Page 1 of 1
6.5x57 Mauser
Posted: Tue Jul 18, 2017 7:52 pm
by PierrieT
Goeie naand manne,
Ek het op 'n 6.5x57 Mauser afgekom en ek dink daarnaan om die geweer te koop. Kan dit vir 'n baie goeie prys kry.
Ek het begin navorsing doen oor die kaliber en dit lyk vir my of dit baie skaars is as ek kyk na die hoeveel inligling wat vrylik beskikbaar is.
Kan enige iemand my dalk raad gee op die kaliber? Doppe en dies is baie skaars en daar is feitlik geen balistiese data wat ek kon opspoor nie.
Groete
Pierrie
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Tue Jul 18, 2017 8:02 pm
by Alwin
'n Vriend van my het 'n 6,5x57 geweer wat hy baie geniet. Die dopkapasitiet is naby aan 'n 6,5x55 s'n, dus kan jy daai herlaaidata VERSIGTIG gebruik vir 'n beginlading. Met QuickLoad vryelik beskikbaar is dit ook nie meer nodig om te raai nie.
Doppe kan gevorm word van 'n 7x57. Hou net die nekwanddikte dop. 6,5x57 fabriekspatrone is soms beskikbaar. RWS maak hom en waarskynlik nog 1 of 2 ander Europese vervaardigers.
Matryse ("dies") kan jy by RCBS bestel.
Ballistiese data word deesdae deur 'n program op jou rekenaar of 'n toep ("app") op jou sakfoon gegenereer.
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Tue Jul 18, 2017 9:39 pm
by Thunderhead
Hi ek skiet al van kleins af met my 6.5x57. Baie lekker geweer. Ek sien kort kort die handelaars op die forum adverteer doppe. Hy is baie dieselfde as n 6.5 x55. In die bos laai ek 160 teen 2300fps en vir vlakte 140gr teen 2600fps.
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Tue Jul 18, 2017 11:13 pm
by Pappabeer
Pierre ek het n 6,5x57 en n 6,5x55
Ek wil nie in te veel detail vergelyk nie, seinde die x55 n ouer Tikka is met 22" loop, en die x57 n Brno model 22 met 23&1/2" loop is uit die vroëe 50s. Die x57 gee gemaklik 2700fps met n 140gr koeël sonder druk. Hy laai maklik genoeg en RWS doppe is vrylik beskikbaar, sowel as PPU. Koeëls vanselfsprekend ook.
Die doppie taper baie en in myne vind ek dat hy nie gemaklik kamer as ek neck-size nie, maar gedeeltelike vol size sorteer daai probleem uit.
S365 werk goed. In myne se geval laai ek wel 1gr minder dryfmiddel as vir die x55 vir so 150fps meer. Die loop lengte het natuurlik ook hier n invloed.
Ek het gister op die Guntree n klomp RCBS en Forster dies vir die kaliber gesien vir heel bilik, wat toevallig ook is wat ek gebruik.
http://www.guntree.co.za/home-page/relo ... ading-dies
Kontak my gerus as jy meer vrae het
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Wed Jul 19, 2017 8:23 am
by tau
Ek het ook een 6.5x 57 in Steyr Mannlicher 20" loop en 'n fullstock.
Ek is redelik versot op die roer en kaliber, maar as jy baie wil skiet en teiken gaan doppe makliker verkruigbaar wes vir die 6.5x55.
Ek sukkel met casehead seperation in my roer as ek S&B doppe of 7x57 Norma doppe gebruik. Met NUY/PPU en RWS doppe is ek weer 100%.
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Wed Jul 19, 2017 3:46 pm
by Alwin
tau wrote:...
Ek sukkel met casehead seperation in my roer as ek S&B doppe of 7x57 Norma doppe gebruik. Met NUY/PPU en RWS doppe is ek weer 100%.
Sit jou Steyr se sluitnokke dalk op die agterkant van die slot? Dit mag dalk jou dop-probleem verklaar.
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Wed Jul 19, 2017 11:24 pm
by PierrieT
Goeie naand, baie dankie vir almal se terugvoering, dit word opreg waardeur. Sover lyk dit net na positiewe terugvoer.
Toe ek eers ordentlik begin soek (en op die regte plekke) het ek genoegsame inligting gekry.
Ek het toe vroeër vandag die geweer gekoop en sal binnekort 'n nuwe toevoeging tot my Sauer 202 versameling he in 6.5x57.
Pappabeer, ek gaan jou opvat op dit.
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Sat Jul 22, 2017 7:09 pm
by Dale SH
Hello Pierrie
Ek het vir jou n PM gestuur.
Ek het n splinternuwe (ongebruikte) stel RCBS full length Dies en n neck sizing die vir jou as jy belangstel.
My kontak nommer is op die PM.
Dankie
Dale
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Sat Jul 22, 2017 7:36 pm
by Jake1
PierreT hier is ook iets vir jou 202 versameling en jy spaar nog $5000 op sy normale verkoopprys
http://www.gunsinternational.com/guns-f ... =100878180
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Sun Jul 23, 2017 7:26 pm
by PierrieT
Jake1,
Daai is effens bo my vuurmaak plek
Selfs met die $5000 besparing

Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Tue Jul 25, 2017 10:13 am
by tau
Geluk Pierre
Ek het die naweek weer met my 6.5x57 gejag en geniet hom werklik as jag kaliber. As ek so na jou geweer lys kyk het jy oorgenoeg wapens vir skietbaan werk so die 6.5 x57 as jagwapen gaan jou mooi pas.
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Tue Jul 25, 2017 7:01 pm
by PierrieT
Hi Tau,
Baie dankie, ek is seker die 6.5x57 is 'n goeie aanwins vir my jag arsenaal.
Wat laai jy in jou 6.5x57?
Groete
Pierrie
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Tue Jul 25, 2017 7:40 pm
by 470rigby
Lekker kaliber, as ek nou so vining moet dink is dit net 6.5x57 en 6.5x54 (Kurtz) wat nooit militere kalibers was nie (van die 6.5 familie)
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Tue Jul 25, 2017 7:41 pm
by 470rigby
En natuurlik die nuwes soos 6.5x68
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Wed Jul 26, 2017 7:40 am
by tau
PierrieT wrote:Hi Tau,
Baie dankie, ek is seker die 6.5x57 is 'n goeie aanwins vir my jag arsenaal.
Wat laai jy in jou 6.5x57?
Groete
Pierrie
Môre Pierre
EK het begin met 120gr Sierra Pro hunters, want so 4 jaar terug was daar 'n helse tekort aan 6.5mm koeels en dit was al wat ek kon kry.
EK het daarna Hornady Interlock 129gr begin laai omdat 'n vriend 300 beskikbaar gehad het. Net daarna het Gromit ook 250 aan my verkoop omdat hy gehoor het ek skiet hulle. So ek skiet wat bekostigbaar en beskikbaar was op die herlaai stadium
Albei koeels werk baie goed. Ek het met die 120gr Prohunters Kudus, varke, Springbokke en selfs iemand anders se gekweste Blouwildebees geskiet en die verrigting was baie beter as wat ek oorsponklik sou verwag. Vir my is die wapen nou uitsluitlik 'n stapjag geweer, so die swaarder koeels maak vir my meer sin. EK het nou ander gewee wat ek op die baan of Springbok jagte gebruik so die 129gr Interlocks werk vir my baie goed en hulle is goedkoop.
As ek vars moes begin en daar was beskikbaar sou ek eerder 140gr loodkern koeels wou skiet ek dink dit pas by die roer en sy kamer lengtes.
My roertjie is fullstock met 20" loop en verseker my gunsteling roer.
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Wed Jul 26, 2017 10:09 am
by Pappabeer
Pierre, my geweer werk goed met 140gr SGK vir oefen. Ek het n aanvaarbare jag lading met 130gr TSX en 140gr Nosler Partitions. Beide gee n duim op 100m. n Heel onderskatte lading was die Hirtenberger fabrieks ammunisie wat n 125gr Nosler Partition geskiet het.
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Sun Feb 05, 2023 7:47 pm
by Cobus Wessels
Goeienaand aan almal
Ek weet nie of daar 'n spesifieke forum is vir hierdie vraag nie - ek het gesoek maar kon misgekyk het.
Ek vra hulp van die mense met die kennis van die elektroniese programme soos Quickload.
Ek voel ek is naby aan die regte lading maar soos alle herlaaiers is daar altyd die wonder of dit kan verbeter.
Huidige lading vir moderne 6.5x57 :
Lapua Mega 155gr
Superformance 47.5g
Federal Large Magnum primer
Gevuurde dop volume: 59.2g water
Looplengte: 508mm
Spoed (Labradar): 2555fps
Geen druktekens.
Alle waardes is gemiddeldes vir 10 skote
Ek hoor graag as iemand kan help.
Rustige aand
Cobus Wessels
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Mon Feb 06, 2023 8:25 am
by Capt. Yoda
As ek vinnig op GRT krap lyk dit my jy is op die nommer met daai lading
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Mon Feb 06, 2023 9:22 am
by Cobus Wessels
Dankie Cappie. Ek moet ook maar leer om partykeer op te hou krap waar dit nie jeuk nie.
Wil as my stapgeweer in die bos lading gebruik.
Lekker dag vir jou
Cobus
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Mon Feb 06, 2023 10:03 am
by Ds J
Cobus Wessels wrote: Sun Feb 05, 2023 7:47 pm
Goeienaand aan almal
...
Ek voel ek is naby aan die regte lading maar soos alle herlaaiers is daar altyd die wonder of dit kan verbeter....
Cobus, hoe akkuraat is die geweer met die huidige lading?
Die nodes en trompsnelheid help net as die patrone reg op die teiken aankom. Vir bosjag en stap moet hy basies n tennisbal op 150m kan tref, dan is jy gereed en kan selfs kopskote oorweeg.
Re: 6.5x57 Mauser
Posted: Mon Feb 06, 2023 6:16 pm
by Cobus Wessels
Ek moet eerlik sê dat ek nie regtig die geduld het om korrekte groeperings te skiet nie - jag gaan mos maar gewoonlik oor die eerste skoot.
Ek skiet gewoonlik die loop te warm om regverdig teenoor die geweer te wees.
Ek het die laaste 5 van 15 skote stadiger geskiet en 5 skote presies in 'n duim sirkel geskiet van sakke af. Dit is goed genoeg vir my.
Ek wou maar net die stemmetjie in my kop stilmaak voordat ek die moeite doen om honderd rondtes laai en die pakkies seël.
Dan moet ek begin vra vir hulp vir 'n korterige loop 300win lading...
Groete
Cobus
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk