Page 1 of 1
Voorsit Tier Jag
Posted: Thu Jul 27, 2017 12:37 pm
by skollie
....... ek sien die volgende op FB !
Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Thu Jul 27, 2017 1:09 pm
by FHM
Daai man het kahoenas so groot soos patats of agter in die ry gestaan met die uitdeel van grys-stof.
Daai kolkat gekwes word en hy kom daar uit die boom en kry jou in jou wegkruipplekkie - beter jou testament opgestel wees. Dit sit nie in elke man se broek / vernuf / ervaring om vir kolkat so aan te vat nie.

Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Thu Jul 27, 2017 1:13 pm
by Wouter Roets
Wonder of die man na n tier of luiperd verwys?
Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Thu Jul 27, 2017 1:15 pm
by skollie
Ja Wouter, ek het ook so gedink, my oupa het van "tiere" gepraat.
Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Thu Jul 27, 2017 1:48 pm
by FHM
Wouter Roets wrote:Wonder of die man na n tier of luiperd verwys?
Ek het veronderstel hy bedoel sy "tier" is n luiperd Wout - my ouer geslag het luiperds ook tiere genoem - selfde as skollie se oumense.
Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Thu Jul 27, 2017 1:57 pm
by Bushwack
Wouter Roets wrote:Wonder of die man na n tier of luiperd verwys?
yip, praat nog so daar in Tsumeb / Grootfontein / Tsumkwe area as luiperds as 'n Tier - en ek neem aan baie ander areas is Namibiƫ nog, maar voorsit vir die ding....sterkte bra!
Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Thu Jul 27, 2017 2:12 pm
by Philip_R
Voorsit saam met die regte mense wat dit gereeld doen in Mozambique of Zim kan werk, maar dink n eerste maal somder enige ervaring gaan maar lol. Dink mens moet meer weet as net n hide bou en gaan sit.
Musgrave 375 H&H
Krico 223 Rem
Hoyt Maxxis 31 Dangerous Game
Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Fri Jul 28, 2017 8:30 am
by finch
Hy speel met die tier se bal
Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Fri Jul 28, 2017 9:09 am
by Flip Nel
FHM wrote:Wouter Roets wrote:Wonder of die man na n tier of luiperd verwys?
Ek het veronderstel hy bedoel sy "tier" is n luiperd Wout - my ouer geslag het luiperds ook tiere genoem - selfde as skollie se oumense.
Stem, my oupa hulle het ook gepraat van tiere, hier is baie van die goed, ons verloor elke jaar kalwers oor die goed.
Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Fri Jul 28, 2017 9:13 am
by Ashley
Van die punt af, maar is dit nie onwettig om Luiperd jag te doen van n voertuig af nie?
Of dink ek aan leeus jag....
Re: Voorsit Tier Jag
Posted: Fri Jul 28, 2017 2:06 pm
by Johan7
Julle manne waarsku mense om nie luiperds (of tiere soos ons hier in Namakwaland van hulle praat - ook maar oorgekom van oupa se kant af) aan te vat nie - dit terwyl die man nog gewapen is! Ek het al soveel stories gehoor van hierdie vreeslose en sterk oupas wat die katte sommer in die slagyster met 'n wheel spanner gaan doodslaan het!