Page 1 of 1

CZ .308 Varmint lading hulp asb

Posted: Wed Jun 28, 2017 8:45 pm
by deserthuntr
Goeienaand. Kan julle my asb help met 'n node vir die volgende:
CZ 550 Varmint .308
Twist 1:12
Looplengte 25.63"
Lapua dop H2O 55.5gr Lengte: 51.1mm
PMP 168gr punte
S335 Lot 718 -0.5% dev
CCI 200 primers
TPL 70.8mm (TPLmax = 72.0mm)
Lading Gem Spoed fps was by 15grade Celcius
39gr 2401
40gr 2493
41gr 2585
42gr 2603

Enige hulp sal baie waardeer word, by voorbaat baie dankie.

Ian

Re: CZ .308 Varmint lading hulp asb

Posted: Wed Jun 28, 2017 9:03 pm
by Springkudu
Jammer, ek kan nie help nie, wil net sĂȘ daai roer wat jy daar het laat my hart vinniger klop, het hom so 2 weke terug by S&O uitgekyk, hy is verseker op my whishlist. Sterkte


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: CZ .308 Varmint lading hulp asb

Posted: Thu Jun 29, 2017 8:30 am
by deserthuntr
Springkudu, dit is 'n lekker roer. Het 3 jaar by my my gespook tot ek finaal ingegee het... Jy sal nie spyt wees nie.

Re: CZ .308 Varmint lading hulp asb

Posted: Thu Jun 29, 2017 8:59 am
by Swede
deserthuntr wrote:Goeienaand. Kan julle my asb help met 'n node vir die volgende:
CZ 550 Varmint .308
Twist 1:12
Looplengte 25.63"
Lapua dop H2O 55.5gr Lengte: 51.1mm
PMP 168gr punte
S335 Lot 718 -0.5% dev
CCI 200 primers
TPL 70.8mm (TPLmax = 72.0mm)
Lading Gem Spoed fps was by 15grade Celcius
39gr 2401
40gr 2493
41gr 2585
42gr 2603

Enige hulp sal baie waardeer word, by voorbaat baie dankie.

Ian
Ek het die 41gr lading gebruik om te kalibreer. Ek neem aan dat hierdie spoed metings by die tromp gemeet is. Jy soek 2570 vps by die tromp teen 40.7gr by omtrent 50213 psi . Die volgende hoer node is nie haalbaar as gevolg van druk.

Laat asb iemand anders soos Oom Driepoot ook kyk

Re: CZ .308 Varmint lading hulp asb

Posted: Thu Jun 29, 2017 1:33 pm
by deserthuntr
Baie dankie Swede. Die spoed is 3 tree van die loop se punt af gemeet, is dit reg so?

Re: CZ .308 Varmint lading hulp asb

Posted: Thu Jun 29, 2017 1:40 pm
by Swede
deserthuntr wrote:Baie dankie Swede. Die spoed is 3 tree van die loop se punt af gemeet, is dit reg so?
Die norm is 5m weg van die tromp dan skakel jy enige gasse uit wat die lesing maag beinvloed. Dit is ook raadsaam om elke keer die chrony op dieselfde afstand van die tromp te sit en seker te maak dat dit waterpas is en dat jy elke keer dieselfde hoogte deur die chrony skiet.

Re: CZ .308 Varmint lading hulp asb

Posted: Fri Jul 21, 2017 2:59 pm
by henkva
Goeie dag deserthuntr, ek skiet self die CZ550 varmint in 308. my doelwit is om 1MOA op 1000y te skiet, dus het ek al bietjie aandag aan lading ontwikkeling ge doen. Ek is geensins 'n quickload fundi nie maar as ek die optimal barrel time en quickload se barrel time soos verduidelik deur Kassie Nienaber dan is my hoogste Node op 2630fps (die volgende een is nie haalbaar nie).
ek het eers 168gr sierra match kings ge skiet gelaai met S335, maar dit het vir my soos 'n mors gevoel om hulle so stadig te skiet.

Ek het ook S355 (Lot11) probeer en dit het vir my BAIE beter gewerk as S335. Ek kon hoer spoed haal met beter dop vulling en verbranding met heelwat laer druk.

Ek het nou Nosler RDF 175gr punte wat ek een rondte lading ontwikkeling mee gedoen het met S355. My spoed is op die node volgens QL maar nog nie veld toetse ge doen om te bevestig nie.

Ek sal net moet gaan seker maak presies wat my data is dan sal ek dit vir wat dit werd is hie deel.