Page 1 of 1
243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 8:11 am
by Henlo
More almal, ek het n savage lrp 243 wat baie mooi skiet met 87 vmax punte, teen 3235 fps. Ek het nou n pakkie 105 gr amax punte gekoop nadat baie ander manne regkom met hulle, ek het gister op rooikraal gaan skiet om spoed te kry, ek skiet toe in 0.5 gr inkrimente en sommer die tweede lading kry ek n mooi groep, ek ry toe terug huis toe en gan laai nog van die patrone wat mooi geskiet het, en sommer so paar van dieselfde lading met verskillende tpl, terug op die baan waai die wind lelik en ek sit my teiken op 200m. Toe skiet dieselfde lading amper die teiken vol, ek het n paar idees oor wat dit kan wees maar ek wil graag hoor wat julle manne dink fout is
Re: 243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 8:32 am
by tripodmvr
Jy het daardie skote op verskillende tye van die dag geskiet en omstandighede het baie verander. Daar is nodes wat baie vlak is en 'n klein spoedverskil kan jou van die node afvat (warmer weer laat dryfmiddel vinniger brand) Die wind wat aan jou as skut ruk en pluk verseker ook nie topresultate nie. Ek dink darem jy sou die springbok kon gebruik vir biltong - al die skote pas op 'n blad.
Re: 243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 8:47 am
by Henlo
Spoed op die chrony was tussen 2904 en 2914, sou oom voorstel ek laai weer so en skiet op n dag met beter weer?
Re: 243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 9:07 am
by Ben
Henlo wrote:More almal, ek het n savage lrp 243 wat baie mooi skiet met 87 vmax punte, teen 3235 fps. Ek het nou n pakkie 105 gr amax punte gekoop nadat baie ander manne regkom met hulle, ek het gister op rooikraal gaan skiet om spoed te kry, ek skiet toe in 0.5 gr inkrimente en sommer die tweede lading kry ek n mooi groep, ek ry toe terug huis toe en gan laai nog van die patrone wat mooi geskiet het, en sommer so paar van dieselfde lading met verskillende tpl, terug op die baan waai die wind lelik en ek sit my teiken op 200m. Toe skiet dieselfde lading amper die teiken vol, ek het n paar idees oor wat dit kan wees maar ek wil graag hoor wat julle manne dink fout is
Soos Oom Marius se verskille in toestande kan virseker ook n inpak he.....
Daai lyk v my soos n kombinasie mirage, bietjie wind, en dan jy as skut wat dalk effens haastig is en dalk het jy tweede aflos bitejie jou liggaams posisie effens verander.
Re: 243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 9:11 am
by tripodmvr
Henlo wrote:Spoed op die chrony was tussen 2904 en 2914, sou oom voorstel ek laai weer so en skiet op n dag met beter weer?
Sonder om die data deur QL te laat loop gaan ons nie weet of jy op 'n node is nie.
Re: 243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 9:15 am
by Henlo
Sal later as ek bydi huis kom al die data opsit om te sien
Re: 243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 4:56 pm
by Henlo
Die data wat ek verkry het was as volg:
Loop lengte 663mm
Sako doppe met volume van 54 gr
S365 lot 85
Cci 200 primers
70, 38mm tpl
105 gr hornady amax koeels
geskiet:
38 gr . - 2878, 2873, 2869 fps
38.5 gr - 2901, 2906, 2893 fps
39 gr- 2923, 2930, 2921 fps
39.5 gr - 2957, 2942, 2948 fps
ek het toe weer gelaai met 38, 5 gr met verskillende tpl's en weer geskiet
70,38 mm tpl -2907, 2902, 2904, 2914, 2909 fps - hierdie is op 200m geskiet en dit is die foto bo aan die thread.
70,65 mm tpl- 2906, error, 2903 fps
69,95 mm tpl- 2909, 2921, 2907 fps
Re: 243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 5:22 pm
by Andre308
Henlo, wat is die twist op daardie Savage van jou?
Re: 243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 5:52 pm
by Henlo
Hulle se 1 in 9.25 sal biki sel meet en terugvoer
243 kopsmokkelery
Posted: Thu Jun 29, 2017 10:59 pm
by SakoTrippel2
Ek het ook lank die Amaxe geskiet....sy "sweet spot" is 2930fps......ek weet herlaai is nie koekbak resepte uitruil nie en elke geweer verskil.....Myne het baie mooi geskiet en Nico Harris (search Eerste keer op 1000yds met die 243) het hulle met groot sukses geskiet.
Die twist is voldoende.
Die groot verskil in groepe kan ek ook nie heeltemal verklaar nie....my geweer het eers konstante klein groepe 0.5Moa of kleiner begin skiet na 400 skote...moet ook nie te veel skool maak nie. Hy hou van hom vuil...self ervaar.
Hoop jy kom reg..baie lekker all-round koele.
Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.
https://r.tapatalk.com/shareLink?share_ ... are_type=t