Vir die ouens wat belangstel, die inskrywings vir dievolgende XSSSA kompetisie is nou oop.
Inskrywings het vanoggend oopgemaak en daar is nog plek.
Vir meer inligting of die inskrywingsform kan julle my kontak by arnold@XSSSA.co.za
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Sep 11, 2017 2:18 pm
by Arnold
As hier nog 'n man of vier is wat graag wil kom saam skiet is julle welkom om my te kontak.
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Sep 11, 2017 6:02 pm
by Sean3006
Hi Arnold
How does a newcomer get involved in this kind of shooting.
I am not ready yet, but would like to work towards shooting at your events.
Regards
Sean
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Sep 11, 2017 7:40 pm
by Arnold
Hi Sean
First thing is to get a 100m zero and practice shooting from the prone position.
Read read read and take it from there.
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Sep 11, 2017 8:10 pm
by JohanvB
Arnold kan jy dalk meer vertel waaroor dit gaan asb..
Dankie
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Sep 11, 2017 8:49 pm
by Heinz Petersen
JohanvB wrote:Arnold kan jy dalk meer vertel waaroor dit gaan asb..
Dankie
Jy moet kan wind lees en al geoefen het om bel afstande te kan skiet. Dit is nie ligte musiek nie.
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Tue Sep 12, 2017 6:22 am
by Andre308
JohanvB wrote:Arnold kan jy dalk meer vertel waaroor dit gaan asb..
Dankie
Vinnige opsommimg:
Skiet 2 mense in n span.
8 bane van 2 gongs per baan.
Elke skut skiet 2 skote per gong. Dus skut een skiet naby gong eers 2 skote, dan ver gong 2 skote. Spanmaat skiet dan selfde 4 skote.
Eerste skoot op gong is 15 punte, 2de skoot op gong 10 punte.
2 of 3 spanne skiet saam (ander score vir die wat skiet)
Afstande is 300 tot 1200 meter.
Afstande word gegee.
Groete
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Tue Sep 12, 2017 7:03 am
by Arnold
Dankie Andre
Ek is nogal verbaas en dankbaar vir die belangstelling en ondersteuning. Gister het daar 54 mense ingeskryf vir ons volgende kompetisie en ek moes reeds mense wegwys aangesien die inskrywings vol is.
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Tue Sep 12, 2017 10:34 am
by Gawie(13mm)
Ek was net so verbaas toe ek hoor ek is ook ingeskryf.
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Tue Sep 12, 2017 10:43 am
by Gian_dP
Andre308 wrote:
JohanvB wrote:Arnold kan jy dalk meer vertel waaroor dit gaan asb..
Dankie
Vinnige opsommimg:
Skiet 2 mense in n span.
8 bane van 2 gongs per baan.
Elke skut skiet 2 skote per gong. Dus skut een skiet naby gong eers 2 skote, dan ver gong 2 skote. Spanmaat skiet dan selfde 4 skote.
Eerste skoot op gong is 15 punte, 2de skoot op gong 10 punte.
2 of 3 spanne skiet saam (ander score vir die wat skiet)
Afstande is 300 tot 1200 meter.
Afstande word gegee.
Groete
Plus lekker groep skietbedonnerde mense wat nie omgee om nuwelinge te help nie, gladde reelings en lekker kuier na die tyd.
Arnold moet nog net paar "bullet proof" boute kry, dan kan hy meer focus op skiet as op "repairs"!
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Tue Sep 12, 2017 11:11 am
by Arnold
Gian_dP wrote:
Arnold moet nog net paar "bullet proof" boute kry, dan kan hy meer focus op skiet as op "repairs"!
Die kannone waarmee geskiet word maak van dit maar 'n sportsbesering
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Oct 23, 2017 10:27 am
by Andre308
Arnold en Christo,
Dankie vir die baie lekker skiet, en die bo baas venue van die naweek. Ons almal daar kon weereens die moeite sien wat daar in gegaan het!
Ek en Gerhard het 2 lekker spanne gehad wat saam met ons geskiet het en dit het die dag vir ons gemaak.
Groete
Andre
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Oct 23, 2017 11:02 am
by Gian_dP
Weereens baie lekker skiet en kuier gewees. Dankie Arnold/Christo en kie vir al die moeite en harde werk.
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Oct 23, 2017 11:17 am
by Arnold
Dit was lekker om daar te hê en 'n wonderlike dag te deel. Die dag het glad verloop en die 52 skuts het ook lekker vinnig klaar geskiet in 'n moeilike wind met lekker mirage wat dinge nie maklik gemaak het nie.
Ek het ook iets nuuts geleer ... hoe skiet jy as jou sneller breek, gebruik die safety
Vir 7 van die 8 bane skiet ek toe met my safety.
Voor my sneller ingegee het kon ek darem ook 'n paar skote inkry wat getel het.
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Oct 23, 2017 11:26 am
by Supacow
Het daar nie diere die koeels en lawaai trotseer om aan daai skietmat te kou nie?
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Oct 23, 2017 11:29 am
by Swede
Met watter geweer en kaliber het jy daar gskiet?
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Oct 23, 2017 11:31 am
by ruaanb
lekker manne daai klap op die plaat daar vêr is darem maar net lekker.
Re: XSSSA 21 Oktober
Posted: Mon Oct 23, 2017 2:05 pm
by Arnold
Supacow wrote:Het daar nie diere die koeels en lawaai trotseer om aan daai skietmat te kou nie?
Al ons skietpunte het sulke mooi groen gras maar die diere waag dit nie naby nie
Swede wrote:Met watter geweer en kaliber het jy daar gskiet?
Dit is 'n custom geweer in 260 Ackley en ek het die 147gr ELDM geskiet