Maandag - middag in die rooisand...
Posted: Tue Jun 13, 2017 6:27 pm
Hartlike goeie naand...
So is dit weer 'n nuwe week met nuwe geleenthede. Ek was gister middag so teen 14h00 trug in die jagveld met die son sommer lekker warm vir die tyd van die jaar. Ek wou graag 'n blouwildebeesbul skiet en na so twee ure het ek hulle omkant gevang in 'n oop kol tussen dik bos en kameelbome. Ek het in die skaduwee gestaan onder 'n kameelboom lekker styf teen die stam , die bokke was lekker rustig , party het gelê en die ander het gestaan. Net toe ek lekker op my gemak was het 'n rooibokram my gesien wat in 'n Wag -'n -Bietjie gestaan het , met sy kenmerke geluid as gevaar dreig was al die beeste dadelik op hulle voete en onrustig, ek kon net een groot bul sien in die trop en het toe besluit op 'n lekker groot koei...sy het skuins na my gestaan en my dooierus was goed...die Sierra GameKing is presies op die regte plek in en die trop het begin hardloop...ek het so 10 minute gewag en kon geen bloed kry nie en het vir Ruger losgemaak en so 60 meter verder het hy die koei gekry...met die afslag het ek gesien die punt is in die middel van die hart in. Op pad terug na my bakkie het ek 3 gemsbokke sien staan , almal dieselfde grootte , hulle was op so 170 meter en ek het geskiet en sommer met die wegtrek het die bok die bosse begin stamp en vooroor geval. By die bok gekom het ek gesien dis nog 'n baie jong bul , maar die vleis is sag. Die son het vir my gesak met die kenmerkende geluid van tortelduiwe wat aankondig die dag is verby en duikers wat nog aan die skadukant van bosse staan.
Groetnis
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_151958mmmmm_zpsflkpfjqn.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_170402mmmmmm_zpsveqkwgvx.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_170448mmmm_zpsfjlilhpz.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_174653mmmm_zpsjshpzjkx.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_174806mmmm_zpstpmv9fyg.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_174842mmmm_zpsb53cdoy7.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_143309mmmm_zpsclm6kvsd.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_170407mmmm_zpsd1mllw6g.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_164531mmmm_zps9fzkvovr.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_164725mmmm_zpsd7ajqsvd.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_164025mmmm_zpsnkdlywhd.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170612_172151mmmm_zpssufnfxpm.jpg