Page 1 of 1
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Wed Aug 31, 2011 3:23 pm
by Geno
Dit is 'n duur affere.
Jou loop alleen sal jou R6k kos.
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Wed Aug 31, 2011 3:41 pm
by ArnoldM
Piet-Skiet,
Geno is heeltemal reg, die loop alleen gaan +R6000 kos. As jy .300 het, hou die ou poena net soos hy is, dan het jy 'n lekker bosgeweer en 'n lekker groot magnum ook, niks meer nodig nie....
Net my 2c....
Groete,
AM.
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Wed Aug 31, 2011 3:43 pm
by ArnoldM
Terloops, watse aksie is dit?
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Wed Aug 31, 2011 3:54 pm
by baboonstalker
Ek glo nie dit is die moeite of geld werd om na 6mm musgrave te herloop nie. Die kaliber laat nie 6mm tot sy reg kom nie en dan is jy gebind tot PMP doppe (duur) en baie beperk op herlaai komponente. Die 303 dop wat op die rim headspace het ook maar sy eie moeilikheid en dit sal werk kos om akuraatheid uit hom te kry.
Jy kan jou geld veel beter spandeer op 'n nuwe (243) geweer en die 303 hou vir waarvoor hy goed is.
my 2c
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Wed Aug 31, 2011 4:25 pm
by Danie Lombard .243
Ek stem heeltemal saam met Baboonstalker, 6mm Musgrave is maar vol probleme en is geensins bekend vir akkuraatheid nie. Hou die ou .303 net soos hy is soos Arnold se. Vir bos jag is daar darem nie 'n lekkerer kal as die ou .303 nie.
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Wed Aug 31, 2011 5:51 pm
by fanie17
Hou jou 303 en koop n nuwe Houwa 243,dit gaan minder kos as om 303 na 6mm te verander.Jy kan dan n scope koop met die res van die geld.
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Wed Aug 31, 2011 6:30 pm
by Jagtersdok
Bobejaan bekruiper is heeltemal reg
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Wed Aug 31, 2011 9:15 pm
by Jagtersdok
Die 6mm Musgrave is nie goeie 6mm kaliber nie.
Oom Ben het die ding gebou omdat baie manne oorskot Lee Enfield aksies gebou het en in plaas daarvan om 243 te gaan koop het hulle die omskakeling gedoen, maar die kaliber kan nie nastenby perform soos wat 'n 6mm moet nie. En hy laai moer moeilik om akuraad te kry
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 01, 2011 9:44 am
by Beyers
As jy wil he ek moet vloek dan bring jy een van daai goete na my om in te stel. Een in 10 sal dalk 'n 25mm groep kan skiet.
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 01, 2011 9:53 am
by Armand Steenkamp
Koop nuwe Howa 243 Varminter! Jy sal nog steeds onder 12k wegkom! En dan het jy n bul van n geweer!!
Groetnis
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 01, 2011 11:41 am
by Jagtersdok
Die ou wat hom aan jou verkoop het is seker 'n gunsmith, of is dit secondhand loop? want dan moet jy nog eers deur al die rooi tape gaan ag ek wil nie eers daaraan dink nie
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 01, 2011 11:49 am
by JACQUES BOTHA
PIET
is daar nog lope beskikbaar, en wt kos dit as ek mag vra...
hoe lank is ide loop en watter groefdraad het hulle?
Groete
JAcques
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 01, 2011 11:52 am
by Jagtersdok
Andries Moller
0825640426
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 01, 2011 12:00 pm
by Jagtersdok
Ja hy sal dit fit en doen baie goeie werk
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 01, 2011 3:07 pm
by Tiny
Oom Piet.. Ek skiet met 'n 6mm musgrave.. En ek weet daar gaan nou 'n paar manne nie saamstem nie.. Maar as ek kluis toe gaan is dit die 1ste roer wat ek uithaal.. Behalwe as ek gaan koedoe jag.. Ek skiet gereeld groepe van 15 tot 25mm.. Beste was 'n 11mm gewees.. Ek is baie tevrede met myne..
Groete
Tines
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 01, 2011 8:22 pm
by Tiny
Piet..
Ek vra nederig om verskoning.. Ek is 18 en se maar vir die meeste mense hier oom, omdat ek nie weet hoe oud almal is nie.. Ek skiet met 'n gewone ou Lee Enfield aksie..
Watse aksie het jy?
Groete
Tiny
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 01, 2011 8:24 pm
by Jagtersdok
Piet
Waar het jy regggekom?
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:49 pm
by Frikjordaan
Het kort gelede 'n 6 mm Musgrave met P14 aksie by Classic Arms se veiling gekoop, gedink dat dit my P14 versameling goed sal aanvul, en ook dat 'n mens met bietjie moeite redelike groeperings sal kan skiet
As ek die replies lees dan wonder ek of die P 14 aksie nie dalk 'n verskil kan maak nie.
Ek gebruik 'n 6mm Remington basies elke dag en is baie tevrede want dit groepeer mooi met 87 en 100 grein koe?lpunte.
Sal waardeer as iemand wat 'n 6mm Musgrave met P14 aksie gebruik laat weet wat is hul ervaring
dankie
Frik
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 08, 2011 5:51 pm
by fanie17
Ek het vandag n oproep gekry van n 6 mm Mus vir R4500 uit n boedel as daar belangsteling is
Re: Herloop na 6mm musgrave
Posted: Thu Sep 08, 2011 6:15 pm
by GERT vd M
Ek het ook so 6mm musgrave wat my nog net plesier gegee het. musgrave loop met p14 aksie, jy kan hom meer laai as die maksimum wat die tabelle aandui want die aksie is baie sterker as die lee enfield aksie . WEES NOGTANS VERSIGTIG. Baie belangrik--- sorteer die doppe volgens gewig!!!
GROETNIS
GERT