Page 1 of 1

Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Jul 03, 2017 3:06 am
by Leroi
Hi almal

Ek het onlangs GRS Berserk kolf vir my Howa 22-250 gekry. Ek wil net by julle manne hoor van julle dalk n verbetering in akuraatheid ervaar het nadat die kolf gebed is.

Ek het twee skietmaats wat ook die kolf het, onderskeidelik op n Tikka en n Remington 700, die een is gebed en die ander nie en hulle altwee skiet baie indrukwekkend.

Ek sal julle insette waardeer.

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Jul 03, 2017 7:07 am
by HJVisagie
Ek het ook een sal ook graag wil weet


HJ Visagie
Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Jul 03, 2017 7:20 am
by Gawie(13mm)
Met 'n nuwe kolf is daar altyd 'n paar vereistes waaraan die platform moet voldoen.
1. Lyn die gate in die kolf vir die aksie skroewe, op met die aksie en die vloerplaat?
2. "Ry" die aksie, of die vloerplaat in die nuwe kolf? Maak die agterste skroef eerste liggies vas en trek dan die voorste skroef vas. Indien die gaping tussen die loop en die voorpunt van die kolf, tydens die operasie met meer as 3 mm verskil, sou ek sê dat hy "ry".
3. Maak die terugskop-nok 100% kontak met die nodige dravlakke in die kolf?
4. Is daar staal of aluminium pilare in die kolf en indien wel; is die gate se deursnee, meer as 8mm?

Indien enige van jou antwoorde nee is, sal ek die kolf bed.
Onthou net, die meeste kolwe is gemaak om 'n wye spektrum van toleransies te dek.

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Jul 24, 2017 10:57 am
by Leroi
Hi Julle

Ek wil net so bietjie terugvoering gee oor my ondervindinge;

Ek het die naweek my lading gaan bevestig voor die Vrystaat Veldskiet Ope, ek skiet n 75 VLD teen so 3270 en as hy hier naby kusvlak werk sal hy in die binneland teen hoer elevasie ook mooi werk uit my 9 twist.

So ek skiet toe die volgende groepring op 200m:
Berserk.jpg
Ek was nie baie gelukkig met die resultate nie en in oomblik van desperasie besluit om gou die Eurovarmint was geglass en pillar bed is op te sit en die resltate was as volg:
Eurov.jpeg
So ek sal nou maar die GRS ook bed en hoop om dieselfde resultate te kry.

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Aug 28, 2017 5:30 pm
by Leroi
Weet enige van julle wyse manne of epidermix aan die plastiek van die grs kolf gaan kleef?

Hoor graag van julle

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Aug 28, 2017 6:09 pm
by Gawie(13mm)
Ek weet vir 'n feit dat Steenvas werk op die GRS Beserk kolf.
Ek het laasweek Heinds s'n gedoen.//uploads.tapatalk-cdn.com/20170828/ab833a4f844331c321b8566444f7b9e1.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170828/3140b156408b1eb3e0007e0338748af2.jpg

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Aug 28, 2017 6:51 pm
by savage(P Coetzer)
My t3 se beserk het vir my n horisontale spread gegee nadat ek die ou laminate grs met hom vervang het. Het daai gemors plastic pillars laat uithaal en alluminium pillars in hul plek gesit en geglass bed. Nou skiet hy weer 8mm op 200m as ek kop hou.

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Aug 28, 2017 6:53 pm
by Leroi
Waarmee het jy hom gebed savage?

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Aug 28, 2017 7:04 pm
by savage(P Coetzer)
Jy vra my vas. Sal by my vriend uitvind wat hy gebruik. Sal tien teen een epidermix of iets soort gelyks wees

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Mon Aug 28, 2017 9:13 pm
by LUAN
So duur kolf en dan kom hy met plastic pillars ai

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Tue Oct 03, 2017 1:08 pm
by Swede
Gawie(13mm) wrote:Ek weet vir 'n feit dat Steenvas werk op die GRS Beserk kolf.
Ek het laasweek Heinds s'n gedoen.//uploads.tapatalk-cdn.com/20170828/ab833a4f844331c321b8566444f7b9e1.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170828/3140b156408b1eb3e0007e0338748af2.jpg
Gawie, hoeveel materiaal het jy verwyder voor jy die steenvas gegooi het, dit lyk vir my nie baie nie.

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Tue Oct 03, 2017 1:14 pm
by Gawie(13mm)
Swede, ek vat my "Dremel" en maak die oppervlakke waar ek die Steenvas gaan aanwend effens grof. Ek verwyder feitlik geen materiaal wat die kolf sal verswak nie.

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Tue Oct 03, 2017 1:55 pm
by Apie
Gawie

Rakende die pillars.

Is die rede hoekom die gate minstens 8mm groot moet wees sodat die aksie skroewe nie aan die pilare raak nie? Menende van die terugskop deur die pilare gedra word ipv die recoil lug
Slegs recoil lug moet die terugskop absorbeer?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Tue Oct 03, 2017 2:10 pm
by Gawie(13mm)
Apie wrote:Gawie

Rakende die pillars.

Is die rede hoekom die gate minstens 8mm groot moet wees sodat die aksie skroewe nie aan ie pilare raak nie? Menende van die terugskop deur die pilare gedra word iov die recoil lug
Slegs recoil lug moet die terugskop absorbeer?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Nee maat. Die maksimum binne deursnee moet verkieslik nie groter as 8mm wees nie.
Die rede daarvoor is sodat die aksie skroewe nie die materiaal van die snellerbeul verwring en in die gate "optrek" nie. Dit is een van die min swak plekke op 'n standaard Howa geweer.

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Sun Sep 23, 2018 8:02 am
by Ters Hickman
More Manne,

Wie in Gauteng sal julle aanbeveel wat my kan help om my GRS Berserk kolf te bed...of is daar iemand hier wat kan help?

Dankie
Ters

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Sun Sep 23, 2018 10:18 am
by Karoo-jagter
Ek is baie tevrede met my Berserk op my Howa 22-250 nes hy is, het hom volgens aanbevele spesifikasies getorque en net gegaan. Gister het ek en my broer elk 3 skote met hom op dieselfde teiken vanaf 100m geskiet. Ek het gelê met die bipod en hy het gesit en skiet van 'n 3 poot af. Is net die 1 skoot wat bietjie verdwaal het, is n flyer of die moer agter die roer gewees. [IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201809 ... 3bce1b.jpg[/IMG]

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Bedding van GRS berserk kolf

Posted: Tue Sep 25, 2018 8:27 pm
by Ters Hickman
Baie netjies!