Page 1 of 1

Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Sun Jun 25, 2017 9:53 pm
by Ben Remington
Goeie naand...

Myburgh het altyd vir my gesê as hy sy eerste gemsbok skiet sal hy dit baie graag in die Kalahari wil gaan doen. So 'n maand en 'n half gelede het ek gedink dis nou tyd vir sy eerste gemsbok en ek het die presiese plek vir hom gekry om dit te doen. Die tyd het stadig geloop totdat net 'n week oor was. Vrydagmiddag het aangebreek en ons was oppad Kalahari toe, die hele gesin. Ons het lekker in die veld gebly en die aande was lekker koud en dik stompe het heelnag op die vuur geknetter. Myburgh het Vrydagaand vir my gevra hoe kan hy die nag omkry sodat die jag kan aanbreek. Saterdagoggend het ek die tjoppertent se ritssluiter vroeg gehoor met vars stompe wat op die vuur val en ek kon hoor die man is opgewonde. Ons het mooi bokke gesien , maar die regte oomblik het die middag so 14h00 aangebreek. Ons het drie mooi bokke aan die voet van die berg teen 'n waaiduintjie gekry , hulle was baie rustig en die wind was in ons guns. Die boer het gesê ons kan enige een van die drie bokke skiet, maar die middelste een was vir Myburgh geskik en het met die bors effe skuins na ons gedraai gestaan. Die slot is stadig afgedruk en ek het vir Myburgh gesê hy moet mooi kyk met wat se hoek die bok staan en toe klap die skoot en onmiddelik was die bok se neus in die grond en twintig meter verder het die stof gedraai en als was verby. Weereens moes ek sluk aan die knop in my keel en sy sussie het hom dadelik geluk gewens. Die skoot is mooi skuins voor die bors in net bo oor die hart. Dit is die vetste gemsbok wat ek in my lewe gesien het.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170625_075558mm_zpscf6eyltv.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170625_102731mmmm_zpsq4oh0lfc.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170625_080044mmmm_zpsioweop1a.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170625_102419mmmm_zpsvolddayp.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170625_115804mmm_zps0kpqxxik.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170625_102637mmmm_zps9sjexdod.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_174631mmmm_zpskt6dpoys.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170625_075453mmmm_zpsokbcnklk.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170625_075539mmmm_zpsplepploy.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_174142mmmm_zpsdd9njpzp.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_171538mmmm_zpsq9ywh0am.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_173903mmmm_zps340ckpre.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_130522mmmm_zpsllglecvp.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_130413mmmm_zpsevfrjtuu.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_105712mmmm_zpsuuy6tk9p.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_131354mmmm_zpsmbtzrwwd.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_080154mmmm_zpsgd91fgdh.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_083418mmmm_zps9cdznm0s.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_082009mmmm_zps44ptsowl.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_075624mmmm_zpsbr1ed6l4.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170623_165736mmmm_zpseotulixp.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_075354mmmm_zpsirxrdvgm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_065718mmmm_zpsgpxdnsou.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_141043mmmm_zpsrcpfbhwm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_141134mmmm_zpsfa6is6bn.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_141435mmm_zpsmzz0o5dj.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_141330mmmm_zpsuldscj1u.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170624_161805mmm_zpsyhd3qngf.jpg

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Sun Jun 25, 2017 10:16 pm
by joe rocket
Ben dis wragtig die vetste gemsbok wat ek ook al gesien het. Kyk die klong van jou mag maar! Baie geluk en baie mooi fotos. Veld lyk goed en ek sien die baas van die plaas is weer saam. Ruger geniet die water vreeslik. Dankie vir die deel. Ek en my klong ry nou donderdag Karoo toe, die aande is nog lank, ai. ;D

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Sun Jun 25, 2017 10:23 pm
by Flip Nel
Baie Geluk, dankie vir die deel

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Sun Jun 25, 2017 10:41 pm
by ruaanb
Dankie vir die deel. sjoe daai bok is vet!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:43 am
by Plaashaas
Geluk jongman. Mooi fotos. Dankie vir die deel. Jy moet sy jag loopbaan in n boek vervat.

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:46 am
by DanieDegenaar
Baie geluk. Wat 'n voorreg.

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Mon Jun 26, 2017 9:02 am
by Philip_R
Baie geluk


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Mon Jun 26, 2017 9:17 am
by FrancoisW
Dis 'n lekker jag. Geluk met daai mooi skoot en mooi bok.

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Mon Jun 26, 2017 10:43 am
by Springkudu
Baie Geluk!!

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Mon Jun 26, 2017 8:11 pm
by Tikka_25-06
Pragtig baie geluk!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Tue Jun 27, 2017 11:06 am
by Frederik
Baie geluk Ben, daardie horings lyk ook of hulle mooi gaan meet seker maklik naby 40"

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Tue Jun 27, 2017 4:37 pm
by Ben Remington
joe rocket wrote: Ek en my klong ry nou donderdag Karoo toe, die aande is nog lank, ai. ;D
Julle moet die jag geniet....dalk sien ons mekaar volgende jaar.

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Tue Jun 27, 2017 4:40 pm
by Ben Remington
Plaashaas wrote:Jy moet sy jag loopbaan in n boek vervat.
Ai man....ek en Myburgh is nie so behendig met pen en papier nie. ;D

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Tue Jun 27, 2017 4:41 pm
by Ben Remington
Frederik wrote:Baie geluk Ben, daardie horings lyk ook of hulle mooi gaan meet seker maklik naby 40"
Frederik die langste een is 38".

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Tue Jun 27, 2017 4:42 pm
by Ben Remington
Baie dankie aan almal...Myburgh het julle boodskappe gelees.

Re: Myburgh in die Koranaberge...

Posted: Tue Jun 27, 2017 9:09 pm
by Johan Nel
Ben Remington wrote:
Plaashaas wrote:Jy moet sy jag loopbaan in n boek vervat.
Ai man....ek en Myburgh is nie so behendig met pen en papier nie. ;D
Ben, jy vaar nie te vrot hier nie... O0 En jy neem goeie fotos. Maak albums, dit bewaar herinneringe net so goed. Maak net basiese aantekeninge.