Page 1 of 1
43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 12:50 pm
by foxripper
Blykbaar is dit in Kongo
[img width=318 height=480]
http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... IERVIS.png[/img]
Re: 43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 12:55 pm
by henried
Dit kan die "goliath tiger fish" wees.
Re: 43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 1:11 pm
by Kalahari
Bergh
Stem saam met henried, as die vis in Kongo gevang is , is dit def die goliat van die tiere. Het al 'n dokumenter op tv gesien van die groot tiere in die kongo.
Groete
Kalahari
Re: 43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 1:13 pm
by spekieries
As dit in die Kongo rivier is en hy is so groot kan dit net die "Goliath Tiger" wees!
Jinne manne ek dink so bul van 'n vis kan gelyk gestel word aan 'n 57 " koedoe.
Re: 43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 1:13 pm
by foxripper
Het reeds vanmore vir my nog n tiervis stok gaan koop, gaan so oor n maand kyk of ek ook so grote in die Zambezi kan uithaal. :P
Re: 43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 1:15 pm
by foxripper
Spiekeries, 57" Kudu is n under statement, ek sou se eerder n 65" Kudu..

Re: 43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 1:20 pm
by BLOK
Dis oom Goliat daai, het een van hulle in n mark gesien in Kolwezi Zaire, dink daai goet kan n man se arm afbyt.
Hier is fotos wat iemand lank terug vir my gemail het.

Re: 43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 2:33 pm
by Francois Marais
Manne
Daai is n OOM van n vis......
Mooi loop
Francois
Re: 43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 4:50 pm
by Pvdw
Kyk mooi na daai bo kaak. Die Goliath se bo kaak kan beweeg nes die onderste een. So kan die bek mooi groot oopgaan.
Peet
Re: 43kg Tiervis
Posted: Tue Aug 30, 2011 7:38 pm
by 300Winmag
Daai vis sal darem daai vlieg stokkie van my breek soos 'n vuurhoutjie.
Re: 43kg Tiervis
Posted: Wed Aug 31, 2011 1:49 pm
by Corumana
Die Goliath Tiger is nie so sterk vis soos die Tiervis wat ons ken nie. Moet hom ook nie onderskat nie. Hulle kom ook voor nader aan SA in die Tanganyika meer. Reg agter Kasaba Baai in die meer is daar 'n groot rivier wat in die meer invloei. Ek was daar in 1992. Ons het wel nie tiervis gevang nie want die Perch was groter sports.
Re: 43kg Tiervis
Posted: Thu Sep 01, 2011 12:15 pm
by Vosman
Ek dink die maklike manier vir grote vis sal dalk maar 'n stokkie dinamiet wees!
Die gedagte om in daai water te swem sal ek maar laat vaar!
Dink julle as jy met 'n blink horlosie swem sal hy dalk 'n happie kom vat?
Mooi vis, dit kan gaaf wees om hulle te vang!
Re: 43kg Tiervis
Posted: Thu Sep 01, 2011 12:26 pm
by foxripper
of wat van "Kongo Roulette"? Jy staan op die boot so 100m van die kant af, trek jou broek uit en sit "Foil" om jou b@l.. Duik in en kyk of jy die kant kan haal.

Re: 43kg Tiervis
Posted: Thu Sep 01, 2011 12:31 pm
by Vosman
Dit sal sports wees, ek sal saamgaan om te kyk!!

Re: 43kg Tiervis
Posted: Thu Sep 15, 2011 1:15 pm
by Corumana
Die op River Monsters (DSTV) het Jeremy Wade een gevang. Volgens die mense op die rivier is 'n paar mense al aangeval deur die visse. Ek sal dit glo maar dit is nog nie bewys nie. Kanse is dat dit krokkedille ook kan wees.
http://www.youtube.com/watch?v=TMdiAXnYJxg
Re: 43kg Tiervis
Posted: Thu Sep 15, 2011 10:31 pm
by theedge
Dooie mielies dit is n PA daai
Re: 43kg Tiervis
Posted: Fri Sep 16, 2011 8:56 am
by Christo Els
Watse mieliebom en ertwurms gebruik hulle