Page 1 of 2

Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 7:26 am
by Morne Van Der Merwe
Môre Manne,

My 6.5 Creedmoor skiet 2709fps gemiddelde spoed oor Magnetospeed V3, dis 140gr RDF. Baie gelukkig met die lading. Nou met Strelokpro op 500m moet ek 11MOA op stel, maar die geval skiet ek bo oor die gong van 25cm, ek moet 10MOA stel, dan tref ek die gong 100% in die middel. As jy nou na die truning funksie gaan van die StrelokPro app, kan jy 2 goed verander, Spoed of BC.
My logika sê my om nie die spoed te verander nie, anders is die spoed vêr hoër as wat Chrony sê, dis het ek BC verander, kan dit wees dat die Nosler se punte n baie hoër BC het as wat hul adverteer?
G7 is .330 maar met truning verander dit na G7 na 0.461. Kan dit so baie verder?

Groete
Morne

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 7:51 am
by JPS
Morne,

Daar is paar dinge wat kan gebeur.

Dat die Bc so hoog is is hoogs onwaarskeinlik.

Hoek winde met redelike spoed kan opwaartse en afwaartse effek hê op koël vlug.
Skaduwee oor die teiken kan effek meebring.
Jou scope se ware click waardes kan 'n effek meebring.
Atmosferiese toestande kan effek hê.
Jou Zero afstand kan moontlik nie presies gemeet wees nie en ook nie presies gecenter wees nie. Onthou 6.5mm uit op 100y is klaar 1/4 moa verskil.

Bogenoemde gee wel nie sulke groot verskille nie maar hopenlik gee dit idee van hoe baie veranderlikes daar is wat invloed kan hê. Die feit dat jy een dag dalk 1 moa met dieselfde setting hoog skiet kan ook gebeur dat daai selfde setting op ander dag in die kol skiet.

Een item wat maklik 1 moa verskil kan bring en ons sien dit baie en dit is dat manne hulle gewere zero vanaf 'n bank af en dan op lnger afstande gaan lê en skiet. Die hoek waardeer jy deur jou scope kyk verskil asook druk uitgeoefen op die geweer in meeste gevalle. Dit het dan wesenlike verskil oor langer afstande.

Indien jy op selfde manier gezero het as wat jy aangelê het na die teiken maak doodseker van jou afstand waarop jy geskiet het en maak ook weer seker dat jou Zero definatief presies zero is.

Groete
Jan

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 8:04 am
by Swede
Jan, kan daar ook nie n verskil wees ten aansien van chrony spoed en ware spoed nie, ek vra dit omrede strelok hiervan praat met die truing

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 8:11 am
by JPS
Swede wrote:Jan, kan daar ook nie n verskil wees ten aansien van chrony spoed en ware spoed nie, ek vra dit omrede strelok hiervan praat met die truing

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Absoluut ja,

Alhoewel soos met die BC is dit onwaarskynlik dat die Magneto speed so ver uit sal wees, maar nie ontmoontlik nie.

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 8:16 am
by Swede
Dankie het vergeet van die magneto speed in hierdie geval

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 8:17 am
by Gawie(13mm)
Ek stem saam met Jan.

Met die "Trueing" funksie op Strelok, of enige ander ballistiese program, is jy besig om die formule, "waar" te maak. Op daardie oomblik en onder daardie spesifieke toestande, is jou trefpunt 1 moa hoog. Deur die program aan te pas, skuif jy nou die korrel en trefpunt sodat hul ooreenstem op daardie afstand. Oor korter afstande sal jy gewoonlik vind dat jy nou naby die kol bly indien die toestande konstand bly.
Met die verder afstande, waar die toestande moeliker is om waar te neem en in berekening te bring, kan dit wees dat jy heeltemaal van die bol af is.

Ek en Tau het onlangs op sy baan gelê en in 'n 12 Mpu dwars wind, die staal relatief maklik op 550m laat lui. Op 720 meter was die plaat omtrent 15 grade meer in die wind in en kon ons om die dood nie daai plaat laat lui nie. :'(

Die windrigting, snelheid daarvan en helling van die terrein het ons gestonk. Met die 720m se DOPE, terugwerkend na 550m was ek amper 3 moa hoog. :o

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 8:34 am
by Morne Van Der Merwe
Môre Jan,

Dankie vir al die informasie. Ek al die skietwerk by Krokodilspruit gedoen, ek die geweer gezero op 100m teikens, ek is seker hul 100m is korrek, ek dit nog nooit self gemeet nie. En ek het ook gelê met die instel. Wind stil dae is dit elke keer 10 MOA of as die wind van links 90grade kom, soos gister byvoorbeeld die wind lekker gewaai, ek 2MOA links gestel.
My 30-06 ook oor Magnetospeed geskiet ingelees in Strelokpro, en het 14 MOA uitgewerk, my teleskoop 14 MOA gestel, en dit presies gewerk op 500m, en dieselfde gedoen met my 270win met selfde resultate as 30-06, wat Strelok uitgewerk het, het gewerk. Dis net my Creedmoor was so baie uit is. Ek gaan aan die Parys kompitiese deel neem die 24 Junie, hoop nie daai 600m gaan my uitgooi nie.

Groete
Morne

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 8:46 am
by Morne Van Der Merwe
Ek nou gaan kyk op my zero fotos, ek het my Irene baan geskiet en dit het 6mm hoog geskiet. Dis dalk die probleem, ek dit so uitwerk is my geweer eindelik op 115m gezero. Dalk moet ek Irene gaan meet, dalk is dit nie presies 100m nie.

Groete
Morne

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 9:04 am
by Jaco v Zyl
Net nog iets waaraan ek nou dink is jou hoogte van scope reg?

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 9:33 am
by Morne Van Der Merwe
Hi Jaco,
Ja het na dit ook gekyk, dankie. Ek gou na my ou teikens gaan kyk en gesien het n gemiddled van 6.5mm bo die kol geskiet, nie gedink sou so groot verskil gemaak het, dit verander op StrelokPro en ook die heiling, ek geskat die heiling by Krokodilspruit so 15grade. Toe die zero na 120m verander en die heiling na 15grade toe werk dit uit na 10.2 MOA en dis waar ek altyd my teleskoop heen gestel het, die G7 is ook terug by .330.
Dankie vir almal se hulp. Ek darem nou baie nader aan die regte nommers.

Groete
Morne

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 10:06 am
by Capt. Yoda
Meet die 100m waar jy zero met n maatband uit en toets jou scope se ware click waardes,sal jou n brief gee dit gaan nie presies 0.25 moa per click wees nie

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 10:42 am
by DamDuiker
my pel het met sy sightron die toets gedoen 0.276moa per click ek moet dit nog met myne gaan doen. Brian Litz het nogals n nice video op youtube omtrent dit.

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 1:31 pm
by James Wright
Jammer ek hijack die post gou maar aangesien julle reeds in bespreking is hier is my vraag;

ek het n tall target toets gaan doen maar eers toe ek by die huis kom besef ek het nie die teiken op 'n 100 yards gesit nie maar op 112yards.Ek het zero geskiet en 30MOA opgedial.By die huis met maatband gemeet en presies 35duim hoër geskiet.Is daar n maklike formule om te beplaa of dit min of meer sin maak of moet ek dit weer gaan aandurf maar op presies 100yards?

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 1:39 pm
by DamDuiker

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 1:39 pm
by Arnold
James Wright wrote:Jammer ek hijack die post gou maar aangesien julle reeds in bespreking is hier is my vraag;

ek het n tall target toets gaan doen maar eers toe ek by die huis kom besef ek het nie die teiken op 'n 100 yards gesit nie maar op 112yards.Ek het zero geskiet en 30MOA opgedial.By die huis met maatband gemeet en presies 35duim hoër geskiet.Is daar n maklike formule om te beplaa of dit min of meer sin maak of moet ek dit weer gaan aandurf maar op presies 100yards?
29.8416 MOA
http://www.indecorous.com/bullseye/moacalc.html

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 1:47 pm
by Gawie(13mm)
James Wright wrote:Jammer ek hijack die post gou maar aangesien julle reeds in bespreking is hier is my vraag;

ek het n tall target toets gaan doen maar eers toe ek by die huis kom besef ek het nie die teiken op 'n 100 yards gesit nie maar op 112yards.Ek het zero geskiet en 30MOA opgedial.By die huis met maatband gemeet en presies 35duim hoër geskiet.Is daar n maklike formule om te beplaa of dit min of meer sin maak of moet ek dit weer gaan aandurf maar op presies 100yards?
Dit klink nou soos 'n Jood wat 'n rassistiese grap in 'n Ierse kroeg vertel. >:D

1 moa op 100m = 29.1mm in elavasie.
1 duim op 100m = 25.4mm.
112 yards = 102 m,
Met die dat jou stelknoppe in moa stel, moet jy die 30 moa dus deur 1.02 deel om die verstellings waarde op 100m te kry = 29.41.
Die waarde wat jy dus gestel het is:
29.1 x 29.41 = 855.83 mm.

Die waarde wat jy gemeet het is:
35 duim x 25.4 = 889mm.

Die verskil is dus 33.17mm

Nee wat. Bly kalm en skiet weer! >:D

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 1:47 pm
by Gian_dP
James Wright wrote:Jammer ek hijack die post gou maar aangesien julle reeds in bespreking is hier is my vraag;

ek het n tall target toets gaan doen maar eers toe ek by die huis kom besef ek het nie die teiken op 'n 100 yards gesit nie maar op 112yards.Ek het zero geskiet en 30MOA opgedial.By die huis met maatband gemeet en presies 35duim hoër geskiet.Is daar n maklike formule om te beplaa of dit min of meer sin maak of moet ek dit weer gaan aandurf maar op presies 100yards?

Ek werk uit dat dit 29.5MOA behoort te wees.

Skakel 35 duim oor na yard-.97222222. Deel deur 112 en kry invers tan van antwoord.

Met ander woorde jou scope stel 0.983 minute ipv 1, of 0.246 minute per click.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 2:33 pm
by James Wright
Dankie Gian,

nou daai video gekyk en lyk my ek is bitter naby aan waar ek behoort te wees

112x30x0.01047 =35.17"

warder julle insette,nou kan ek weer rustig slaap :)

Re: Strelokpro Truning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 5:27 pm
by JPS
Morne Van Der Merwe wrote:Ek nou gaan kyk op my zero fotos, ek het my Irene baan geskiet en dit het 6mm hoog geskiet. Dis dalk die probleem, ek dit so uitwerk is my geweer eindelik op 115m gezero. Dalk moet ek Irene gaan meet, dalk is dit nie presies 100m nie.

Groete
Morne
Hi Morne,

Irene is ek dink 94m of 96m as ek reg onthou. Hy is definatief nie 100m nie.

Ps. Sien jou op Parys.


Groete
Jan

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Tue Jun 13, 2017 6:48 pm
by Morne Van Der Merwe
Dankie vir almal se insette, waardeur dit.
Groete
Morne

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Mon Jun 19, 2017 7:34 am
by Klopper
Ek het Irene al met RF gemeet en ek kry 100y op hom. Terug na krokodil spruit, as ek dit nie mis het nie is die 500m daar bo in die koppie? Kan jou 6mm hoer zero en die grade na jou teiken dalk jou laat hoog skiet het....

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Mon Jun 19, 2017 10:46 am
by JohanvB
So by die TUNING, verander jy BC of spoed?

Ek het nog altyd die spoed verander en dit werk vir my.

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Mon Jun 19, 2017 8:52 pm
by Capt. Yoda
Spoed werk vir my beter

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Wed Jun 21, 2017 7:48 am
by Morne Van Der Merwe
Môre Almal,

Ek gister by Krokodilspruit gaan skiet. My RF saam gevat, die 100m is 100m. 200m is 200m, 400m gong is 385m en 500m is 485m.
Ek het op 100m geskiet, 4 skote, en dit 7mm hoog geskiet, toe 2 clicks afgestaai, net onder 15mm laer geskiet. So een opgestel, en dis nou zero op 100m.
Toe 385m en 15grade ingelees in Strelok en die gong in die middel getref.
Kan die slim manne my gou help, as my geweer op 100m 7mm hoog geskiet, en ek vir Strelok gesê dis op zero op 100m, hoe ver ek dan mis geskiet op 500m. Spoed is 2709fps met magnetospeed.
Dankie vir al die hulp manne.
Groete
Morne

Re: Strelokpro Tuning vir 6.5 Creedmoor

Posted: Wed Jun 21, 2017 9:25 am
by Gawie(13mm)
1 Moa = 29.1 mm
1/4 Moa = 7.275 mm

Om jou vraag te beantwoord; Jy neem die afstand in meter en deel dit deur 100. Dus 485/100 = 4.85. Dit maal jy dan met jou afwyking op 100m. Dus 4.85 x 7mm = 33.95mm.

Tensy jy vir die puisie op die bosluis se boud gemik het, twyfel ek of jy sou mis. >:+