Page 1 of 1
Vektor H5 rifle twist
Posted: Sun Sep 04, 2011 6:55 pm
by Coenie (Swift)
Hi almal, sal graag wil weet wat is Vektor H5 se rifle twist of is dit ook iets wat prakties uitgewerk kan word?
Groete
Re: Vektor H5 rifle twist
Posted: Mon Sep 05, 2011 11:40 am
by Beyers
Kyk op GS Custom se site vir 'n tooltjie
Andersyds neem die laaistok met 'n lappie wat baie styf pas en merk op die laaistok sodat jy die omwenteling kan sien en die afstand wat die laaistok beweeg kan meet
Re: Vektor H5 rifle twist
Posted: Mon Sep 05, 2011 2:10 pm
by JACQUES BOTHA
In my manual wat ek saam met hom gekry het staan 1 in 12 as ek reg kan onthou en die altzheimers my nie onwillekeurig beetkry nie?
Groete
jacques
Re: Vektor H5 rifle twist
Posted: Tue Sep 06, 2011 12:24 pm
by Coenie (Swift)
Baie dankie,
Ek wil 53gr VMax'e laai en ek sien op ander forums van die manne kla dat hulle nie in die 1:12 twist dit kan stabiliseer nie en voel 'n 1:9 is die antwoord. Daar is weer ander wat dit regkry in 1:12. Ek het nou al klaar 200, 53gr gekoop en wou nie nog koop as ek gaan sukkel met die groepeer.......maar ja ek het dit nou klaar en sal maar moet kyk of dit sal werk. Die goed is nog skaars en sou graag wou opkoop as dit werk.
Julle het nie dalk al die 53gr VMax'e gelaai nie en kan 'n bietjie terugvoer gee nie?
Groete