Page 1 of 1

20 MOA rail en 100m zero

Posted: Tue Jun 20, 2017 2:02 pm
by Swede
Ek wil graag 'n 20 MOA rail op my Sako sit saam met my Rudolph V1 6-24x50. Ek wil ook graag 'n bietjie verder begin skiet maar die kanse hier waar ek bly is maar skraal. Die verste op die oomblik is maar 300m waar ons die tabelle skiet. Daar is miskien kans dat ek op geleentheid hier by die 500m en verder kan gaan skiet as my planne uitwerk. Nou my vraag is die volgende, is dit raadsaam om hierdie rail op te sit as ek meeste van die tyd net 100-300m gaan skiet, ek lees op ander plekke dat as jou geweer op 100m ge-zero is en jy gebruik dit hoofsaaklik op daai afstand jy onnodige spanning op die erector buise plaas.

Re: 20 MOA rail en 100m zero

Posted: Tue Jun 20, 2017 4:33 pm
by Riebeeker
Ek weet maar min, maar volgens my is die totale interne verstelling 70MOA op jou teleskoop. Kom ons sê die fabriek het die teleskoop op min of meer die helfte van die beskikbare MOA verstelling op 100m gekalibreer. Dit beteken jou het nou net 35 MOA opwaartse verstelling oor - en dus jou oënskynlike behoefte om 'n 20MOA rail op te sit.

Selfs met my gradeboog kaliber het jy minder as 15MOA opwaartse verstelling nodig om by 500m uit te kom. Los die 20MOA rail tensy jy ver anderkant 700m wil gaan kuier. Jy gaan eers uit opwaartse verstelling hardloop by meer as 850m.

Re: 20 MOA rail en 100m zero

Posted: Tue Jun 20, 2017 7:00 pm
by Gawie(13mm)
Riebeeker slaan die spyker op sy kop.
Los die 20 MOA basis vir wanneer jy 'n kode voor die nommer moet "bel". ;D

Re: 20 MOA rail en 100m zero

Posted: Wed Jun 21, 2017 8:36 am
by Swede
Riebeeker wrote:Ek weet maar min, maar volgens my is die totale interne verstelling 70MOA op jou teleskoop. Kom ons sê die fabriek het die teleskoop op min of meer die helfte van die beskikbare MOA verstelling op 100m gekalibreer. Dit beteken jou het nou net 35 MOA opwaartse verstelling oor - en dus jou oënskynlike behoefte om 'n 20MOA rail op te sit.

Selfs met my gradeboog kaliber het jy minder as 15MOA opwaartse verstelling nodig om by 500m uit te kom. Los die 20MOA rail tensy jy ver anderkant 700m wil gaan kuier. Jy gaan eers uit opwaartse verstelling hardloop by meer as 850m.
Gawie(13mm) wrote:Riebeeker slaan die spyker op sy kop.
Los die 20 MOA basis vir wanneer jy 'n kode voor die nommer moet "bel". ;D
Dit maak nou vir my baie sin, dankie vir julle wysheid ;)

Re: 20 MOA rail en 100m zero

Posted: Wed Jun 21, 2017 12:13 pm
by JacquesT (Stompe)
Riebeeker wrote:Ek weet maar min, maar volgens my is die totale interne verstelling 70MOA op jou teleskoop. Kom ons sê die fabriek het die teleskoop op min of meer die helfte van die beskikbare MOA verstelling op 100m gekalibreer. Dit beteken jou het nou net 35 MOA opwaartse verstelling oor - en dus jou oënskynlike behoefte om 'n 20MOA rail op te sit.

Selfs met my gradeboog kaliber het jy minder as 15MOA opwaartse verstelling nodig om by 500m uit te kom. Los die 20MOA rail tensy jy ver anderkant 700m wil gaan kuier. Jy gaan eers uit opwaartse verstelling hardloop by meer as 850m.
Hi Riebeeker,

Ek wil graag my siening met jou deel.

As 'n man op 500m begin kuier, is dit nie lank voor hy verder en verder beweeg nie. As jy jou oe uit vee is jy op 1000m. Nou vir my gaan die ekstra elevasie nie net oor die gemaklikheid daarvan om jou scope se turrets by 1000m uit te kry nie, maar die gemaklikheid om weer terug op jou zero te kom. Dit het al menigde kere met vele skuts gebeur dat wanneer hulle hul teleskope weer moet zero dat jy hom sommer een volle rotasie te veel gee. Met my persoonlik het dit op my heel eerste ALRHA shoot gebeur. Nou op jou volgende afstand kan jy nie verstaan hoekom skiet jy so ver voor die teiken teen die grond vas nie. Nou nie almal van ons het teleskope met 'n zero stop funskie nie, en gebruik ek nou dus die ekstra elevasie om amper as 'n zero stop te werk.
Toe ek nog die Rudolph T1 op my Creed gehad het, het ek 'n 20MOA rail en 'n adisionele 25MOA se inserts in my Burris XTR signature ringe gehad. Dit het my gelos met 'n 100m zero en 'n ekstra 6MOA onder toe tot dat my turrets onder vasgeskop het. So om nou 33MOA aftekom van my 1000m verstelling het ek hom net gedraai dat my turrets onder vas slaan, en dan my ekstra 6MOA op tot op my 100m Zero.

Groete,
Jacques Theron