Page 1 of 1

Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Wed Jul 26, 2017 9:42 pm
by HennieL
Hello almal,

Ek het sopas by hierdie forum aangesluit, en sien uit na 'n lang en gelukkige internet verhouding met my nuwe vriende ;D

Ek skiet en jag al vir sowat 43 jaar, en herlaai vir my 30-06 en .243Win vir die afgelope 30+ jaar. Ek jag wanneer daar geld daarvoor is (net so elke 4-5 jaar >:( ), en is redelik aktief met verskeie soorte sportskiet - maar geniet veral .22 geweerskiet en senterslag pistoolskiet.

Ek maak ook "custom" messe in my vrye tyd.

Wel, genoeg hiervan vir nou...

Groetnis

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Wed Jul 26, 2017 10:03 pm
by Parker
Welkom. Plaas n foto of 2 van die messe wat jy maak.

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Wed Jul 26, 2017 10:07 pm
by Springkudu
Lekker. Welkom. Goeie intro


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Wed Jul 26, 2017 10:37 pm
by HennieL
Parker wrote:Welkom. Plaas n foto of 2 van die messe wat jy maak.
OK, Met plesier - hoop dit werk ;D
HL2.jpg
HL1.jpg
HL5.JPG

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Thu Jul 27, 2017 5:15 am
by neef
Baie welkom. Lekker saam gesels

Sent from my LG-H735 using Tapatalk

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Thu Jul 27, 2017 7:37 am
by Jay Jay
Welkom Hennie en mooi messe.

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Thu Jul 27, 2017 9:15 am
by Parker
Mooi messe. Verkoop jy of maak jy maar net vir jouself en eie plesier?

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Thu Jul 27, 2017 5:29 pm
by HennieL
Dankie almal vir die vriendelike verwelkoming ;D
Mooi messe. Verkoop jy of maak jy maar net vir jouself en eie plesier?
Dankie Parker. Ek verkoop, maar omdat ek dit net vir 'n stokpertjie doen, en my vrye tyd baie beperk is, maak ek maar op gemiddeld net 1 mes per maand (so tussen 30 en 50 werks-ure per mes :o ). Al drie die messe op die fotos hierbo is al verkoop, maar ek het so 'n paar beskikbaar indien iemand sou belangstel. Ek wil egter nie hier op die forum adverteer nie (nie seker of dit toelaatbaar is nie...), so indien iemand dalk sou belangstel moet hy/sy my asseblief per PM kontak.

Indien daar iemand in die Bloemfontein omgewing is wat wil leer om messe te maak, ons het 'n baie aktiewe klub hier in Cheetah land (waarvan ek die klub sekretaris is...), en ons is altyd bereid om te help. Weereens, stuur net 'n PM.

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Thu Jul 27, 2017 9:41 pm
by Jurgen Visser
Welkom , Wragtag , jy mag maar messe maak hoor !

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Fri Jul 28, 2017 2:17 pm
by Johan7
Ek like jou messe!!!!! Lyk baie sterk! ;D

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Fri Jul 28, 2017 2:39 pm
by Toyrsi
Welkom Hennie.
Jy mag maar n mes maak.

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Fri Jul 28, 2017 9:11 pm
by HennieL
Dankie kêrels - ek probeer ++>:

Daar is natuurlik nog altyd plek vir verbetering...

Vir wat dit werd is, 'n pasmaak mes wat korrek verhard is, is natuurlik baie beter as die meeste winkelmesse, maar om dit korrek te doen is nogal ingewikkeld - dis gladnie soos op "Forged in Fire" gewys word nie.

Ek gebruik 'n verskeidenheid soorte staal, afhangend van waarvoor die mes ontwerp word. Ek is veral lief om met Bohler se M390, en hulle Elmax staal te werk - hierdie twee soorte staal laat mens toe om die snyvlak dunner te maak en tog genoeg sterkte te behou (of om 'n baie sterker dikker mes te maak...). Ek gebruik ook baie Sandvik 14C28N, en so af en toe maak ek 'n mes van hoë-koolstof soos bv O1 vir manne wat rêrig skerp messe wil hê (maar wat erg roes), en 5160 (laasgenoemde is bladveer staal...) vir my groot kampmesse soos die eerste een van my fotos.

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Sun Aug 13, 2017 8:50 am
by Exiled4Life
Welkom, en dankie tog nog n Bloemfonteiner, ek sal graag wil leer hoe om messe te maak, ons moet definitief gesels.

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Sun Aug 13, 2017 10:43 am
by HennieL
Exiled4Life wrote:Welkom, en dankie tog nog n Bloemfonteiner, ek sal graag wil leer hoe om messe te maak, ons moet definitief gesels.
Ek sal met plesier vir jou so 'n paar "tips" gee, en as jy regtig belangstel kan ons vir jou 'n mes maak - ek sal vir jou 'n PM stuur met my kontakdetails.
Hier's nog so 'n bietjie "eye candy"
HL3.jpg
2993s.jpg
1130.jpg

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Sun Aug 13, 2017 10:28 pm
by Pieter_Brink
Baie mooi messe Hennie. Hierdie tweede laaste een lyk soos n Loveless replika.
Maak jy knipmesse ook of hou jy by vastelem messe.

Groetnis
Pieter

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Thu Aug 17, 2017 7:19 pm
by HennieL
dogmatix wrote:Baie mooi messe Hennie. Hierdie tweede laaste een lyk soos n Loveless replika.
Dankie Pieter.
Jy's reg, dit is 'n Loveless Dropped Point Hunter. Die ou kon maar messe ontwerp - ek is vreeslik lief vir sy ontwerpe.
Maak jy knipmesse ook of hou jy by vastelem messe
Ek verkies vastelem messe, maar ek maak ook knipmesse - die "linerlock" tipe, met titaan "liners"). Vir die knipmesse gebruik ek meestal Bohler se Elmax of M390 "super" poeierstaal, en verhard die lemme na tussen 61-62 Rockwell C hardheid - moeilik om te slyp, maar kan baie dun geslyp word en bly lank skerp (maar is nie geskik om vir 'n ander doel as net sny gebruik te word nie...)

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Sun Sep 03, 2017 10:02 pm
by Hein M.
HennieL wrote:Hello almal,

Ek het sopas by hierdie forum aangesluit, en sien uit na 'n lang en gelukkige internet verhouding met my nuwe vriende ;D

Ek skiet en jag al vir sowat 43 jaar, en herlaai vir my 30-06 en .243Win vir die afgelope 30+ jaar. Ek jag wanneer daar geld daarvoor is (net so elke 4-5 jaar >:( ), en is redelik aktief met verskeie soorte sportskiet - maar geniet veral .22 geweerskiet en senterslag pistoolskiet.

Ek maak ook "custom" messe in my vrye tyd.

Wel, genoeg hiervan vir nou...

Groetnis
Baie welkom en dankie vir die insette!

Mooiloop!

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Sun Sep 03, 2017 10:55 pm
by theedge
Welkom Hennie en mooi messe.

Re: Dagsê vanuit Bloemfontein

Posted: Mon Sep 04, 2017 5:24 pm
by HennieL
Dankie kerels