Knaldemper of Knaldemper/Muzzle brake combo of wat?
Posted: Mon Jun 19, 2017 9:31 pm
Mense...
Dalk is hierdie 'n ou vraag maar laat my toe om hom weer te vra asb.
Ek't al twee keer elk twee skote met twee verskillende Howa 6.5 Creedmoors geskiet. Een het 'n swaar pasmaakkolf opgehad en die ander een 'n GRS Beserk. My jaggeweer is 'n CZ in 6.5x55 kaliber en hy het min terugskop. Albei die Creedmoors het my werklik verras met hulle terugskop. Baaaaie meer as die van my 6.5x55. My Creedmoor is al in die pos en ek begin worry. Ek is beslis recoil sensitive en ek sal graag my Creedmoor se terugskop baie, baie min wil hê. Wat staan n man te doen?
Eerstens moet ek seker 'n ordentlike swaar kolf posit as die geweer meestal op 'n skietbaan gebruik gaan word. Tweedens het ek 'n knaldemper in gedagte. Ek lees en luister deesdae ook baie van muzzle brakes. Dan ook van hulle kombinasie met knaldempers. Dan lees ek ook van die persoon wat lê en skiet langs die ou met die muzzle brake op sy geweer en hoe negatief 'n muzzle brake is vir jou buurman op die skietpunt. Laasgenoemde laat my twyfel oor n muzzle brake want mens wil nie vyande maak met 'n buurman op die skietpunt as hy nog ammo oor het nie.
Nog 'n dinges in die drinkwater is die hittegolwe wat ek in my teleskoop kan sien op my huidige baangeweer. Nie mirage nie, maar hitte wat ek dink van my knaldemper af moet kom. Blykbaar...hoor ek maar...is die hitte wat 'n suiwer muzzle brake uitskop minder as die van n knaldemper. Klink of dit logies waar kan wees...veral as mens na die groot neusgate van sekere muzzle brakes kyk.
Soos met meeste van my dom vrae die afgelope 2 jaar, moet dit vir julle duidelik wees dat ek WEEREENS :
- confused is met wat almal sê
- 'n issue met terugskop het
- graag die regte ding die eerste keer reg wil besluit en reg te wil spandeer
maar dat ek twyfel. Daarom vra ek raad hieroor. Weet net asb dat ek altyd na alles luister maar steeds my eie besluit gaan neem.
En soos gewoonlik is my mind eintlik al klaar opgemaak...Ek wil net n ordentlike kolf opsit en 'n ordentlike knaldemper. Ek oorweeg nog nie die knaldemper en muzzle brake combos nie. Ek sal graag n McMillan kolf wil hê maar ekt nie die geld daarvoor nie. Netso met n Sustec knaldemper (ek hoor maar dis ordentlike name). Die vraag is...na watter ander knaldemper brandnames kan ek kyk waar die knaldemper se eintlike funksie moet wees om die terugskop DRASTIES minder te maak. My budget is R4000 gefit. Of moet ek my vrou se spaar strykyster verkoop vir 'n extra R100?