Page 1 of 1
Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?
Posted: Wed Aug 31, 2011 2:24 pm
by Ponkie
Manne
Ek wil graag my nuwe 22-250 saamvat Stellenbosch toe as dit moontlik is... Ek kan obviously nie die wapen in my koshuiskamer onder my bed wegsteek nie, so daarom wil ek graag hoor of dit enigsins moontlik sou wees??
Kan ek die wapen saamvat en by polisie laat stoor? Is dit veilig?
Kan ek die wapen nie dalk teen betaling by 'n wapenhandelaar stoor nie? (Safari is 'n klipgooi van my af

)
Kan die SAPS 'n permit of iets uitreik aan my dat ek dit dalk in 'n familielid in Stellenbosch se kluis mag stoor?
ns. Indien die topic al aangeraak is, verwys my net asb...
Groetnis
Ponkie
Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?
Posted: Wed Aug 31, 2011 2:47 pm
by Wismit
Ponkie wrote:Kan ek die wapen saamvat en by polisie laat stoor? Is dit veilig?
Jy kan ja, maar ek sal dit nie doen as ek jy is nie, hy gaan verniel word of selfs voete kry.
Ponkie wrote:Kan ek die wapen nie dalk teen betaling by 'n wapenhandelaar stoor nie? (Safari is 'n klipgooi van my af

)
Ja jy kan.
Ponkie wrote:Kan die SAPS 'n permit of iets uitreik aan my dat ek dit dalk in 'n familielid in Stellenbosch se kluis mag stoor?
Ja, `n SAP 539
Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?
Posted: Wed Aug 31, 2011 3:06 pm
by G-force
Baie maklik om stoor permit te kry.Al jou opsies sal moontlik wees.
Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?
Posted: Thu Sep 01, 2011 12:15 am
by Ponkie
Naand Manne
Kom nounet uit die veld. Die wind waai my weg! Net een ligsku jakkie raakgelig, maar hy het vinnig pad gegee. Wind was bietjie kwaai, so toe los ek maar, want my roepplek was ook nie na my sin nie.
Baie dankie vir die terugvoering, ek dink die familielid opsie gaan vir my werk!
Groetnis
Ponkie
Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?
Posted: Thu Sep 01, 2011 10:12 am
by FE
Ponkie, Bergings permite kry jy maklik by die polisie stasie. Dit is twee vorms wat jy moet invul. Een hou jy en die ander een stoor jy saam met jou wapen. Eintlik te eenvoudig na my sin. Het dieselfde gedoen met twee van my nuwe aansoeke, tot ek my lisensies gekry het. Die persoon by wie jy die wapens berg moet net 'n lisensie h?.
Re: Wat se Die Wet itv "stoor van 'n vuurwapen"?
Posted: Thu Sep 01, 2011 10:39 am
by Lourens
Ponkie ek stel voor jy probeer die bergingspermit opsie, dit behoort maklik te wees om te kry. Anders glo ek jy behoort 'n reeling by Safari & Outdoor te kan tref om die wapen te stoor, ek is seker hulle sal dit vir jou kan doen sonder probleme.
Groete,
Lourens