Page 1 of 1

Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Sun Jun 18, 2017 3:53 pm
by JGZ
Dagsê almal,

Ek het op die oomblik n Bushnell HDMR 3.5-21x50 met horus H59 in ffp op my 223. Ek skiet uitsluitlik varke in die aand in die sandveld met die geweer. Die probleem is die kruishaar is te fyn op die kort afstande (nader as 40m) in die aand as ek die vergroting afstel (in die dag is dit fine). Ek kyk nou om n sfp teleskoop te kry vir nagskiet. Ek kyk spesifiek na die nxs 2.5-10x42 met moar kruishaar vir die job. Shv sal ook werk maar ek soek nie eintlik capped turrets nie. Dink julle dit is n goeie opsie of moet ek kyk na iets anders?

Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Sun Jun 18, 2017 4:09 pm
by SakoTrippel2
As ek na die aanwending kyk (skiet slegs varke in die aand en die afstand 40m?) sien ek nie hoekom daar oop turrets verlang word nie. 'n Baie eenvoudige en goedkoop opsie is Geno se Wild game Teleskope. Hulle kom met IR (verligte middelpunt of kolletjie as ek dit nie mis het nie) en boonop 'n 50mm of 56mm objektief. Die kruisdraad is ook lekker dik aan die kant en fyn in die middel as ek reg onthou (het op Huntex laas deur een gekyk) in kort....perfek vir jou genome toepassing in my opinie. Maar ek mag verkeerd wees...hoekom spesefiek die NF?

Te Koop: Wildgame geweer teleskope!

https://r.tapatalk.com/shareLink?share_ ... are_type=t

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Sun Jun 18, 2017 5:21 pm
by Arnold
Ek dink daai 3-12x56 wildgame teleskoop is n goedkoop oplossing.

Of wat van die Lynx LX3 2.5-15x50, hy gaan dalk al jou boksies tick.

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Sun Jun 18, 2017 5:23 pm
by tripodmvr
Selfs 'n red dot cheapie kan werk op so kort afstand.

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Sun Jun 18, 2017 5:45 pm
by HoggerNaut
Mag ek vra hoekom julle die man in iets goedkooper probeer inpraat as hy duidelik sy keuse gelig het en info gefra het oor of die shv sal werk?

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Sun Jun 18, 2017 5:55 pm
by Arnold
HoggerNaut wrote:Mag ek vra hoekom julle die man in iets goedkooper probeer inpraat as hy duidelik sy keuse gelig het en info gefra het oor of die shv sal werk?
As die scope slegs bedoel was waarvoor hy vra vermoed ek hy weet eintlik wat die antwoord is.

Ek weet ook dat hy wel n reddot het wat seker ook die rol kan vervul.

Vir nagskiet sou ek nie die scope voorstel waaroor hy uitvra nie alhoewel ek geen ondervinding met die scope het nie en daarom my voorstel. As hy regtig n duur scope wil koop is daar seker n Zeis wat sal werk. Of kyk na die 3-12x56 / 4-14x56 SHV ;)

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Sun Jun 18, 2017 6:52 pm
by Lamtjop
JGZ die scope wat ek sou voorstel is die Zeiss Classic Diavari met nr4 of 8 kruis, daai scope het seker die heel grootste FOV van alle scope as jy hul op 2,5X vergelyk. Ook is sy kruishaar redelik dik en dis n FFP scope, sy lens coatings is dan ook geformuleer om in lae lig toestande te presteer. Hul maak hul nie meer nie maar ekt gesien Zimbi het nog 1 vir onder R14K, hier op jaracal was ook nou die dag een geadverteer. n Nightforce gaan nie by daai scope kan kers vashou as die son gesak het nie. Ek het so scope en op n volmaan aand het jy nie eers n lig nodig nie. Groete

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Sun Jun 18, 2017 7:50 pm
by JGZ
Manne baie dankie vir die antwoorde. Ek sal defnitief n bietjie rondkyk na die genoemde teleskope. Die reddot kom hopelik die week op n 45 degree en sal dan nog in die maand dit gaan toets op n paar varkies.

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Sun Jun 18, 2017 7:55 pm
by JGZ
Dankie Lambtjop. Ek is volgende week in Pretoria sal dan sommer na die scope gaan loer.

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Mon Jun 19, 2017 8:22 am
by Lamtjop
Dis die 2,5-10X50 waarvan ek praat. Goete

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Mon Jun 19, 2017 9:58 am
by Sangoma (IAN)
Ek stem saam met Lamtjop

Re: Nightforce nxs of shv 2.5 tot 10 vir nag skiet?

Posted: Mon Jun 19, 2017 7:00 pm
by NICONDA
JGZ kan jy my asb whatsapp wil graag prrat met jou oor die varke asb

Sent from my SM-N920C using Tapatalk