Page 1 of 1

Skilpaddoppe

Posted: Sun Aug 30, 2009 10:25 am
by projag
Die afgelope jare vind ek in toenemende mate skilpaddoppe in die veld. Dit neem egter nou drasties toe en tot 10 doppe word bymekaar gevind -- gewoontlik by 'n groot klip of onder 'n houtpaal. Die voorpunt is gewoontlik afgebreek en die dop leeggevreet. As dit so aanhou word ons skilpaaie uitgeroei.

Weet Bool nie hiervan nie of gee hy nie om nie???.

Re: Skilpaddoppe

Posted: Sun Aug 30, 2009 8:14 pm
by Caller
Projag

Nee jong, as dit by die ware feite kom is BS mos in sy dop gekruip.

Caller

Re: Skilpaddoppe

Posted: Mon Aug 31, 2009 7:05 am
by Gernie
Dagse manne

Ek gooi nou maar 'n klip in die bos hier, maar glo dit is kraaie se werk daai. Hulle breek die doppies deur dit teen die paal of klip te slaan.

Re: Skilpaddoppe

Posted: Mon Aug 31, 2009 1:56 pm
by rednat
Het vanoggend dieselfde verskynsel waargeneem.
14 skilpaddoppe by een houtpaal by 'n hek.

Sal dit help as kraaie permitte moet uitneem. ;D ???
Wonder wat CN hieraan gaan doen --- of moet die boer maar self plan maak.

Re: Skilpaddoppe

Posted: Mon Aug 31, 2009 3:04 pm
by Gernie
Daar in die Noord Kaap gooi ons maar lood so in die kraaie se rigting. Hulle kom ook nou baie meer voor as van tevore. Pik die klein lammertjies se oe uit.

Re: Skilpaddoppe

Posted: Mon Aug 31, 2009 5:07 pm
by tafjak
Rednat


Waar val jy uit? Bitter lanklaas van jou gehoor, maar onkruid vergaan mos nie.

Welkom terug.

Taffie

Re: Skilpaddoppe

Posted: Mon Aug 31, 2009 6:54 pm
by Christo
Solank jy wag vir 'n permit innie WC is kraaie goeie oefening.

Re: Skilpaddoppe

Posted: Mon Aug 31, 2009 7:13 pm
by tafjak
Christo

Pasop net dat hulle loodvergiftiging kry nie. :D

Taffie

Re: Skilpaddoppe

Posted: Mon Aug 31, 2009 7:37 pm
by rednat
Tafjak
Ek het vir so 'n paar maande gaan cyotes jag in VSA en sommer 'n paar mooigoed saamgebring.

Re: Skilpaddoppe

Posted: Mon Aug 31, 2009 7:40 pm
by Janjak
Oefen julle op die kraaie aan daai kant? Is dit die witborse wat kwaatdoen?
Ek het Saterdag op Machadodorp ook n klomp kraaie gesien, dis die eerste keer dat ek hulle daar oplet. Ek skiet amper elke Saterdag daar blesbokke en nog nooit regtig ag geslaan op daai outjies nie maar juis Saterdag gestaan en dink dat die varminter nogal mooi sal klap op hulle.

Re: Skilpaddoppe

Posted: Tue Sep 01, 2009 6:08 am
by tafjak
Rednat
Ek het vir so 'n paar maande gaan cyotes jag in VSA en sommer 'n paar mooigoed saamgebring.
....net nie vergeet om te wys nie.

Groetnis

Taffie

Re: Skilpaddoppe

Posted: Tue Sep 01, 2009 10:04 am
by Francois Marais
Rednat
Ek het vir so 'n paar maande gaan cyotes jag in VSA en.......
Ek's baie nuuskierig, vertel bietjie meer, professioneel of sommer virri fun???

Mooi loop
Francois

Re: Skilpaddoppe

Posted: Tue Sep 01, 2009 12:30 pm
by Ambessa
Hallo rednat / almal
rednat wrote:...dieselfde verskynsel waargeneem...  ...14 skilpaddoppe by een houtpaal by 'n hek...  ...Wonder wat CN hieraan gaan doen --- of moet die boer maar self plan maak.
Stel voor julle bring dit formeel onder CN se aandag en versoek raad hoe dit hanteer moet word?

Ambessa

Re: Skilpaddoppe

Posted: Tue Sep 01, 2009 2:52 pm
by Ambessa
Hallo rednat
rednat wrote:...so 'n paar maande gaan cyotes jag in VSA en sommer 'n paar mooigoed saamgebring.
Ons neem aan dit ("paar mooigoed") gaan op 'n manier met ons gedeel word?

Ambessa

Re: Skilpaddoppe

Posted: Wed Sep 02, 2009 8:30 pm
by rednat
Francois
Nee, nie proffessioneel nie. Amerikaner het by my kom gemsbok en swartw/bees jag toe pla die jakkalse tussen my skaap en kry die k?rel die geluk om een aand twee te skiet. So praat ons van die coyote en nooi hy my  vir 'n kuier to return da favour.
Soos dit is doen die Yanks alles in oortreffende trap en het die kuier dubbel so lank geduur as beplan -- maar kla nie.

Re: Skilpaddoppe

Posted: Wed Sep 02, 2009 10:04 pm
by Francois Marais
Rednat

Thanks virri reply, dis nog een van harts begeertes, wil baie graag daai kant toe gaan, wil ook graag Coyote roep en skiet. Wel...... miskien eendag as ek groot is....

Mooi loop
Francois

NS post n foto of twee as jy geneem het

Re: Skilpaddoppe

Posted: Thu May 31, 2012 11:19 am
by wlm
Kerels los N C uit die storie. Kom ons los net die probleem op.

Kraaie
Die goed teel aan dat swerms nie 'n onbekende gesig is nie.Omstandighede is klaarblyklik baie gunstig vir die voels. Dit lyk my asof die beskikbaarheid:
- van broeiplekke soos windpompe en telefoonpale,
-volop kos verskaf deur ongedierte-predasie en siektes soos slenkdal die goed onnatuurlik bevoordeel.
Die afwesigheid van natuurlike vyande is nog 'n faktor wat die getal kraaie laat toeneem.
Ek praat nie net van die skade wat kraaie aanrig onder skaap nie(oe uitpik en so meer).
My bekommernis is dat kraaie verwoesting saai onder die skilpaaie, voels (jonges en neste) en reptiele.
Moet tog nie 'n kans laat verbygaan om die goed te skiet nie. Kyk maar as jy terugry huistoe met jakkie op die bakkie of daar nie een in die donkerte sit slaap op die windpomp nie.

Re: Skilpaddoppe

Posted: Thu May 31, 2012 1:49 pm
by Rooies
Willem
Hier het hulle ook meer geword,en waar hulle altyd net 1 of 2 was is hulle nou 5 en 6 bymekaar.
Ek het noudiedag oppad Griekwastad toe vanaf Campell(40km) 76 van hulle getel in die pad
en op die telepale.

Sy gatvere waai hier as die 243 by is.

reds

Re: Skilpaddoppe

Posted: Fri Jun 01, 2012 6:33 pm
by wlm
Rooies
Al 76 van hulle moet vreet en daar is beslis nie genoeg dooie diere daarvoor nie.
Op een plek tussen Williston en Fraserburg slaap daar elke aand ten minste 100 op 'n stuk telefoonlyn. So laat die 243 maar keel skoonmaak, dis vir 'n goeie saak. ;D