Page 1 of 1
Howa
Posted: Tue Sep 01, 2009 10:52 am
by namhunt
Hallo
Wat dink julle manne van die Howa geweer. Dit wat ek op die net raak lees is nie te sleg nie
Groete
Daan
Re: Howa
Posted: Tue Sep 01, 2009 11:29 am
by Beyers
Laas week Sondag na een gaan kyk in 30-06. Hy skiet uit die boks uit 10mm groep op 75m. Papier werk sommer ook ingevul en hoop nou vir die beste
Afwerking is goed, aksie voer glad. Fabrieks snellerdruk is aanvaarbaar, ek sal hom net stel om fyner te breek. Ek hou net nie van die plastiek kolf nie. Daar sal sodra die geweer op my naam is 'n ander plank vasgeskroef word. Hou maar dop vir 'n hogue kolf wat in die advertensies sal verskyn.
Re: Howa
Posted: Tue Sep 01, 2009 11:30 am
by JACQUES BOTHA
DAAN
NET GOED GEHOOR VAN HOM, GLO KLIPHARD EN REDELIK TOT MILDELIK AKKURAAT.......HOE ERVAAR JY JOUNE?
Re: Howa
Posted: Tue Sep 01, 2009 11:52 am
by namhunt
Hallo Jacques
Ek het een in 25-06. Werk nog aan die ladings, maar ek het hom darm al gekry dat hy 5 gate in 'n duim blokkie op 100m sit.
Groete
Daan
Re: Howa
Posted: Tue Sep 01, 2009 12:11 pm
by JACQUES BOTHA
mooi man..
watse punte gebruik jy?
100gr sierra sbt 51.5 365
100gr sierra match te hard vir jakkalse maar jy kan hom op 52 gooi 365
85 gr nosler bt gooi 55gr 365 of as jy wil begin met 361 op 58 gr (nie soos ek op 61 nie asb---hierdie is raad van ene mnr hercules en dit werk goed, maar ek het noggie met dit klaar gespeel nie....
ek weet nie alles van 25 nie, maar het so bietjie raad hier en daar,,, of in die land os 2mm terug jou keuse...
groetnis
JB
Re: Howa
Posted: Tue Sep 01, 2009 12:46 pm
by namhunt
JB
117gr sierra spt 51.5gr 385
117gr sierra sbt 51.5gr 385 met die een speel ek nog
Ek kan nie nou die TPL uit die kop onthou nie, sal gaan seker maak
Groete
Re: Howa
Posted: Tue Sep 01, 2009 2:16 pm
by Francois Marais
Daan
Ek het nou 3, twee 22-250 en n 204 Ruger, baie vrede met almal. Gaan juis nou-nou weer ladings skiet met die 204.
Baie jammer hulle willi daai 25-06 in n swaarloop uitbring nie. Sou n diep lekker roer wees.
Stem met JB, 50-51 gr S365 op n 100 gr punt, so 3200-3300 ft/sec. Man hy gooi mooi.
Mooi loop
Francois
Re: Howa
Posted: Tue Sep 01, 2009 6:20 pm
by Gerhard
Wie bring die HOWA's in SA toe?
Dink nog steeds aan daai 243 Win.
Moet net eers weer werk kry...
Re: Howa
Posted: Thu Sep 03, 2009 2:28 pm
by Francois Marais
Gerhard
Ek mag verkeerd wees, maar ek dink AHS, sien hulle adverteer nie inni nuutste Magnum nie, maar kan so iets onthou. Hier by ons is dit Ahrens Guns & Ammo. Swaarloop 243 (Blou) met n overmoulded kolf soos hierdie een hieronder, as jy mooi vra, N$ 8000.00, baie goeie waarde vir geld, in my beskeie opinie. Bedding job, sneller VERSTELLING, nie sneller job, en jy is goed om heeldag lank daai klein-klein groepe te skiet.
Mooi loop
Francois
Re: Howa
Posted: Mon Sep 07, 2009 7:32 am
by Freek
Francois, mooi roer daai... lyk somaar of hy gebou is vir besigheid.

Re: Howa
Posted: Mon Sep 14, 2009 5:57 pm
by Gerhard
Daai kettie lyk mos of hy die werk kan doen
