Page 1 of 1
Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 6:34 am
by honda2
More mense,
Ek is duidelik bewus dat bande-voorkeur (soos geweer kaliber) n redelike persoonlike keuse bly. Maar... Ek moet n nuwe stel bande (al 4 bande) op my Hilux Double Cab 2.5 diesel sit. Ek ry 90% teer en 10% redelike grondpad. (Slegte offroad en proper 4x4 gebeur bitter selde).
Ek het tans n stel Pirelli Scorpion ATR op en het goeie "performance" en "mileage" (Omtrent 65 000km) van hulle gekry. Ek het n kwotasie op nuwe bande gekry v Goodyear vs Pirelli. Die Perelli's is so R300 per band meer. Nie n reuse verskil nie - maar tog...
Ek verkies 'n band wat sag loop, goed is met brandstof verbruik en natuurlik goeie traksie het.
Ek hoor graag wat julle dink.
Groete,
Cornelis
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 7:40 am
by Springkudu
Honda - Hier was nie te lank terug 'n in diepte gesprek oor bande, ek weet net nie hoe om 'n link te plaas nie. Soek maar net jy sal baie info daar kry. Moet sê 65k is nie so baie nie, daar is ander bande wat jou meer km (As jy na dit kyk) sal gee. Sterkte met die besluit!!
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 8:24 am
by DWB
Baie gelukkig met my Firestone Destinations.
Nou 'n sidewall puncture op 22000km gehad. Nuwe band op waarborg, R550 later...
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 8:41 am
by Springkudu
EK sal ook enige dag heeldag Firestone Destinations opsit, het baie goeie km uit hulle gekry, uitstekende band
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 8:51 am
by kudu375
Hi Honda,
Die pirelli se km's wat jy gekry het is nie sleg nie, ons sien gemiddeld 50-70000km op hulle, hang af van voertuig en aplikasie.
die nuwe Goodyear wrangler atsa adventure (met kevlar in die sywal) lyk sover nog goed. die vorige model se km's was net nie te watwonders nie, vernaam as mens baie grondpad ry, maar stil, goeie padhou vermoe etc..
na watse groote kyk jy en wat kwoteer die manne jou?
mooi dag
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 9:03 am
by ruaanb
daai Goodyear kevlar en die Bridgestone dueler is bekend vir "not round " issues wat beteken jy kan balanseer soos jy wil. net n paar honderd km verder dan hobbel etc dit weer.
Ek het my geld uitgewurg uit hulle en toe n stel kumho kl78 at opgesit. die eienaar van die plek beveel toe aan dat ek vir 3 weke die bande nooit laer as 2.5 bar ry nie om die "not round " issue te vermy. so gemaak en nooit probleme gehad nie. bakkie verkoop met 60k km op dasi bande en jy sou maklik nog 50k kon uit kry.
kumho het vir my uitstekend gevaar hier op ons nat kaapse paaie en is ook n lekker stil band.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 9:22 am
by Philip_R
Die Firestone Destination en Kumho bande kom met n 80k km waarborg. Ek het self n stel firestones klaar gery en dit is n uitstekende band.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 9:23 am
by Apie
Destination AT vir die wen. Daai All Road Hazard waarborg maak 'n verskil
Deuler AT ook altyd 'n staatmaker.
Sent per km help dit nie om te duur bande op te sit nie.
As jy een BF verloor op 40K km het jy altyd 'n baie duur 'odd one out'
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 9:30 am
by Stephan86
Oorweeg dalk die Michelin bande ook, die bakkie het nou al meer as 100 000Km op hul en daar is nog 'n klomp kilometers oor op hul. Hul is uitstekend vir teerpad met bittermin "road noise" en baie goeie pad hou vermoeë.
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 10:50 am
by honda2
Dankie manne - ek het verder gesoek en die lang bespreking gevind. Ja daar is BAIE keuses.
Bande is 205/80/R16
Die (min) kwotasies wat ek tot dusver gekry het is R2007 v die Perelli en R1399 vir die Continental.
Die continental het nogal breed "bad press" gekry so sal maar verby hou. My kop staan nou Firestone Destination se kant toe.
Dankie vir almal se raad! Wardeer!
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 12:38 pm
by Joe308
Bridgestone Duellers op n Hilux = wobble en balanseer nagmerrie. Sal nie weer Duellers koop nie....
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 4:29 pm
by OosKaapJagter
Dalk was ek net gelukkig met Bridgestone Duellers op my Fortuner. Die eerste stel het my 100 000 km gehou sonder probleme. Die tweede stel is nog op (203 000 km). Is daar goeie redes om nie 'n derde stel op te sit nie?
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 6:11 pm
by HJVisagie
honda2 wrote:Dankie manne - ek het verder gesoek en die lang bespreking gevind. Ja daar is BAIE keuses.
Bande is 205/80/R16
Die (min) kwotasies wat ek tot dusver gekry het is R2007 v die Perelli en R1399 vir die Continental.
Die continental het nogal breed "bad press" gekry so sal maar verby hou. My kop staan nou Firestone Destination se kant toe.
Dankie vir almal se raad! Wardeer!
Jy kan 205/80R16 Destinations by my koop vir R1580
HJ Visagie
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 7:45 pm
by Sean3006
I have Firestone Destinations on my Hilux as well and have no reason to fault them.
@ HJ Visagie. Verkoop jy bande? Of het jy net die een stel?
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 9:10 pm
by Sean3006
Here are the results of the All-Terrain Tyre Shootout taken from the June edition of Drive Out Magazine...[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201707 ... c0e397.jpg[/IMG]
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Nuwe bande
Posted: Fri Jul 07, 2017 9:52 pm
by Pappabeer
Joe308 wrote:Bridgestone Duellers op n Hilux = wobble en balanseer nagmerrie. Sal nie weer Duellers koop nie....
Dit kan ek beaam. Ek het 2x 2de handse Hilux bakkies met hierdie gemors op gekoop en het nog nooit soveel probleme gehad met wobble en pap wiele nie. Aan die ander kant het ek 105000km sonder een pap wiel op BFGs gekry. Angus op die forum het n bakkie van my met n ander stel gekoop wat ek glo nou nog hou, en my huidige bakkie het nou n stel op met so 20k km ook sonder probleme. Die hoeveelheid Cooper, Perelli, Dueler en Contis wat ek al vir ander manne geplug het op naweek jag trippies sal maak dat ek nie ooit weer iets anders as n BFG koop nie.
Re: Nuwe bande
Posted: Sat Jul 08, 2017 2:33 am
by Vleisie
Ek wil net vra, hoeveel grondpad ry julle manne gemiddeld om sulke kilo's uit band uit te kry?
Ek het nog net op my Kumho's meer as 50 000km uit 'n stel bande gekry en ek het al baie brands probeer, van duur BF's tot Firestone ATX'e en niks het gehou soos my Kuhmo's nie. Maar ek ry ook 90% grondpad en 10%(as ek gelukkig is)teer.
Anyway, my punt is soos vroer genoem dis soos geweer kaliber, elke ou het sy eie voor keer van wat die beste is.
Re: Nuwe bande
Posted: Sat Jul 08, 2017 8:42 am
by Springkudu
Vleisie - Die km wat ek op my bande gekry het was 90 teer en 10 grondpad, so jy kan seker nie die twee vergelyk, grondpad glo ek gaan jou tyre eet
Re: Nuwe bande
Posted: Sat Jul 08, 2017 8:46 am
by Pappabeer
60% teer 40% grond