Page 1 of 1
Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 3:20 pm
by Flip Nel
Wat gaan met my accuraatheid gebeur as ek gemoeliede punte skiet en dan sonder om skoon te maak skoon punte. S? ek skiet met 180 grein Rhinos, wat moly is, en ek wil met PMP skiet oor hulle goedkoper is vir kleiner bokke en sommer om te speel, gaan ek 'n groot verskil in accuraatheid kry. Kom ons s? dat altwee groepeer op die selfde plek met 'n skoon loop.
Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:01 pm
by Gerard
Dit sal geen effek op akuraatheid h? nie want die punt raak op geen stadium aan die loop se groewe of riwwe nie.
Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:05 pm
by DawieKotze
Gerard wrote:
Dit sal geen effek op akuraatheid h? nie want die punt raak op geen stadium aan die loop se groewe of riwwe nie.
Eish Gerard - jys darem knaend. Maar mens moet respek h? vir jou deursettingsvermo?!

Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:07 pm
by BLOK
Gerhard
Dom vraag dalk, maar sal daar nie van die moly in die loop agterbly wat as gewone koele geskiet word druk verhogng tot gevolg kan he nie
Blok
Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:10 pm
by DawieKotze
Blok - let op - dis al weer die koe?ls en punte storie!

Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:12 pm
by Jagtersdok
Blok
Jy was bietjie stadig op daai ene, maar ek sien madako het hom opgetel
Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:15 pm
by BLOK
Ahaa ek sien. Hier praat ons van verskillende projektiele

Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:16 pm
by Gerard
Blok - let op - dis al weer die koe?ls en punte storie!
Ja, en solank as wat iemand vir wiele vra wanneer hy bande soek, sal die verwarring voortduur.
Blok, moly is 'n smeermiddel en sal altyd druk en spoed verlaag. Die probleem is dat die home moly kits te veel moly op die koeels sit en dan is daar later te veel moly in die loop en dit skep probleme. As die moly bo op koper in die loop neerslaan seel dit die koper teen sommige koper-verwyderaars. Mens het dus 'n koper oplosmiddel nodig wat moly en koolstof ook verwyder of mens moet verskillende produkte in die regte volgorde gebruik.
Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:19 pm
by BLOK
Gerhard,
Maw as ek jou reg verstaan as die molly uitermatig aanpak kan dit dan wel nadelig wees.
Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 5:38 pm
by Gerard
Virseker. Net soos uitermate koper neerslag in 'n loop. Beide is metale en, alhoewel koper baie meer werkverhard as moly, sal oormatige neerslae dieselfde effek h? as om 'n geweer te skiet met olie of water in die loop. Die wand van die loop sal meegee onder die druk van die koeel wat verbygaan en ongelykmatighede en vergrotings in die boor is die gevolg.
Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Mon Aug 29, 2011 9:27 pm
by Danie Lombard .243
Ek het 'n tyd lank met moly geskiet in my .243
Soos Gergard tereg se, ons by die huis sit veels te veel moly aan die punt, veels te dik. Ek het probleme opgetel met moly. Wil dit nooit weer gebruik nie, nooit weer nie.
Mens sukkel om die moly uit die loop uit te kry. Dit bou erg op in die loop. VARS moelikheid se ekke.
Re: Skiet van Gewone en gemoliede punte
Posted: Tue Aug 30, 2011 5:49 pm
by JACQUES BOTHA
en jou hande is vuil die heeltyd as jy nie handskoentjies dra nie..