet-Skiet wrote: Naand manne ek het I splinternuwe musgrave loop wat ek in belang stel. Dis gekamer vir 6mm musgrave. Die van julle wat ervaaring met die goed het se my asb hoe vind julle was die kwaliteit van die loope? Ek weet dis I normaale gewig loop en dus swaarder as die standaard gewig lee enfield loop.
Die Musgrave lope met die "Lyttleton" naam is beter.  Hierdie lope is by die Lyttleton aanleg in Pta vervaardig (hammer forged as ek dit nie mis het nie)

Hein