Page 1 of 1

Minimum toelaatbare kaliber?

Posted: Fri Jul 07, 2017 2:00 pm
by Bravo1
Dag manne

Ek wil graag aansluit by Kaapjag om rede ek meer ''teikenskiet'' wil beoefen.
Ek wil geensins te kompiterend deelneem nie en maar meestal interklub kompetisies en veldskiet byeenkomste bywoon .

Dit is al seker hier bespreek maar kan nie op so n bespreking afkom nie , so Ek wil graag hoor wat die minimum toelaatbare kaliber is wat n ou mee kan aanle by hierdie tipe geleenthede. Ek is wel bewus van die 222/223 tabelle, maar kan ek met 243Win skiet of is 6.5mm die minimum?

Ek luister graag.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Minimum toelaatbare kaliber?

Posted: Fri Jul 07, 2017 2:39 pm
by FHM
Ek sien nie op hulle werf enige kaliber beperkinge nie, maar jy kan die bestuur reguit kontak hierso ;)
http://www.kaapjag.co.za/management-team.aspx

Re: Minimum toelaatbare kaliber?

Posted: Fri Jul 07, 2017 2:56 pm
by Gian_dP
Sover ek weet is daar nie minimum calibers vir die CHASA skiete wat Kaapjag aanbied nie. Veldskiete is daar nie minimum calibers nie. Sover ek dit het is dit SA Jagters wat 6.5mm as minimum caliber het vir baie van hulle skiettabelle.

Re: Minimum toelaatbare kaliber?

Posted: Fri Jul 07, 2017 5:59 pm
by HJVisagie
.243 is fine. Ek skiet met een en baie manne skiet 22-250 ook.


HJ Visagie
Sent from my iPad using Tapatalk