Page 1 of 1
Rooi katte en vang hokke
Posted: Mon Aug 29, 2011 12:24 pm
by Gerhard
Wie kan vir my die basiese moets en moenies gee om rooi katte in n vang hok te kry?
Ek kan nie 24/7 op die plaas wees om die katte te probeer kry nie maar as die hok reg gestel is gaan dit dalk baie meer effektief wees.
Dankie
Re: Rooi katte en vang hokke
Posted: Mon Aug 29, 2011 1:02 pm
by Kleinpiet
Weet self nie die regte resep nie stel hulle maar soos my Pa my geleer het.
Probeer bepaal gereelde voetpaaie. Stel dan die hok daar naby by 'n kenmerkende boom of bos. Ek stel die hok dat die kat kan deur die hok sien maak om teen die kante toe met takke of bosse. Sit dan iets wat aandag trek soos 'n stukkie blink papier of enigiets wat die aandag trek bo op die bos of aan die boom. By my is naby 'n witgatboom altyd 'n lekker plek. (Ek het gehoor van ouens wat 'n cd in die hok ook ophang) Vir aas gebruik ek dan lekker vrot bloed wat ek dan in die hok gooi. As jy egter eers 'n kat in 'n hok gevang het moet jy hom daar los. Ek het hokke wat my pa al jare terug gestel het en haal gereeld 'n kat daar uit. Ek het 5 hokke op so 5 500ha en vang gemiddeld 1 rooikat per maand tussen hulle was al selfs gelukkig met 'n jakkie ook. My nuwe hokke het ek 'n wyfiekat wat ek in ou hokke gevang het ingesit op die plek wat ek wou stel en so vir 'n maand daar kos gegee dit help om 'n reuk daar te kry wat ander katte lok (as jy kat uithuil gooi nog steeds vrot bloed ook). As ek 'n nuwe hok gebou het laat l? ek hom in die dam so vir 3 dae om van reuke ontslae te raak ek verf ook nie my hokke nie.
Dalk het ek jou deurmekaar maar dit is in 'n neutedop wat ek doen.
Sterkte
Re: Rooi katte en vang hokke
Posted: Mon Aug 29, 2011 1:17 pm
by Gerhard
Dankie Kleinpiet....
Dit help baie.
Die 2 kampe waar daar probleme is is elk so 80 hektaar groot.
Is 2 hokke (een in elke kamp naby die water) genoeg?
Re: Rooi katte en vang hokke
Posted: Mon Aug 29, 2011 1:28 pm
by Yalair
Re: Rooi katte en vang hokke
Posted: Mon Aug 29, 2011 1:43 pm
by Gerhard
Re: Rooi katte en vang hokke
Posted: Mon Aug 29, 2011 8:03 pm
by Kleinpiet
My kampe in die karoo is baie groter so 1 hok sal genoeg wees.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 2923#p2923
Daardie plan van die plastieksak met die uriene in klink vir my na 'n plan wat ek gaan probeer.