Page 1 of 1

Motivering vir 12Boor O/U haelgeweer?

Posted: Tue Aug 30, 2011 8:33 am
by DWB
Hallo Manne,

is daar dalk van julle wat voorbeelde het vir 12boor haelgeweer motiverings?

Ek het die naweek vir my een gekoop by Zululand Ammo & Outdoor en wil graag die dinge begin regkry.

Sal meestal vir kleiduiwe asook 'n paar vo?ls gebruik word, en miskien as vark se kind in hom vasloop :)

Re: Motivering vir 12Boor O/U haelgeweer?

Posted: Wed Aug 31, 2011 10:01 pm
by james 303
Pm my jou epos

Re: Motivering vir 12Boor O/U haelgeweer?

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:35 am
by DWB
Dankie Louis,

Het hom gestuur!

Re: Motivering vir 12Boor O/U haelgeweer?

Posted: Thu Sep 01, 2011 6:06 pm
by Spanner
Stuur vir my ook jou adres, jy kan gerus my motivering aanpas - dit het vir my gewerk.

Re: Motivering vir 12Boor O/U haelgeweer?

Posted: Tue Oct 25, 2011 8:32 am
by ablm468
DWB

As jy sportskut status het kan jy laat die vereeniging waaraan jy behoort vir jou die wapen endosseer om te se jy gaan dit vir sportskut dissiplines gebruik, heg dan die sertifikaat aan by jou aansoek. Vir toegewyde status kan jy noem dat jy gereeld voels jag en fotos daarvan aanheg, jy kan ook noem dat jy altyd iemand anders se geweer onder toesig moet gebruik wat dit moeilik maak aangesien jy nooit op jou eie kan gaan skiet nie.

Heg dan ook spesifieke motivering aan oor die wapen wat jy koop, wat maak dit so uniek en hoekom sal dit vir jou werk, hier kan jy fotos van die wapen aanheg en uitwei oor spesifieke kenmerke van die wapen.

Sluit dan ook fotos van jou kluis in sowel as fotos van vorige jagtogte en enige erkennings wat jy al vir skiet prestasies ontvang het.

Die beginsel is die manne wat moet goed of afkeur het net die inligting op papier waarop hulle kan werk, as hulle min inligitng het is jou kanse skraal, as jy hulle van genoeg inligting verskaf oor jouself, jou stokperdjie ens ens dan maak dit vir hulle makliker om 'n besluit te neem om dit goed te keur. Gebruik google en wikipedia, baie inligting daar beskikbaar oor kleiduif skiet en voeljag en die verskillende dissiplines rondom dit.

My aansoek behels so +/- 50 bladsye.

Hoop dit help

Groete
Hansman