Page 1 of 1

Geweer druk bepaal, copper crusher en transducer.

Posted: Wed Aug 31, 2011 4:38 pm
by Danie Lombard .243
Sommer vir interesantheid is ek nuuskierig oor die Transducer manier tegniek ok die druk binne 'n werkende geweer te toets.

Ek is wel bekend met die copper crusher tegniek en weet hoe dit werk. Wat my wel intereseer is die transducer tegniek toets manier. Hoe dit werk en wat word gedoen om die druk te bepaal met die tegniek. Weet iemand hoe?  Ek het ander dag met my wapen smid vriend oor dit gesels en hom uitgevra oor die transducer toets en hy het ook net sy kop geskud en kon my ook nie antwoord nie. Tot dusver almal wat ek var trek hul skouers op.


Help  :D

Danie

Re: Geweer druk bepaal, copper crusher en transducer.

Posted: Wed Aug 31, 2011 6:09 pm
by Biltongjagter
Praat onder korreksie, maar ek dink dat dieselfde mense wat die CED M2 Chronograph vervaardig, maak ook 'n Strain Guage wat blykbaar nogal redelik akkuraat en maklik druk in 'n geweer kan bepaal.

Die tipe apparaat is ook glo deesdae nie meer so duur soos aanvanklik nie.

Re: Geweer druk bepaal, copper crusher en transducer.

Posted: Wed Aug 31, 2011 7:20 pm
by Danie Lombard .243
Dankie Ludwig vir die hulp met die link,  verduidelik dit baie mooi.