Page 1 of 1

My langste doodskoot.

Posted: Sun Jul 02, 2017 5:39 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het gou by Beesbreedt hier op Jaracal, 'n draai gaan maak vroeg saterdag oggend. Die Howa was per ongeluk ingepak, maar ek was lanklaas by 'n herlaai tafel en het net paar rondtes beskikbaar gehad.
By sy pragtige plaas gekom, het ons gou paar draaie gaan ry en by sy 1200yds gongbaan gestop....
Die Howa het deesdae so 2.5-10 x 50 WildGame bril op en 200yds was darm nie 'n probleem nie, geweer is immers op 200m ingeskiet.
300yds was bietjie bo gemik en het gelui.
400yds het my uitgevang en moes ek eintlik 40cm hoog vat, maar was onderdeur...draai toe gou aan die turret en Dewald lui toe die 400yd easy peasy....daai budget scopie is bitter helder en ons wou verder gaan, maar Erhard waarsku ons om koelle oor te hou vir dalk 'n bojaan wat op die ander plaas amok saai. Ons het 4 oorgehad en onmiddelik met 'n veilige roer die pad gevat.

Die tweede plaas is net so asemrowend en daai Natal Midlands sien my sommer gou weer.
Ons is agter om n dam maar kon geen Kese vind nie. Die voorbrand in die berg in op was ook nog vars en dit was moeilik om enige lewe te sien.

Maar toe blaf Kees mos, ons is weer op, ander hek in, oor slote, biki 4x4 en stop toe weer voor die berg...net betyds om te sien hoe die trop oor die eerste kruin beweeg...Erhard het gou gerange op 480yds en Dewald het net net voor die jaan vasgeskiet...sy hold over was net te min, daar was nie tyd gewees om turrets te draai nie.

Daar kom te 'n gawe blaf van links, maar die kese was toe kwaai vêr al, maar daars mos altyd die ou agteros. Die kees word to gerange op 566yds en ek gee daai scope 31clicks,eerste skoot was net oor haar rug/kruis en sy bly toe maar redelik rustig. Tweede skoot was oppi regter agterbeen en ek besef toe eers daars 'n effense bries van regs. Ek hou toe maar so 3/4 foet regs en sit daai v-max op die blad. Net daar gee Kees toe die gees en ons is te voet boontoe, bietjie kikis gevat en weer laat range op die plek waar sy geskiet is. 520m
Ja, n ou voel sleg oor daai eerste been skoot, dis onnodige pyn en leiding vir die dier maar gelukkig was die tweede skoot goed.
Manne, daai scope loop mooi. As jy nou kort vir groot geld is, kan jy gerus met Geno gesels oor so scope, perfek vir bakkie geweer en as 'n stand-by scope, dalk vir jou kind of vrou se eerste roer.
Ek is voorwaar nie 'n goeie skut nie, maar daai scope gaan nie jou naam tottie maak tot by 500m nie.
Danki aan Erhard hulle en sy gasvryheid, vinnige optredes en kennis van sy veld en diere

Cheers

Re: My langste doodskoot.

Posted: Sun Jul 02, 2017 8:48 pm
by Ashley
Baie geluk Cobus
500m raak skoot is uitstekend.
Wel gedaan

Re: My langste doodskoot.

Posted: Sun Jul 02, 2017 11:07 pm
by Hein (Haan)
Groot skoot lekker Cobus


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: My langste doodskoot.

Posted: Fri Jan 25, 2019 10:20 am
by JBS
Hier gaan n man maklik klink of hy spog!! :-X

Ons plase is in die Oos Vrystaat geleë, in die Clarens omgewing. Vir die afgelope 6 jaar het ons n kompetisie aan tussen bobbejaan jagters vir die verste skoot.

Reëls is as volg:
1) Koue loop skoot (2de skote tel nie)
2) Bobbejaan moet onbewus van jagter wees
3) Skoot moet op kamera wees (sterk vergroting om skoot te sien tref)
4) Moet die bobbejaan kry (bevestig doodskoot)

Daar was al verskeie trefskote van verder as 1000m met mooi video's en goeie bloed......maar geen karkas.

Op die huidige oomblik is die rekord skoot wat voldoen aan ons "reels" 876m.
Die kaliber was 'n 308Win met 155gr Berger VLD punte. (Seker dit gaan 'n paar 6,5mm eienaars nou veld toe jaag)

As ek dit reg onthou is die 260 in 2de plek met 'n 690m (dit was 'n kopskoot en die skut weier om te vertel waar hy gemik het! 8) )

Re: My langste doodskoot.

Posted: Fri Jan 25, 2019 10:57 am
by Capt. Yoda
Ah die 308Winmoor, hy is mos n wildcat van die 6.5Needmoor?

Re: My langste doodskoot.

Posted: Fri Jan 25, 2019 3:05 pm
by HoggerNaut
Capt. Oblivious wrote:Ah die 308Winmoor, hy is mos n wildcat van die 6.5Needmoor?

Hahahahahaha.
Brilliant, ek gaan dit steel.

Re: My langste doodskoot.

Posted: Fri Jan 25, 2019 3:30 pm
by Plaashaas
Capt. Oblivious wrote:Ah die 308Winmoor, hy is mos n wildcat van die 6.5Needmoor?
Laat T Shirts maak! Ek order 1st

Re: My langste doodskoot.

Posted: Sat Jan 26, 2019 9:44 pm
by joe rocket
Plaashaas wrote:
Capt. Oblivious wrote:Ah die 308Winmoor, hy is mos n wildcat van die 6.5Needmoor?
Laat T Shirts maak! Ek order 1st

Ek order 20!