POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Het gister gaan skiet op 300m om my geweer se elevasie reg te kry vir eerskomende saterdag se SA Jagters skiet. Ek het die vorige naweek dit ingestel op 200m met die bipod van die tafel af. Ek het van die le posisie geskiet gister, daar was geen wind om van te praat nie en ook nie mirage nie omrede ek vroeg gaan skiet het. Al my skote is ten minste 3-4 duim regs gewees. Kan die POI so baie verskil as gevolg van die feit dat ek gele en skiet?
And as thy days, so shall thy strength be
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Op die tafel hop die bipod, ek klamp n plank vas op die tafel en laai die bipod se bene teen die plank. As jy nie die bipod laai nie gaan jou trefpunt verskil. Daar is verskeie videos op YouTube wat dit illustreer.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
So dus seker net oefen om die tegniek reg te kry 
And as thy days, so shall thy strength be
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Nog iets wat ons baie mis kyk is dat ons teleskope se parralaks verstelling korrek is.
Jou oog se "invals hoek" verskil van posisie tot posisie soos jy agter die geweer sit of dan lê.
Bly die kruishaar op die korrel punt wanneer jy jou kop agter die teleskoop beweeg?
Jou oog se "invals hoek" verskil van posisie tot posisie soos jy agter die geweer sit of dan lê.
Bly die kruishaar op die korrel punt wanneer jy jou kop agter die teleskoop beweeg?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Gawie, ek moet eerlik wees dit is die eerste keer dat ek so le en skiet met 'n bipod, dit was nogals ongemaklik gewees. Ek het die bipod probeer laai, dan gesukkel met eye relief, en dan nog konsentreer op die kruishaar en sneller. So ja dit kon ook paraalaks gewees het met al die ander "probleme" wat ek ondervind het. Maar ek glo as ek net 'n bietjie tyd op die grond in kry sal ek regkom. Met al my gesukkel het ek vir die eerste keer in my skiet lewe ook my scope van nader af leer ken, die blou merkie loer vir my vanoggend in die spieelGawie(13mm) wrote:Nog iets wat ons baie mis kyk is dat ons teleskope se parralaks verstelling korrek is.
Jou oog se "invals hoek" verskil van posisie tot posisie soos jy agter die geweer sit of dan lê.
Bly die kruishaar op die korrel punt wanneer jy jou kop agter die teleskoop beweeg?
And as thy days, so shall thy strength be
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Hierdie is belangrik, afhangend van jou sit en lê posisie, gaan die hoek waarteen jy deur die teleskoop kyk, in 'n mindere of meerdere mate verskil tussen bench en prone en gaan dit veral op die langer afstande 'n verskil maak in jou POI. Ek ervaar dit meer in die elevasie as links en regs, maar dit maak tog 'n invloed.Gawie(13mm) wrote: Jou oog se "invals hoek" verskil van posisie tot posisie soos jy agter die geweer sit of dan lê.
Aim small, miss small
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Eugene, ek dink ook dat die gewone jaggeweer se kolf ook nie die beste is nie, jy sukkel met konstante cheek weld as gevolg aan die gebrek om dit te kan verstel. (ek is maar huiwerig om my Sako se kolf gate in te boor om so wangstuk op te sit), hoe se hulle , "make the best out of a bad situation".Eugene wrote:Hierdie is belangrik, afhangend van jou sit en lê posisie, gaan die hoek waarteen jy deur die teleskoop kyk, in 'n mindere of meerdere mate verskil tussen bench en prone en gaan dit veral op die langer afstande 'n verskil maak in jou POI. Ek ervaar dit meer in die elevasie as links en regs, maar dit maak tog 'n invloed.Gawie(13mm) wrote: Jou oog se "invals hoek" verskil van posisie tot posisie soos jy agter die geweer sit of dan lê.
And as thy days, so shall thy strength be
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Bipods se bene buig vorentoe na die loop toe. As jy dus die bipod laai moet jy die geweer terug trek teen jou skouer. Ek sit die bipod verkeerdom op die geweer sodat sy pote agtertoe knak. Ek laai dus die bipod deur vorentoe druk uit te oefen. Vir my werk dit beter.
Kommentaar???
Kommentaar???
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Watter tipe tweepoot gebruik jy maat?wlm wrote:Bipods se bene buig vorentoe na die loop toe. As jy dus die bipod laai moet jy die geweer terug trek teen jou skouer. Ek sit die bipod verkeerdom op die geweer sodat sy pote agtertoe knak. Ek laai dus die bipod deur vorentoe druk uit te oefen. Vir my werk dit beter.
Kommentaar???
Al die modelle waarmee ek al gewerk het, laai jy deur in die geweer "in te lê". Selfs my nuwe kolf se ingeboude twee poot wat na agter invou, soos 'n R4 s'n, sluit positief sodat ek hom na vore kan laai.
So nie is hy verkeerd om op jou roer.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Ek het Woensdag die eerste keer my 270 met 'n bipod op 200m geskiet en dit het dieselfde poi gehad as wanneer ek van van 'n sak af skiet. Ek het dit vorentoe gelaai soos wat ek gelees het dit moet wees. Wanneer jy dit agtertoe laai hop dit blykbaar meer. Ek kan nie rede daarvoor in detail onthou nie. My groep was ook kleiner met die bipod as van die sak af.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Deur reguit agter die geweer te lê, word die terugskop reguit in lyn met jou ruggraat deur jou hele liggaam geabsorbeer. Die geweer beweeg dan nie deur 'n hoek soos wanneer jy skuins met jou bene gevou lê agterdie roer nie. Daai styl het ons almal verkeerdelik aangeleer in die weermag of by die Bisley manne wat later eers met teleskope begin skiet het. Dit is die voordeel van 'n gaatjie visier. As jy nie jou teiken kan sien nie, is jy nie op teiken nie.Giepie wrote:Ek het Woensdag die eerste keer my 270 met 'n bipod op 200m geskiet en dit het dieselfde poi gehad as wanneer ek van van 'n sak af skiet. Ek het dit vorentoe gelaai soos wat ek gelees het dit moet wees. Wanneer jy dit agtertoe laai hop dit blykbaar meer. Ek kan nie rede daarvoor in detail onthou nie. My groep was ook kleiner met die bipod as van die sak af.
Dit is makliker om 'n tweepoot konstant na voor te druk as om dit terug te trek. Dit is een van die fundamentele hoekstene van akkurate skiet vernuf. Konstandheid in alle opsigte.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
Ek was so mooi reguit agter die geweer dat die scope my tussen die oe gebyt hetGawie(13mm) wrote:Deur reguit agter die geweer te lê, word die terugskop reguit in lyn met jou ruggraat deur jou hele liggaam geabsorbeer. Die geweer beweeg dan nie deur 'n hoek soos wanneer jy skuins met jou bene gevou lê agterdie roer nie. Daai styl het ons almal verkeerdelik aangeleer in die weermag of by die Bisley manne wat later eers met teleskope begin skiet het. Dit is die voordeel van 'n gaatjie visier. As jy nie jou teiken kan sien nie, is jy nie op teiken nie.Giepie wrote:Ek het Woensdag die eerste keer my 270 met 'n bipod op 200m geskiet en dit het dieselfde poi gehad as wanneer ek van van 'n sak af skiet. Ek het dit vorentoe gelaai soos wat ek gelees het dit moet wees. Wanneer jy dit agtertoe laai hop dit blykbaar meer. Ek kan nie rede daarvoor in detail onthou nie. My groep was ook kleiner met die bipod as van die sak af.
Dit is makliker om 'n tweepoot konstant na voor te druk as om dit terug te trek. Dit is een van die fundamentele hoekstene van akkurate skiet vernuf. Konstandheid in alle opsigte.
And as thy days, so shall thy strength be
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
As jou scope paralaks verstelling het spandeer tyd en dail beweging 100% uit. Daarna sal jou groepe nader aan mekaar wees uit verskillende posisies. Laai jou bipod anders is kans goed jy mors ammo en soek fout op verkeerde plek. Dry fire ook op daai 200-300m teiken en kyk waarheen hop die kruis. Dit kan ook 'n idee gee hoekom impak punt verskil.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: POI van bipod(prone) teenoor POI bipod van tafel af
My RSA se POI verskil byna 'n volle MOA met en sonder die bipod.
As ek die bipod opvou en op sandsak skiet en as ek bipod afhaal en dan oor sandsak skiet is die POI ontrent so half minuut laer.
Sent from my D5803 using Tapatalk
As ek die bipod opvou en op sandsak skiet en as ek bipod afhaal en dan oor sandsak skiet is die POI ontrent so half minuut laer.
Sent from my D5803 using Tapatalk