Page 1 of 1

Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Thu Jul 06, 2017 9:39 pm
by Willem Engelbrecht
Hallo julle.

Ek jag al van kleins af elke jaar maar het nou vir my my eie jag roer gekoop waaroor ek baie opgewonde is. 'n CZ550 30-06 Full stock. Baie mooi.

Ek moet nou vir my 'n teleksoop koop en kyk na die omgewing van R5,000 maar daar is net te veel om van te kies. Ek kan meer as dit ook spandeer maar nie sommer meer as R7,000 nie. Ek gaan die geweer gebruik vir jag. Karoo, kalahari, bos, dag en moontlik nag. Hy moet dus 'n goeie all rounder wees. Ek gaan nie regtig ooit kompetisie/baan skied nie.

Ek het deur 'n paar scopes by S&O en Wildman gaan kyk. Ek hou van 'n kruishaar wat mooi dik is en dan dun raak na die middel toe. Hou ook van 'n meer gladde classic look soos die meoptas.

Ek sal enige raad baie waardeer.

Baie dankie.

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Thu Jul 06, 2017 9:42 pm
by Dewitt
Kyk na daai teleskope wat Geno hier op die forum adverteer, ek hoor net goeie goed van hul.

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Thu Jul 06, 2017 9:54 pm
by BeesBreet
Ek stem saam met Dewitt. Die "Wildgame" scope wat Geno bemark boks ver bo sy prys!

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Thu Jul 06, 2017 9:57 pm
by Willem Engelbrecht
Jammer eks nuut hier. Wie/Wat is Geno?

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Thu Jul 06, 2017 10:18 pm
by Dewitt

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Fri Jul 07, 2017 11:08 am
by Diesel Dog

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Fri Jul 07, 2017 11:24 am
by Malan123
Ek het self 'n Wildgame en hy loop moo. Hierdie is ook nie slegte koop nie

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 60#p666478

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Fri Jul 07, 2017 11:31 am
by Pvdw
Willem ek sien jy sê nie van waar jy is nie. Doen jouself die guns en gaan loer ok na NIKON se Prostaff reeks. Vir jag is dit puik waarde. Ek het beide Prostaff en Monarch van NIKON en ek dink as jy rande met produk gaan vergelyk is die Prostaff beter waarde. Ek het 2 Prostaff 4-12x40 scopes en vir jag loop hulle mooi tot en met 300m.

Burris is ook hoog aan te beveel. Nou vir 5k gaan jy redelik reg kom met beide Burris en Nikon.

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Fri Jul 07, 2017 11:37 am
by Swede
Pvdw wrote:Willem ek sien jy sê nie van waar jy is nie. Doen jouself die guns en gaan loer ok na NIKON se Prostaff reeks. Vir jag is dit puik waarde. Ek het beide Prostaff en Monarch van NIKON en ek dink as jy rande met produk gaan vergelyk is die Prostaff beter waarde. Ek het 2 Prostaff 4-12x40 scopes en vir jag loop hulle mooi tot en met 300m.

Burris is ook hoog aan te beveel. Nou vir 5k gaan jy redelik reg kom met beide Burris en Nikon.
as jy kyk na die 4-12x40 klas scopes, dan is die Lynx LX2 4-12x40 ook goeie waarde!

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Fri Jul 07, 2017 11:37 am
by FHM
Onder R 5000 en dis n lekker glas die ;)
Lees hierso http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=57855

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Fri Jul 07, 2017 11:39 am
by QuQ
Kloppers are currently advertising a Nikon Monarch 3 on special at R4,500 - delivered.
It's usually R6k so I think it is well worth considering.

Edit to add attachment.

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Fri Jul 07, 2017 7:28 pm
by Pvdw
QuQ wrote:Kloppers are currently advertising a Nikon Monarch 3 on special at R4,500 - delivered.
It's usually R6k so I think it is well worth considering.

Edit to add attachment.
Wat wil jy nou meer!!!

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Fri Jul 07, 2017 7:51 pm
by 6mmMusgrave
Naand almal

Ek kan help met n Sig Sauer 3-9x50 Whisky 3 met n duplex kruishaar vir R3600 afgelwer.

Groete
Jacques

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Fri Jul 07, 2017 9:52 pm
by LoopSoosStroop
In daardie prysklas, Nikon for the win.

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Sat Jul 08, 2017 9:15 am
by Ashley
Ek stem saam met Nikon, soos bo genoem, in daai prysklas.
Albei my roere het Nikons op (Monarch &Prostaff) en ek is meer as gelukkig met hulle .
Ek het die Prostaff 2 jaar terug vir R3500 gekoop

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Sat Jul 08, 2017 12:49 pm
by Hein M.
Die Nikon is 'n goeie prys vir 'n baie goeie produk. 25 Jaar waarborg ook. Jy kan nie verkeerd gaan hier nie.

Het my Monarch al vir 6 jaar en hy loop mooi.

Mooi naweek!

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Sat Jul 08, 2017 4:17 pm
by karoo.vellies
Lynx LX2 3-9x40, uitstekende scope met net sulke goeie plaaslike ondersteuning.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Sat Jul 08, 2017 9:23 pm
by Tikka_25-06
Jy kan Gerus kyk na die Vortex Diamondback 3.5-10x50 in daai prysklas.

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Sun Jul 09, 2017 8:16 am
by joe rocket
Koop 2 Wildgame scopes vir R 5000. Of een dan het jy geld oor vir ordentlike ringe.

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Sun Jul 09, 2017 12:51 pm
by Willem Engelbrecht
Baie dankie vir al die terugvoering. Ek gaan deur die teleskope gaan kyk. Is dit nodig om groter vergroting te oorweeg? Rakende die kwaliteid van die Wildgame scopes, het iemand al die teleskope vir 'n ruk? Bly hy in nadat hy bv 'n paar stampe weg het en 'n ruk in die kluis gestaan het?

Re: Scope in die omgewing van R 5,000

Posted: Sun Jul 23, 2017 1:52 pm
by Wingnut
Goeie middag,

Kyk dalk na die Bushnell Trophy Xtreme modelle. Redelik nuut op die mark. Die DOA600 reticle nogal baie nice. Pryse rofweg in die omgewing van R5700. Kry ook n IR model in hom. Dink hy is so +/-R7000. Hyt n 30mm tube so sal dalk net mounts in gedagte moet hou.

Groete