Page 1 of 1

ALRHA Long Range shoot op 2 September 2017 te Parys

Posted: Wed Aug 02, 2017 10:24 am
by Eugene
Ons heg hierby aan die inskrywingsvorm en reëls vir bovermelde skietdag.

Nieteenstaande die besluit van CHASA, gaan ALRHA steeds die gebruik van muzzle breaks toelaat op ons skietdae. Dit is egter elke skut se eie verantwoordelikheid om toe te sien tot behoorlik oog- en oorbeskerming.

Let asseblief daarop dat daar weereens nie 'n 100m zero bevestiging gaan wees nie, so maak vooraf seker dat julle toerusting reg is. Verwys asb. hier ook na die aangehegte reëls.

Registrasie, laaste inskrywings en koffie en besluit vanaf 7h30 en om stiptelik 8h00 word daar geopen en daarna begin skiet.

Hoop om almal daar te sien.

Re: ALRHA Long Range shoot op 2 September 2017 te Parys

Posted: Fri Aug 04, 2017 8:38 am
by MrFive
We have submiited our entry for the last official shoot of the year.

Lets hope we do a little better this time and that we can get a few more first time hits at the various distances.

Re: ALRHA Long Range shoot op 2 September 2017 te Parys

Posted: Sun Aug 06, 2017 5:11 pm
by Drenalinjunkie
Sien julle daar!

Re: ALRHA Long Range shoot op 2 September 2017 te Parys

Posted: Sun Aug 06, 2017 6:42 pm
by Capt. Yoda
Jip gaan weer lekker wees

Re: ALRHA Long Range shoot op 2 September 2017 te Parys

Posted: Mon Sep 04, 2017 6:49 am
by Morne Van Der Merwe
Dankie aan al die organiseerders, was n lekker dag gewees.

Re: ALRHA Long Range shoot op 2 September 2017 te Parys

Posted: Mon Sep 04, 2017 7:03 am
by Gerhardu
Ja dankie vir almal. Was vrek lekker gewees.

Re: ALRHA Long Range shoot op 2 September 2017 te Parys

Posted: Mon Sep 04, 2017 8:41 am
by Ben
Dit was lekker gewees, MAAAAAAR die wind!!!!
Maar die manne het steed Mooi geskiet. Geluk Morne daai 59/60 is nie van hier in daai omstandighede nie!

Re: ALRHA Long Range shoot op 2 September 2017 te Parys

Posted: Mon Sep 04, 2017 9:32 am
by Eugene
Dankie aan almal wat die dag bygewoon en deelgeneem het. Dit was 'n great dag onder goor kondisies saam met julle.

Die uitslae is as volg:

1. Die manne wat die CBC (Cold Bore Challenge op 1000m) raakgeskiet het, is die volgende:
Herme Smith
Marko Matakovic
Marc van der Merwe
Rob Lishman
Fritz Hagen
Ben Richardson
De Wet Odendal
Jan Swanepoel
James Wright
Dirco Rautenbach
Tal Leonard
Andre ten Haaf
John Wright
Rudi van der Westhuizen
Quitin de Klerk
DJ van der Linde
Franco Cirone

2. Die Wenners van die Long Range Varmint klas, was die volgende:

1ste plek: Morne van der Merwe 59/60
2de plek: Gert le Roes 50/60
3de Plek: Jan van Tonder 44/60

3. Die Wenners van die Long Range Hunter klas, was die volgende:

1ste Plek: V-Towners (Marko en Wessel) 129.7/150
2de Plek: ALRHA Derdes (DJ en Eugene) 123.24/150
3de Plek: CMH (Herme en Sarel) 120.2/150

Re: ALRHA Long Range shoot op 2 September 2017 te Parys

Posted: Mon Sep 04, 2017 10:32 am
by JacquesT (Stompe)
Dankie vir Sako trippel2 wat die volgende video aanmekaar geslaan het, en Drenelinjunkie wat agter die spotting scope met sy kamera was.

https://www.youtube.com/watch?v=q3Fqyx73BQM&t=4s