Page 1 of 1

Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 10:18 am
by Shindzela (Pierre)
Goeie dag menere

Gou n vraagie, ek sien almal koop Boyds kolwe. Ek is nou nie n groot fan van gelamineerde kolwe nie en wil gaarg n mooi stukkie hout op my Howa sit. Het enige iemand al n kolf van Richards Microfit ingebring?

Soos ek dit uitwerk, kan ek n mooi stukkie hou by hulle kry vir +- R1300.0o geland by me adres. Dis bietjie baie beter as R6500.00 by n lokale geweer smit / kolf maker.

Ek hoor graag.

Pierre

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 10:24 am
by KSV
Pierre,

Boyds doen ook hout ma kan nie die prys onthou nie.

Dink die ouens sukkel so effens met die Richards se diens, se ma as ek verkeerd is.

Boyds het nie moeilikheid nie solank jou bestelling onder $100 dollars is sonder pos.

Maak mooi!
Hein

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 10:50 am
by Chrisjan
Richards se afwerking is baie swak. Jy gaan skuur lat dit klap en die inlet moet aanpas. 3 maande is die gouste wat ek gewag het van ricards.

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 10:55 am
by KSV
My vorige een was die 15de Mei verskeep uit NY en die 18de op ons dokke. Da wag jy seker amper 2 na 3 weke nog vir ons poskantore.

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 11:08 am
by Beyers
Hiers 'n paar mooi stukkies hout
Posgeld is $70 to $80
http://www.oldtreegunblanks.com/vault.php
Voeg daarby die maak van die kolf
Totaal R82000.00 vir die kolf

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 11:43 am
by spekieries
Blikkies maar daai 5 de blank op daai website is asemrowend Beyers!

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 12:00 pm
by BLOK
Daai hout is almal om van te drool, Pragtag met die mooiste kleure en patrone

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 12:25 pm
by Shindzela (Pierre)
Die probleem met die Boyds se walnut is dat dit oor die $100.00 is vor psogeld.
Die blanks is ook regtig mooi, maat ai Beyers R8200.00? EK kan nog n nuwe Howa gewwer gaan koop,OF die Smith & Wesson M&P waaroor ek nagmerries kry!
Vroulief is klaar bietjie skuuns met my oor die geweer goete, veral met die pienk voetjies wat oppad is, maar wat kan n man se "Boys and their toys!"

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 12:27 pm
by Beyers
Shindzela (Pierre) wrote: Die probleem met die Boyds se walnut is dat dit oor die $100.00 is vor psogeld.
Die blanks is ook regtig mooi, maat ai Beyers R8200.00? EK kan nog n nuwe Howa gewwer gaan koop,OF die Smith & Wesson M&P waaroor ek nagmerries kry!
Vroulief is klaar bietjie skuuns met my oor die geweer goete, veral met die pienk voetjies wat oppad is, maar wat kan n man se "Boys and their toys!"
R82000,00

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Wed Aug 31, 2011 8:41 pm
by baboonstalker
ek het reeds vir vroulief oortuig ek kan met een nier klaarkom.  Hoe gaan ek vir haar verduidelik sy kan ook?
Nou wat maak haar nier soveel meer werd as joune?....wag, moenie s? nie, ek wil raai....

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Thu Sep 01, 2011 7:32 am
by Beyers
Die stuk hout kos so naastenby R60 000
Ek is seker Rolls Royce vra nie R200 vir 'n diens nie

Re: Richards Microfit Gunstocks

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:48 am
by Jagtersdok
Hahaha