Page 1 of 1

Muzzle Brake

Posted: Tue Jul 18, 2017 8:28 pm
by LoopSoosStroop
Dis nou regtig jammer ek het nie 'n anti tank gun nie, dink hy sou nogals mooi gewerk het op een.
DSC_0411 - Copy.JPG
DSC_0407 - Copy.JPG
Dink ek gaan almal weg jaag op die skiet baan.

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 8:54 am
by ruaanb
heel netjies ontwerp is dieslefde as die een wat Marco vir my gemaak het. Hy werk.

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 9:08 am
by joe rocket
Netso Ruaan, Marco se breker lyk netso. Die ontwerp is gebaseer op n G5 kanon se breker. Dirk die ding werk en laat gasse baie vinnig ontsnap, netjies gedoen.

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 9:12 am
by LoopSoosStroop
Dankie manne, ja dis darem lekker om op 'n draaibank rond te voeter.
joe rocket wrote:Die ontwerp is gebaseer op n G5 kanon se breker.
Yes, die gun se nuwe naam is nou die "G6.5" ++>:

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 9:37 am
by ruaanb
lol ek het myne nogal die G6 gedoop.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 9:57 am
by Steyr270
Ek vra uit onkunde, wat is die doel van die patent?

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 10:12 am
by LoopSoosStroop
CarldeKock wrote:Ek vra uit onkunde, wat is die doel van die patent?
Die doel is om soveel geraas te maak dat al die ander ouens huis toe gaan, dan kan mens lekker alleen skiet.

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 10:21 am
by joe rocket
CarldeKock wrote:Ek vra uit onkunde, wat is die doel van die patent?
Die ander naam vir die patent is n moffie proppie, dit verminder terugskop van die roer sodat jy akurater kan skiet en nie bang is dat die teleskoop jou oogbank gaan oopkloof nie. Jy gebruik die blitsbreker gewoonlik op magmum kalibers wat erge terugskop het.

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 10:47 am
by Swede
joe rocket wrote:
CarldeKock wrote:Ek vra uit onkunde, wat is die doel van die patent?
Die ander naam vir die patent is n moffie proppie, dit verminder terugskop van die roer sodat jy akurater kan skiet en nie bang is dat die teleskoop jou oogbank gaan oopkloof nie. Jy gebruik die blitsbreker gewoonlik op magmum kalibers wat erge terugskop het.
Soos 'n 6.5 ;)

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 11:13 am
by Swede
LoopSoosStroop wrote:Dankie manne, ja dis darem lekker om op 'n draaibank rond te voeter.
joe rocket wrote:Die ontwerp is gebaseer op n G5 kanon se breker.
Yes, die gun se nuwe naam is nou die "G6.5" ++>:
Sal jy so goedgunstig wees om die ontwerp te deel, soos die dimensies ens?

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 11:43 am
by LoopSoosStroop
Swede wrote: Sal jy so goedgunstig wees om die ontwerp te deel, soos die dimensies ens?
Swede, die ding is nog nie regtig deeglik getoets nie, maar die specs as volg:

OD 30 mm
Lengte 65 mm.
Baffles se gat deursnee is 20 mm.
Baffle C-to-C 22 mm.
M18x1 thread 15 mm lank.
Ek het 'n dun brass spacertjie gesny wat ek kon skuur todat die brake mooi reguit oplyn met die geweer as hy styf vasgedraai is.

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 11:58 am
by Swede
Baie dankie! is die baffle gate as ek dit so kan beskryf, net haks geboor met die "bore", daar is geen snaakse hoeke betrokke?

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 12:02 pm
by LoopSoosStroop
Swede wrote:Baie dankie! is die baffle gate as ek dit so kan beskryf, net haks geboor met die "bore", daar is geen snaakse hoeke betrokke?
Jip, net haaks, ek is maar beperk deur wat ek op my toerusting kan prakseer.

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 12:06 pm
by Swede
LoopSoosStroop wrote:
Swede wrote:Baie dankie! is die baffle gate as ek dit so kan beskryf, net haks geboor met die "bore", daar is geen snaakse hoeke betrokke?
Jip, net haaks, ek is maar beperk deur wat ek op my toerusting kan prakseer.
Dankie waardeur ;D

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 1:02 pm
by ruaanb
.........die brake mooi reguit oplyn met die geweer.......

hierdie is krities Swede

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 1:04 pm
by Swede
ruaanb wrote:.........die brake mooi reguit oplyn met die geweer.......

hierdie is krities Swede
Ek sal so dink........... anders brake hy alles!!

Re: Muzzle Brake

Posted: Wed Jul 19, 2017 1:36 pm
by LoopSoosStroop
Swede wrote:
ruaanb wrote:.........die brake mooi reguit oplyn met die geweer.......

hierdie is krities Swede
Ek sal so dink........... anders brake hy alles!!
Haha, ja nee

Ek het eers probeer om die brake so mooi te sny dat hy self "clock", maar vining gesien ek kan nie so akkuraat werk nie, ek het hom al hoe korter gesny en net gesukkel.

Party ouens gebruik klamp skroewe of grub screws, of 'n moer wat mens teen brake vasdraai.