Page 1 of 1

Geweerloop draai uit?

Posted: Thu Sep 01, 2011 9:12 am
by Johan JvR
M?re manne

Weet iemand of mens jou geweerloop kan losskiet?

Bv. as mens die geweer se teleskoop afhaal, dan lyn die visiere en die bokant van die aksie nie 90grade op nie, lyk of visiere na regs oorleun, asof loop besig is om uit te draai.

Hoe ernstig is dit?

groete

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Thu Sep 01, 2011 9:15 am
by Beyers
Vat na 'n gunsmith toe die kopspasie gaan varieer

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Thu Sep 01, 2011 9:18 am
by Johan JvR
Beyers dis wat ek ook maar gedink het.

Frikkie s? dit het al met sy broer se 8x68 ook gebeur (weetnie of dit Dawie of Koenie was nie), dat die loop op 'n manier gespring het na hy 'n te warm lading geskiet het.

Hoe algemeen is so 'n verskynsel? (die uitdraai van loop, nie spring a.g.v warm ladings nie)

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Thu Sep 01, 2011 12:08 pm
by THOMAST
Die groewe in 'n geweerloop is gewoonlik kloksgewys. Nou wanneer die koe?l in die loop se groewe ingedruk en gegraveer word, word die koe?l kloksgewys geroteer. Volgens Newton se tweede wet is daar mos vir elke aksie 'n teenoorgestelde reaksie, maw die koe?l probeer om die loop antikloksgewys te roteer wat die loop sal laat indraai en nie uitdraai nie.
Ek twyfel of die loop se rotasie soos genoem te wyte is aan die skiet van die geweer is.

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Thu Sep 01, 2011 12:16 pm
by Johan JvR
Thomas - ek sal gaan kyk of die geweer links of regter spiraal het, maar wat jy s? maak sin.

Ek het vanoggend gou gaan oplees oor kopspasie ook en ek vermoed die geweer se kopspasie is nie reg nie. Die slot maak baie moeilik oop na mens geskiet het, alhoewel die ladings baie flou is.(met chronograaf getoets)

So dit wil voorkom of die loop wel nie reg is nie, hoekom weet ek nie.

Dis my 375, het laasweek die teleskoop afgehaal en dit opgelet. Ek is nou al so moeg om met die geweer te sukkel, dis nie eens meer snaaks nie.

Dankie vir die insette.

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Thu Sep 01, 2011 9:55 pm
by Johan JvR
Ek het toe gekyk, die geweer is 'n RH spiraal, koeel draai dus kloksgewys as jy van agter kyk.

Nou - in my dommigheid met myself geredeneer:

Die koeel draai kloksgewys as jy skiet, loop begin dan anti-kloksgewys draai en hy slaan vas teen aksie(draai homself vas) en hou op beweeg.

Energie word oorgedra na aksieskroewe en kolf wat anti-kloksgewys draai wat dan as recoil gevoel word.

Kan dit nie gebeur dat die energie verwringing in die kolf meer beweging (draaing) veroorsaak as in slegs die loop nie, m.a.w loop slaan vas in aksie en energie in kolf draai meer en veroorsaak dat die kolf die aksie van die loop af losdraai en visiere na regs laat oorleun?

So dit se dat die skoot nie die loop losskiet nie, maar dat die energie in die kolf die aksie van die loop laat losdraai......dit kan seker net gebeur as daar versnelling van die 'torsion' energie plaasvind van die loop na agterkant van kolf toe.

as julle verstaan wat ek probeer verduidelik.

Ek gaan probeer om uit te vind hiervan by 'n ingenieur, sit dalk pot heeltemal mis.

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 7:46 am
by THOMAST
As jy kyk na die gewig van .n geweer en die gewig van die koe?l is dit seker teoreties moontlik maar prakties onsiggewend.
Net so goed jy gooi ping pong balle na 'n oorlogskip en dan te verwag dat die skip gaan weg beweeg. ;D

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 7:51 am
by Johan JvR
;D

weet jy hoe lank het ek aan daai probleem gedink!

Was al op die punt om voor te stel dat 'free-recoil' dalk die oorsaak hiervan is  ;D

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 8:00 am
by Gerard
As die geweer proefmerke het en die proefmerke is op die loop en die aksie, sal die merke teenoormekaar wees.  Dit sal aandui of die loop beweeg het na proef.  Baie ander gewere het belynmerkies op die aksie en loop wat sal aandui of iets beweeg het.  Die kanse is baie goed dat die korrel en visier oorspronklik skeef opgesit is want, 'n loop met 'n regs spiraal (van agter gekyk) kan nie los skroef nie.  Mens kan 'n regs spiraal loop met die hand vasdraai en hy sal nie los draai nie, net vaster.

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 8:05 am
by fanie17
Daar is geen manier waarop n loop moet kan los draai nie.Hy behoort nie eers te kan loskom as jy hom in n skoef sit en probeer draai nie.Die apperaat wat n loop vas draai moet hom so styf draai dat hierdie nie moet kan gebeur nie.Is jou geweer n fabrieks geweer of is hy gebou.Ek het eendag by Grobbies gesien hy sny die laaste gedeelte van die kamer eers na hy die loop vas gemaak het.Hy sny dan ook met die hand,dit maak dat die loop dan baie vas is en dit is maklik om die kopspasie presies reg te kry

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 8:22 am
by Johan JvR
Gerard, ek het gehoop dat jy ook sou antwoord..baie dankie. Ek was gistraand so in my noppies met myself, dog ek het iets nuuts vir myself uitgeredeneer  ;D

Fanie - die geweer is 'n ouer Sako L61R, gebou min of meer 1980-81. Hier is niemand naby aan my wat die kopspasie kan meet nie, dis hoekom ek nou maar raai wat aangaan.

Dalk het Sako maar die visiere skeef opgesit. Sal maar eendag as ek weer P.E toe ry by Gerard hoor of hy bereid is om te kyk na die geweer en sy opinie gee.

dankie manne, die het my besig gehou vir 'n rukkie.

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 8:26 am
by gunsports
Soos Gerhard se, daar is nie 'n manier dat 'n loop spontaan losdraai nie. Maar, met die ander probleme met die geweer, sal ek streng aanbeveel dat jy:

Die geweer nie afvuur nie, en
Neem die geweer na 'n wapensmid vir inspeksie. Neem dan ook die geskiete doppe uit die geweer saam, dit sal die smid help om probleme, indien enige, te identifiseer.

'n .375 Ontwikkel helse druk, duime van jou gesig af. Moenie kanse vat nie!

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 8:33 am
by THOMAST
gunsports wrote:
'n .375 Ontwikkel helse druk, duime van jou gesig af. Moenie kanse vat nie!
Baie ware woorde!

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 9:20 am
by Johan JvR
Een van my ingenieurs vriende se antwoord: (julle is reg, ek was verkeerd - maar dit bly interessant!)

Dit is 'n interessante vraag, maar vertel liewer die storie wat na die vraag lei...

My spekulasie:

Kyk, uit 'n normale "force diagram" is daar geen manier dat daardie loop homself kan losskroef nie. Mens kan die wringkrag en die longitudinale krag apart beskou m.b.v. superposisie, en aangesien net die wringkrag die potensiaal het om die loop los te draai, kan mens dit heeltemal onafhanklik van al die ander kragte beskou. Die wringkrag draai die loop egter net vas, so dit is onmoontlik dat ons die losskroef uit 'n "statiese" oogpunt kan verduidelik.

Daar is egter klomp goed wat kan gebeur in omgewings met heelwat vibrasie, maar dit is nie maklik om in te sien of om te meet nie. Ek dink wel omdat die loop en die aksie albei van verharde staal is (en dus baie min vervorm wanneer hulle teen mekaar bots), is daar 'n goeie kan dat hulle kan los vibreer van mekaar. Dit is juis vir hierdie rede dat mens gewoonlik in so toepassing 'n "spring-washer" sal insit om die te keer dat die twee goed met baie ho? impak teen mekaar bots, en dus los vibreer.

Ek weet nie genoeg van gewere om te weet of daar wel 'n "spring-washer" tussen die loop en die aksie is nie, maar ek sou dink dat dit die probleem sal oplos.

Die meganiese ouens kan dalk meer hieroor uitbrei. (CC vir Rudi)

Groetnis,

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 11:59 am
by BLOK
Dis soos n grinder. As jy die disc ingesit het en die nut net effe vasdraai word hy net stywer as jy hom gebruik, hy kan nie self afdraai nie

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 2:40 pm
by Cobus(Cobb)
Johan JvR wrote:
Daar is egter klomp goed wat kan gebeur in omgewings met heelwat vibrasie, maar dit is nie maklik om in te sien of om te meet nie. Ek dink wel omdat die loop en die aksie albei van verharde staal is (en dus baie min vervorm wanneer hulle teen mekaar bots), is daar 'n goeie kan dat hulle kan los vibreer van mekaar. Dit is juis vir hierdie rede dat mens gewoonlik in so toepassing 'n "spring-washer" sal insit om die te keer dat die twee goed met baie ho? impak teen mekaar bots, en dus los vibreer.

Ek weet nie genoeg van gewere om te weet of daar wel 'n "spring-washer" tussen die loop en die aksie is nie, maar ek sou dink dat dit die probleem sal oplos.

Die meganiese ouens kan dalk meer hieroor uitbrei. (CC vir Rudi)

Groetnis,[/i]
My probleem met die verduideliking is dat daar nie 'n konstante vibrasie is nie...(soos in engine of iets wat met  spring waster of locktite of nylon nut gefix word)
Die bietjie wat daar is(as die skoot loop) sal tog help om die loop vaster te draai...??
Verder sou ek dan wonder of die loop nog bietjie "los" is, soos hy daar by jou l?.

Ek hou die post dop, hier kom 'n interante oplossing en antwoord of verduideliking

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 3:10 pm
by Johan JvR
Cobb, Blok - onthou ek neem maar aan dat die loop gedraai het omdat die visiere na regs oorleun... ek kan verkeerd wees.

Al hoe ek seker sal weet is om die geweer by 'n smit te kry, wat moeilik is. Ek kannie in weeksdae rondry nie en P.E en Bloem is maar wyd van ons af, so dit sal 'n tyd neem voor ek 'n antwoord het, maar ek sal dadelik laat weet wat aangaan.

Ek kan ook nie dink dat ek nie sou agterkom dat die visiere skeef is(in die begin toe ek hom gekry het). Het hom aanvanklik oopvisier geskiet, so ek is oortuig die loop het intussen beweeg.

Die bogger het ongelukkig nie graveer/oplyn merke op sy aksie en loop nie, dan sou mens dadelik weet.

Maar ek volg gsports se raad en skiet hom tyd en wyl nie.

Groete

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 3:17 pm
by Johan JvR
Hier volg Rudi se antwoord (my ander ingenieur vriend):  ???
Net vir interessantheid vir julle - skuts. Hy ry fiets en het seker nog nooit iets geskiet nie, so ek moes hom seker beter van terme soos aksie ens. verduidelik het. Klink of dit 'n ingewikkelde som kan raak...

Verstaan nie mooi die vraag nie.  Is dit 'n geval dat die loop losgeraak het
en dat jy 'n verduideliking soek, of is dit bloot uit nuuskierigheid wat jy
vra?

Twedens, ek sou vermoed dat die skroefdraad sodanig gesny is dat die koel
dit sal vasdraai eerder as losdraai (ek ken nie geweer ontwerp nie) net soos
wat pedale op 'n fiets se skroefdraad in verskillende rigtings gesny is om
te verhoed dat dit losdraai soos 'n mens trap.

Die versnelling het niks met die som te doen nie.  As jy weet wat die
koelsnelheid uit die loop asook die rotasie snelheid is, kan mens die
rotasie energie en hoekmomentum bepaal onafhanklik van versnelling.

Hoop dit help, ek sal na 'n tekening van 'n geweer moet kyk om detail
kommentaar te lewer.

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 5:04 pm
by Johan JvR
Johann het weer ge-antwoord (onthou hy weet nie veel van gewere, koeel gewigte ens af nie), ek het hom ges? om looplengte en 'twist' te verander.

Ek het so deur die dag gesit en wonder of die vasdraai aksie van die loop a.g.v. die koe?l se hoek-versnelling enigsins 'n verskil maak.

So ek het gou uitgewerk hoveel van die kryt se energie gaan om die koe?l vorentoe te versnel, en hoeveel daarvan gaan om die koe?l in die ronde te draai.

Hier is 'n hele paar aannames, want ek weet nie so baie van die goed af nie. So ek neem aan:

1. Die koe?l weeg 20g
2. Die koe?l is silindries met 'n 9.55mm diameter (.375 dankie Wikipedia)
2. Die "muzzle velocity" is 800m/s
3. Die loop is 1m lank
4. Die loop se groewe draai die koe?l 1 volle rotasie in 1m

Die energie van die koe?l a.g.v. van sy linie?re spoed is maklik:

E = 0.5*massa*spoed^2= 0.5*0.02*800^2
= 6400 Joule, of ~6.5kJ

Die energie van die koe?l a.g.v. die hoek-momentum is bietjie moeiliker.

Die energie van roterende silinder word gegee deur:

E = 0.5*"moment of inertia"*hoeksnelheid^2

en "momemt of inertia" vir 'n soliede silinder word gegee deur:

I = 0.5*massa*radius^2
= 0.5*0.02*(0.00955^2)
= 912*10e-9 kg.m^2

Die hoeksnelheid is:

w = 800 rotasies per sekonde
= ~5027 rad/s

So sit alles bymekaar:

E = 0.5 * 912*10e-9 * 5027^2
= ~12 Joule

So die totale kinetiese energie van die koe?l is ~6412 Joule.

Van daardie 6412 Joule gaan ~99.8% daarin om die koe?l vorentoe te beweeg, en ~0.2% van die energie om die koe?l in die rondte te draai.

So dit lyk vir my asof die hele vasdraai-aksie van die loop in elkgeval maar teoreties is en mens dit kan weglaat vir hierdie probleem, en mens maar eintlik net die saak moet analiseer soos 'n line?re vibrasie.

Ek het nie hierdie bewerkings mooi gecheck nie, maar die lyk asof dit sin maak. As enige van my aannames daarbo erg verkeerd lyk, laat my weet dan werk ek dit gou weer uit.

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 5:13 pm
by Cobus(Cobb)
aanname 4 kannie reg wees nie....vol rotasie in 10,12 of 14 duim....kannie 1m wees nie.

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 6:38 pm
by fanie17
Hierdie is soos jou motor se wiel moere wat nie mag kan los draai nie,of soos jou "crank puly"wat nie moet kan los draai nie,as hy los kom het iemand aan gejaag

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 6:42 pm
by Cobus(Cobb)
Mooi gestel Fanie

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Fri Sep 02, 2011 6:42 pm
by Jagtersdok
cobb wrote: aanname 4 kannie reg wees nie....vol rotasie in 10,12 of 14 duim....kannie 1m wees nie.
Cobb

ek dink dit is die skroefdraad wat by die aksie indraai met 1 omwentilling sal ie loop 1mm dieper indraai

Re: Geweerloop draai uit?

Posted: Sat Sep 03, 2011 1:34 pm
by GERT vd M
BLOK,
            Mooi man, ek dink die manne verstaan dit nou!! Of soos jou boormasjien se "chuck"
                                          GROETNIS
                                            GERT