Page 1 of 1

Re: Bushnell 6-24x50 Elite Tactical M, Illuminated Mil Dot FFP,

Posted: Thu Sep 01, 2011 12:29 pm
by Vosman
"n Vriend van my het een van die scopes, maar hy het 'n ander "reticle" wat ook verlig word.
Die teleskoop is indrukwekkend en ek dink nie jy sal spyt wees nie.

Groetnis.

Re: Bushnell 6-24x50 Elite Tactical M, Illuminated Mil Dot FFP,

Posted: Thu Sep 01, 2011 9:19 pm
by Arnold
Baboonstalker het 'n soortgelyke teleskoop dink ek. Wat prys hy plaaslik?
Iets om dalk ook na te kyk is die Sightron SIII 6-24x50. Volgens my bied die scope meer as die bushnell.

Re: Bushnell 6-24x50 Elite Tactical M, Illuminated Mil Dot FFP,

Posted: Fri Sep 02, 2011 7:56 am
by BLOK
PM vir Rooijakkals hy skiet ook met Bushnell

Re: Bushnell 6-24x50 Elite Tactical M, Illuminated Mil Dot FFP,

Posted: Fri Sep 02, 2011 10:21 am
by Frederik
Ek het die normale Elite op klient se geweer gesien die naweek en hulle lyk goed aanmekaar gesit die klient se hy het nog nooit probleme gehad met hom ook op 'n 300 win mag, vanguard.

Re: Bushnell 6-24x50 Elite Tactical M, Illuminated Mil Dot FFP,

Posted: Fri Sep 02, 2011 12:08 pm
by Lourens
Conflict jy kan maar voortgaan met die Bushnell, ek het 'n Elite 7-21x40 op my 7mm Rem Mag en volgens my is dit 'n great scope. Baie helder en ook geharde bou. Hy sal kan doen in die jagveld maar sal ook net so tuis op die baan wees. Bushnell is al jarre op die mark, jy sal nie foutmaak nie. As jy so Tactical scope soek kan jy ook na Leupold se Tactical reeks kyk. Passop net vir 'n scope wat heeltemal te groot en swaar raak, anders gaan jou ervaring in die jagveld nie 'n plesierige ene wees nie....

Groete,
Lourens

Re: Bushnell 6-24x50 Elite Tactical M, Illuminated Mil Dot FFP,

Posted: Fri Sep 02, 2011 1:29 pm
by baboonstalker
Ek skiet met die Bushnell 6-24 x 50 Elite 4200 tactical en is heel tevrede met hom. Opties is hy nou nie 'n Swarovski of NF nie, maar ek reken hulle is goeie waarde vir geld.
Die scopes is al elders op die forum ook bespreek so as jy 'n search doen gaan jy nog inligting oor hulle kry.
Pieter