Page 1 of 2

live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 9:34 am
by 300Winmag
;D hoe gaan dit daar in die kantore?? Was so kwart oor ses in die
hide gewees. Kwart voor sewe was die blesbok ooie hier.
Vroulike dier is toe - hulle pense lyk soos strand balle!.
Hulle was seker so half uur hier gewees. Half nege was
2 bwb koeie hier. Vinnige hallo se toe gaan hulle weer.
Stadsjapie, as daai eland bul wat ek oppad hierna toe gesien
het, inkom eet ons van die lekkerste biltong mmm en duurste
haha.
Lekker dag by die werk!
Van der Walt

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 9:42 am
by BLOK
VDW

Jy maki mooi nie >:( >:(

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 9:55 am
by JPS
Ja nee Blok,

Hy soek sommer helder oordag met 'n man. >:(

Geniet dit VD Walt ;D

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 10:09 am
by 300Winmag
hiehie! Die wind het nou net erg begin waai
maar ek hoop om later lekker update te kan gee.

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 10:19 am
by Frederik
Sterkte hoopp jy kry hom  ;D

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 10:34 am
by Vosman
Het daar nou al iets ingekom?

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 10:53 am
by 300Winmag
behalwe vanmore se vroulike bokke nog niks verder nie.
Kwe-voels, patryse en duiwe. Maar die wind is wild.
Ek weet nie of iets nou gaan rondloop nie.
Hoop maar so.

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 10:57 am
by Vosman
Gelukkig sit jy in vrede in die bos.
Kan nie se ek is nie jaloers nie, geniet dit en sit maar 'n foto op.

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 11:02 am
by Gerhard
Geduld....

Geniet wat jy sien nou want dit is beslus nie wat ek nou sien by die werk nie.

Wat is op die hit list

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 11:37 am
by Frikkiedbr
Wag is die geduld woord hier Van der Walt, strekte daai kant.  ;)
Geniet maar vir ons part ook daar in die bos, sal nie dit teen jou hou nie  ;)

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 11:53 am
by BLOK
Gerhard

As ek so luister, virseker daai eland bul ;D ;D

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 12:24 pm
by 300Winmag
Die plan was bwb bul, siende dat ek nog
nie een met boog geskiet het nie. Dit wav vanmore.
Nou? Wat ook al in kom wat koeels (  ;D ) gaan
gebrand word behalwe GROOT ($$) kudu
en waterbok bulle. (maar stof hang rooi van wind)

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 12:28 pm
by BLOK
Stof daai boog af hulle gaan nou inkom wees net geduldig.
Waar jag jy dat die wind so waai want hier by ons is dit baie lekker dag

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 12:50 pm
by Gerhard
Brand daai zebra drolle

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 1:29 pm
by 300Winmag
Ek is naby Derby. Niks buite die hide maar het
nou gekyk hoe n banggat spinnekop amper 10
minute gevat het om n by te vang.
Gerhard, ek brand hulle teen stadige pas. Die wind
waai in my rigting maar ek vat maar nie kans nie.

Maar dit bly lekkerder as om in die kantoor te sit! Die skiet
is net cherrie op die koek.

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 1:33 pm
by Jagtersdok
Ja nee jy moet maar daai drolle dik brand, moet hulle net nie begin rook nie ;D

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 1:35 pm
by JPS
Van Der Walt,

"n Baie slegte dag innie bos is nog steeds beter as 'n great dag by die werk.

Geniet dit Mater, Hoop daai "elandjie" kom in....... :angel:

Groete / jaloers
JP

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 1:43 pm
by Skolla
Mog jou maag jou pla.

Sommer n grap van jaloersgeit. :'(

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 1:47 pm
by Raven
Nou is ek darem lekker jaloers, enige tyd in die veld is beter as om hier op kantoor te sit.

Hoop jy kry jou trofee bok, kyk bietjie links ek hoor iets in daai rigting  ;D  ;D

Raves

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 1:49 pm
by Jagtersdok
Nee man

Die Man wil ,os eintlik BWB bul skiet so ek hoop hy kom in, want as die eland inkom het jy splinter nuwe moeilikheid

Neels

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 3:18 pm
by 300Winmag
;D Update. 2 knypkop rooibok rammetjies het saam
met paar ooie ingekom. Een het saam met hulle gewaai.
Hugo moenie na die foto kyk as ek hom later op laai nie, ek
het nie water by my gehad nie en die ander kant het
baie erger gelyk.
Wel ek is nou hier nou wag ek maar in die skuiling dat hulle
hom slag en bietjie in die koelkamer hang.

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 3:24 pm
by BLOK
Aitsa

Mooi man bly jy het hom toe gekry dit was n baie lang sit voor daar iets geval het, ek neem aan die water is op van al die sand uit jou mond spoel. ;D ;D

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 3:49 pm
by 300Winmag
Dis warm! Ek drink die water. Jys reg met lang sit,
dit is dag ses. Vorige 5 was droog! Boogjag is nie sommer
net van inklim en steek nie!  hiehie!
Hugo jy kan maar ook kyk die boer neem nogal mooi
kiekies. Omtrent al die bloed is met die kop weggesteek
en hy het my ontrent by die stoor gaan laat sit om die
bok grooter temaak.

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 3:52 pm
by BLOK
;D ;D ;Dhierdie Hugo Boss smokkel darem met julle koppe ;D ;D

Nou waar is die fotos gooi hulle want ek wil huis toe gaan

Re: live hunt

Posted: Fri Sep 02, 2011 4:16 pm
by 300Winmag
;D jy kan maar gaan Blok. Foto op kamera en
ek moet dit eers by die huis gaan af en op laai.