Page 1 of 1
Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Fri Sep 02, 2011 6:25 pm
by Flip Nel
'n geweersmid het eendag vir my ges? as jy baie copper fouling in you geweerloop het, stop die punt toe en gooi jou geweerloop vol scrubs of amonia, dit sal glo al die koper
uitkry. Ek was te bang maar ek het 'n patroon binne in 'n koppie gegooi en sommer 'n ou weermag Koeel daarin gegooi om te kyk wat maak hy, hy raak lekker mooi blou so iets moet werk. net nie seker dit sal so goed vir jou loop wees nie. Wat dink julle
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Fri Sep 02, 2011 6:40 pm
by Cobus(Cobb)
Flip.
NEE MOETNIE !!!
Die proses is bietjie meer ingewikkeld en behels ook 'n staal rod en 3v batery
Dit werk pragtig en is 'n wonder om te aanskou hoe dit gebeur.....MAAR
ek het vandat ek dit gedoen het, met geluk 1MOA groep geskiet...dit is asof jou(my)geweer sy presiesheid(VIR JOU GERARD

) verloor het...dalk is dit bullsh1t baffels brains, maar ek glo koper in jou loop help om daai koe?l bietjie meer presies te help uitkom.
Dis wat ek beleef het, of dit enigsens wetenskaplike waarheid in het weet ek nie maar dis wat ek nou glo....PUNT
Ek glo Gerard kan hier inkom en die fisika agter my ervaring beskryf of verduidelik, ek luister graag want eks vandag nog die moer in vir myself.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 6#msg69266
Gaan lees die link/post/topic, dit sal jou lank besig hou en hopelik jou help die besluit neem
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 8:07 am
by Gerard
Enige negatiewe platering metode sal die oppervlakte van die loop aanval en verweer, soortgelyk aan wat ammoniak dit doen, net vinniger.
Die probleem is ook dat die koper neerslag nie egalig, ewe dik is in die loop nie. Die negatiewe platering sal aan die loop verwering werk waar daar nie koper neergeslaan het nie asook op die koper neerslag waar dit die loopstaal bedek. Wanneer al die koper uitgeplateer het, begin dit die loopstaal verweer waar die koper neerslag was. Waar die loop kaal was het die verwering langer tyd gehad om te werk.
Dit maak dat die binne deursnee van die loop wissel van punt tot punt, soos die koeel in die loop af beweeg.
Dit is elke man se besluit of hy die tyd wil spaar met skoonmaak net om dit dan tog maar te spandeer op aansoeke en die vervanging van lope.
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 9:10 am
by blaser
gerard
ek verstaan nie mooi nie bedoel jy mens moet nie tyd spandeer om jou geweer se loop elke keer te ontkoper nie
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 9:33 am
by Flip Nel
Oom Gerard
Ek is heeltemal 'n leek met dit maar almal op die internet is mal daaroor, almal s? dit maak hulle gewere skoon soos nog nooit nie. Al probleem is as daar roes in 'n loop is kan dit
probleme veroorsaak. Niemand noem dat hy die loop sal begin vreet waar daar nie koper is nie. Kan oom dalk bietjie meer Oom se onderdervinding daarmee vertel want dit is heel
teenstrydig met wat hulle op die interent s
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 2:23 pm
by Gerard
Mens moet 'n geweer se loop skoonmaak elke keer na dit gebruik is - of dit g/een skoot gevuur het en of dit 100 skote geskiet het. Die tydsduur van die skoonmaak sal afhang van hoe vuil dit is. As mens egter tyd spandeer met die verkeerde metodes en skade doen wat die loop voortydig gedaan maak is dit jammer.
Koper en ontbrande dryfmiddel slaan neer in alle lope. Dit sal dikker wees in sommige dele van die loop as in ander dele. Veronderstel mens gebruik 'n metode wat aggressief op die neergeslaande gemors is en minder aggressief op die loopstaal. Dit val die neergeslaande gemors tien of twintig keer vinniger aan as wat dit die loopstaal aanval. Wanneer al die gemors verwyder is en die metode dan op die loopstaal begin werk waar die gemors was, het dit reeds 'n ent weg op die skoon dele gewerk. Met elke skoonmaaksiklus word die proses herhaal en uiteindelik is die loop 'uitgeskiet'.
Wat nodig is, is 'n metode wat slegs reageer met die gemors en inert is teenoor die loopstaal.
Skuurmiddels en poleermiddels is nie inert nie. Negatiewe platering sal kaal metaal ets en elemente uitloog en is dus ook nie inert nie. Die metodes mag dalk geadverteer dat hulle ietwat vinniger werk as veiliger metodes maar, in die praktyk is die verskil bitter klein.
Skuur- en poleermiddels werk op die kaal metaal net soos dit op die neergeslaande koper en gemors werk. Wanneer die skuur/poleermiddel die neerslag verwyder het en mens stop, het dit alreeds van die kaal metaal verwyder.
Ek het eletrovrye nikkel platering gedoen op handwapens vir ongeveer 20 jaar. Deel van die proses was negatiewe platering om die voorbereide stukke skoon te maak. Ek het ook negatiewe platering gebruik om ander ou platering te verwyder. Daar bestaan nie 'n negatiewe plateringsproses wat nie die moedermetaal op die een of ander manier affekteer of erodeer nie.
Indien 'n loop dimensioneel op die minimum spesifikasie is, vat dit net 30 tot 40 mikron se metaalverwydering om buite dimensie te gaan. 'n Mens se haar is 60 mikron dik. Daarom maak ek net chemies skoon met middels wat bewys is dat dit geensins met staal of enige verbinding van staal kan reageer nie.
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 2:45 pm
by blaser
se asb vir ons wat se chemiese middels gebruik jy en hoe wat van k 98
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 2:56 pm
by Flip Nel
Dankie, net nog 'n vragie ek verstaan dat al die verskillende geweerskoonmaak 'n verskil gaan maak, my vraag is 'n loop word gewoonlik uitgeskied deur die warm vlam in die begin van die loop en die kruit wat die loop basies sandblast, die skade wat die verskillende skoonmaak op die loop he gaan dit rerig 'n verskil maak teenoor die gewone barrel killers.
Nog 'n vraag sal dit nie die moeite werd wees om bv. 1 keer 'n jaar met die negatiewe platering die loop oordentlik skoon te kry nie en die res van die jaar met die gewone skoonmaak middels.
Die rede is ek dink aan byvoorbeeld my pa se 303, die geweer is aangepaas na hom toe deur sy Pa, en hulle het letterlik alles met hom geskiet. Op 'n tydstip het my Pa 15 Koedoes per week geskiet om hulle uit die mielie lande te hou. Soos mens kan raai was dit maar baie misgeskiet ook. Al wat daai geweer skoongemaak is, is om 'n lappie met olie deur die loop te trek, dan 'n lappie met petrol deur te trek en laaste 'n droe lappie.
Tot die dag wat hy gesteel is het hy goed genoeg gegroepeer, ek weet nie presies hoe goed nie maar hy het die vleis met Kopskote huistoe gebring as jy jou kant gebring het, my punt is hoe sou mens daai loop skoonkry, hy het in sy lewe net Weermag ammo geken
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 3:21 pm
by Gerard
Ek gebruik net M98 maar Boretech en Barrel Magic het ook produkte wat die werk kan doen. 'n Faktor om te oorweeg is dat ek van nature lui is. Ek is nie lus om eers die produk en dan daardie produk te gebruik en die geweer in stadiums skoon te maak nie. Dit mors tyd. Daarom gebruik ek een produk wat alles kan doen. Na die skoonmaak, olie ek die geweer as dit geblou is en as ek dit nie binne die volgende drie of vier dae gaan gebruik nie. Ek gebruik 'n olie wat 'n paar goed daarby het om roes te keer en so glad as ghries te wees. Ek dink regtig ook dat dit nie nodig is om die dam onder die eend uit te pluk met pryse nie.
Ek het borsels op my werksbank maar sal dit net gebruik wanneer 'n klient 'n geweer bring wat geroes is. Ek kan nie onthou wanneer laas ek iets anders as M98, water en 'n paar moppe gebruik het op my eie gewere nie.
Flip, oor die lewe van 'n geweer wat die loop gaan uitskiet in 4000 skote sal slegte skoonmaakgewoontes maklik 1000 skote daarvan afhaal. Alles wat mens kan doen om die looplewe te rek is goed. Waarom flenter met goed waarvan die werking logies deur enige ingenieur bevestig kan word?
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 3:45 pm
by blaser
waarvoor gebruik jy die water
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 9:45 pm
by erx
Hi Gerard
Verduidelik asb daai verskillende toestande van amoniak, soos gas ens, wat jy vir my verduidelik het.
Ek dink nogal dat dit vir 'n hele klomp manne meer helderheid oor die skoonmaak van hul wapens sal gee, asook meer gemoedsrus.
Groete
erx
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 9:46 pm
by Monrique (SJ)
erx
Waarvan praat jy dan nou? Vertel bietjie meer, of moet ons maar wag?
Groetnis
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Mon Sep 05, 2011 11:14 pm
by Gerard
remington, M98 is water oplosbaar en word met 'n klam mop of lappie uit die loop gehaal.
erx het my 'n epos gestuur en gevra oor die reuk van ammoniak wat M98 het en ook die sterk teenwoordigheid van stikstof.
Ammoniak is 'n gas, nie 'n vloeistof nie. Dit word eintlik 'anhydrous ammonia' genoem. Dit wat ons gewoonweg ammoniak noem is ammoniak in oplossing met water en word ammonium hydroxide of aqueous ammonia genoem. Een van die hoof komponente van ammoniak is stikstof.
Daar is meer chemikali? as ammoniak wat 'n tipiese ammoniak reuk het en baie chemikali? bevat stikstof. Dit is baie algemeen.
As mens dus aan M98 ruik en dit laat toets vir die teenwoordigheid van stikstof, is dit maklik om die aanname te maak dat dit ammoniak bevat. Dit is egter glad nie so nie. Ons gee 'n baie streng waarskuwing dat M98 nie in kontak met ammoniak moet kom nie. Uit ondervinding kan ek s? dat dit baie warm en met 'n amper wit vlam brand. Dit ontsteek spontaan onder die regte omstandighede.
Ammoniak (soos ons dit algemeen ken, asook soos wat dit voorkom in verskieie boorskoonmakers) reageer met 'n groot verskeidenheid metale. M98 is hoogs selektief, reageer net met onverbinde geel metale en bevat onder andere baie sterk benatters en skropmiddels. Vir enigiemand wat met die borsels van elektriese motors werk, skrop jou naels met M98 en spoel af met lou water. Dit maak koolstof baie goed skoon. Dit beteken natuurlik dat dit goed werk op die koolstof neerslag in 'n geweerloop.
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Tue Sep 06, 2011 7:19 am
by blaser
gerard
dankie dit maak sin en help baie
Re: Geweerloop skoonmaak Scrubs of Amonia
Posted: Wed Sep 07, 2011 10:14 pm
by tripodmvr
Flip nel wrote:
'n geweersmid het eendag vir my ges? as jy baie copper fouling in you geweerloop het, stop die punt toe en gooi jou geweerloop vol scrubs of amonia, dit sal glo al die koper
uitkry. Ek was te bang maar ek het 'n patroon binne in 'n koppie gegooi en sommer 'n ou weermag Koeel daarin gegooi om te kyk wat maak hy, hy raak lekker mooi blou so iets moet werk. net nie seker dit sal so goed vir jou loop wees nie. Wat dink julle
Srubbs ammonia is 'n industriele skoonmaker en maak baie elemente goed skoon. Dit is egter nie bedoel om 'n loop selektief skoon te maak nie. Dit kan dus groot skade veroorsaak soos Gerard verduidelik het. Hou liewers by geweermiddels wat vir hulle skoonmaak ontwikkel is en jy sal skade vermy.