Page 1 of 1
Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Fri Jul 21, 2017 3:11 pm
by Gawie(13mm)
Manne en dames, dit is met 'n swaar hart dat ek julle moet meedeel dat Oom PW besig is om die vlates rondom Richmond leeg te skiet. Ek hoor so padlangs dat hulle hom verbied het om na 3 in die middag op die bokke te skiet! Hy skiet hulle so ver dat hul in die veld moet oornag voor hul die pense kan loop trek.
Verder seg ek niks. Ek sal dat die Uncle maar self sy lekker stories en foto's met ons kom deel.
Dit sluit vir my baie mooi aan by Eugene se brief in die nuutste SA Jagters tydskrif.
Jagters raak nooit oud nie. Hul verskuif net hul grense.
In Oom PW se geval, tot in die volgende distrik.

Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Fri Jul 21, 2017 3:15 pm
by Springkudu
Lekker oom PW, sien uit na die stories wanneer oom terug is.
Miskien moes oom dit sommer oorweeg het om uit die sitkamer venster te skiet, was dan nie nodig om al die pad te reis nie
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Fri Jul 21, 2017 3:21 pm
by Gawie(13mm)
Springkudu wrote:Lekker oom PW, sien uit na die stories wanneer oom terug is.
Miskien moes oom dit sommer oorweeg het om uit die sitkamer venster te skiet, was dan nie nodig om al die pad te reis nie
Jy dink, jy grap?
Oom PW het so 'n storie ook!

Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Fri Jul 21, 2017 3:27 pm
by ruaanb
ja nee kyk hy is witwarm!
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Fri Jul 21, 2017 3:34 pm
by Springkudu
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Fri Jul 21, 2017 5:26 pm
by joe rocket
Kyk vir n man duskant 125 kan die oom skiet. As daar oorlog uitbreek is hy sniper nr 1 langs my! Nou eers genoeg gepraat. Hier kom n lekker storie.
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Fri Jul 21, 2017 6:11 pm
by Parker
Ek wag in spanning vir hierrie enetjie!
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Sat Jul 22, 2017 10:00 am
by DawieKotze
So dis hoekom hy in die laaste tyd so stil was hier!
Vertel en wys Oom Pieter!
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Sat Jul 22, 2017 3:24 pm
by ruaanb
Dink hy wag nog vir die 2de koeltrok. daai plaas is leeg geskiet.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Mon Jul 24, 2017 5:29 pm
by Sangoma (IAN)
Dit moet daai nuwe scope wees wat die oe so bietjie help.....)
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Mon Jul 24, 2017 5:35 pm
by Jurgen Visser
Kom oom Pieter , jy moet begin vertel ! en fotos
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Tue Jul 25, 2017 8:38 am
by PWV
Ook geen privaatheid meer in hierdie wêreld nie!
Wil net graag bietjie asem skep!

Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Tue Jul 25, 2017 9:15 am
by Jurgen Visser
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Tue Jul 25, 2017 9:25 am
by ruaanb
PWV wrote:Ook geen privaatheid meer in hierdie wêreld nie!
Wil net graag bietjie asem skep!

Bakkie jag is mos nie uitputtend nie oom!

Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Tue Jul 25, 2017 9:30 am
by Stephan86
Ok oom dit is nou al 'n uur later, genoeg asem geskep vir nou

Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Tue Jul 25, 2017 12:39 pm
by FHM
Oom Pieter maak geweer(e) skoon manne - die ouman doen dit stadig en deeglik - kan n paar dae neem...
Uncle PWV.jpg
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Tue Jul 25, 2017 1:11 pm
by OomMatt
Pieter
Lyk my jy is nou aan die ontvang kant ..... en die keer is ek skaappie
LOL !!!!!!!!
Re: Ou Ballie skiet die vlaktes leeg.
Posted: Thu Jul 27, 2017 9:45 pm
by Jurgen Visser
Kom Nou oom Pieter , moenie so skaam wees met die storie en die fotos nie man , ons wag almal in spanning