Page 1 of 1
Rangefinder met illuminated display?
Posted: Fri Jul 28, 2017 11:14 am
by Witlomu
More julle,
Ek is opsoek na n raangefinder wat illuminated text het, sodat ek hom in die nag kan gebruik sonder dat ek my spotlight moet aan skakel. Weet julle van n rangefinder wat die funksie het? Ek het rond gekrap op die internet maar baie van die goed word nie hier verkoop nie. Enige raad sal wardeer word.
Groete
Re: Rangefinder met illuminated display?
Posted: Fri Jul 28, 2017 11:45 am
by Geno
Leica het dit.
Re: Rangefinder met illuminated display?
Posted: Fri Jul 28, 2017 1:29 pm
by Rudie
Bushnell 1 Mile Arc
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Rangefinder met illuminated display?
Posted: Fri Jul 28, 2017 2:16 pm
by prohunt
Soos Geno genoem het is die Leica se blokkie en lesings wel verlig. Die probleem wat jy egter steeds gaan hê is dat jy lig nodig het in die nag om die onderwerp wat jy "range" te kan sien. Ek gebruik bv die lig baie dof om net die weerkaatsing van die oë te kan sien en dan op dit die afstand te bepaal. Ek is nie seker dat jy sonder enige lig gaan regkom nie?? Jy kan tog nie die afstand bepaal van iets wat jy nie kan sien nie, as jy verstaan wat ek probeer sê.
Re: Rangefinder met illuminated display?
Posted: Fri Jul 28, 2017 7:29 pm
by Witlomu
Dankie vir die raad julle, dit word wardeer.
Yes ek het net so bedoel, op die oomblik dim ek my lig net genoeg om te kan sien wat ek range, maar sukkel om die nommers te sien. Sal lekker wees as ek dit kan lees sonder dat ek weer die lig moet helder maak.
Re: Rangefinder met illuminated display?
Posted: Tue Nov 07, 2017 7:38 am
by Stoffel van Dyk
Leupold RX 1000
Nice ligte rooi illuminated display.
Ek range voor ek nog die roeper aan gesit het. Sommer so n bos hier en n ding daar net om te sien hoe ver die kantlyne is. Jy gebruik hom so n paar keer dan raak jou oog in op die afstande.
Groete
Stoffel