87gr Hornady V-Max vir jag in 6mm (243 Winchester) - 3200fps
Posted: Mon Jun 12, 2017 12:48 pm
Goeiedag lede
Het onlangs 'n stuk geskryf oor die effekte van match-styl koels op wild in die jagveld.
Dit is nou 'n ruk wat ons bietjie die jagvaardigheid en sukses met 87gr Hornady Vmax 6mm koels in die 243 Winchester bestudeer - met 'n tromp snellheid van 3200fps (uit 1:10" twist ratio, 22" standaard loop Howa gewere uit).
Eerste rekord - 50m, 75m, 125m en 160m - 4 x jakkalse
Die eerste toetse was uitgevoer op jakkalse naby Muiskraal (Rysmierbult, Potchefstroom).
Die skote was almal presies in lyn met die been, middel lyf hoogte geplaas op verskillende afstande.
Die eerste skoot op 'n jakkals op 50m het 'n interessante wondkanaal veroorsaak. Die ingangswond was so groot soos 'n R2 stuk en die teenoorgestelde kant van die lyf was omtrent weggeskiet met 'n gat so groot soos my twee vyste langs mekaar (die jakkals het plankdwars gestaan en die natuur van die wond is fasinerend - lyk asof die vel buitentoe "gebars" het). Daar was stukkies vel, been en sagte weefsel rondom die jakkals se laaste staan plek. Eienaardig dat die teenoorgestelde been en blad afwesig was (totaal en al weggeskiet).
Die twede skoot was op 125m op 'n groot jakkals reen wat ook plankdwars teenoor die skut gestaan het (plasing soos bo beskryf). Die ingangswond was weer 'n R2 stuk grote en die uitgang so groot soos 'n tennisbal (netjies en rond) met organe wat verplaas is en uitgehang het uit die uitgangswond uit. Morsige affere maar teenoorgestelde blad nog intak (been gemis oppad uit).
Die derde skoot was op 75m op 'n teef ook in die plankdwars orientasie. Selfde skootplasing as die ander twee jakkalse voor hom. Die keer het die koel 'n 6mm gaatjie in die ingangsskouer geboor (klein ingangswond) en die exit was so groot soos 'n R5 stuk MAAR die vel het rondom die uitgangswond so 10cm groter geskeer as die wond self (rek en bars effek van koel wat deur jakkals beweeg het en die skokgolf wat dit veroorsaak).
Die vierde skoot was op 160m op 'n groot teef jakkals en die skoot plasing was presies diselfde as voorheen (ook plankdwars orientasie). Die was die interessantste uitkoms uit die lot uit - met 'n massiewe ingangswond (tennisbal grote) en verskeie klein uitgangswonde op die teenoorgestelde skouer (3 of 4 prominente klein gaatjies). Die koel het op impak die skouer been getref en "gebars" en die massiewe gaping op die ingang-skouer veroorsaak - die gebarste koel het ontbind en stukkies mantel en loodkern deur die dier versprei wat koers gehou het om uit die teenoorgestelde blad uit die liggaam te ontsnap.
Twede rekord - 2 x rooibokke - 50m en 65m - kopskote
Die eerste rooibok ooi het op 50m gestaan en die skoot is direk agter die oog en voor die oor geplaas. Die skedel het gebars bo die koel gaatjie en die ore is met die "bars" verwyder van die kop af (sowel as die stuk skedel bo die oe en ore). Die ontploffing het stukkies been met vel rondom die rooibok se staan plek versprei. Baie, baie effektiewe performance vir 'n kop skoot.
Die twede rooibok knypkop rammetjie het op 65m gestaan en die skootplasing was presies dieselfde (tussen oog en oorgat). Die keer het die skedel nie ontplof nie MAAR die ingangswond was sy gewone klein 6mm gaatjie en op die teenoorgestelde kant van die skedel is die oog en skedel tussen die oog en oor totaal weggeskiet (horizontale oval gat).
Derde rekord - 410y (380m) - Swartwildebees
Die derde rekord is 'n swartwildebees koei op 410y (volgens range finder - en verstellings in jaard op Strelok Pro) - die skoot is in lyn met die been geplaas en in die middel lyn van die lyf geplaas (minus die hoogte van die skof). Sy het 30m/40m gehol en toe ons daar aankom was daar BAIE prominente pienk long bloed rondom die ingangswond op die skouer - met 'n dik streep bloed van die staanplek tydens skoot na die le plek toe. Ons almal was verbaas toe ons by die SWB aankom en die klein ingangswond op die skouer bespiegel het en haar omgedraai het om die uitgang te sien (presies in lyn met die ingang op teenoorgestelde blad - ook baie klein in deursnee). Die enigste verduideliking is dat die koel nie effektief ontbind het nie agv lae impaksnellheid en ingang TUSSEN die ribbes en nie OP 'n rib nie. Maar dit sal my altyd verstom hoe daai 87gr stukkie lood en koper deur so dier sal fluit en so effektiewe dood sal veroorsaak...
Vierde rekord - 250m en 200m - Blesbokke
Eerste blesbok is net agter die vou tussen die blad en die lyf geskiet (middel lyf hoogte) op 200m. Die blesbok se reaksie was eers om te spring en na landing - met sy hoof gehang - so 50m te struikel voordat hy tot stilstand gekom het , kop geskut het en omgedop het. Die koel het tot rus gekom net onder die vel op dieselfde plek as die ingang skoot op die teenoorgestelde kant van die bok. Die "vleisskade" was rondom die ingangswond tennisbal grote en bittermin vleis is beskadig (die hydrostatic skok het nie die blad vleis / sagte weefsel aangetas nie en die res van die karkas was 100%). Die wondkanaal deur die primere organe was ongelooflik en omtrent gholfbal deursnee al die pad deur die longe - met baie goeie interne en eksterne bloeding.
Die twede blesbok is van 'n "quartering-away" hoek geskiet met ingangswond so 4" agter die vou tussen die blad en die lyf op 250m en bietjie hoog. Die blesbok het GEEN reaksie vertoon behalwe om kop te skud en te begin rond dwaal tussen die res van die trop. Toe die trop hardloop het die blesbok weggeloop van die res van die trop af en een kant gaan staan en wieg. Ek het 'n twede skoot uit genade uit in die hoe nek in gedryf wat die blesbok net daar gedrop het. Die vleisskade op die lyf skoot was minimaal (weereens so tennis bal grote kol rondom die ingangs-gaatjie). Die bokant van altwee longe is weggeskiet in vlenters in en die koel het vlak in die teenoorgestelde blad tot rus gekom. Die twede skoot was op so 150m, die nek skoot, en het 'n klein 6mm gaatjie gedruk op ingang en 'n R1 stuk grote exit veroorsaak - nadat dit die rugraad / nek werwels gebreek het (nek is skoon afgeskiet).
Weereens, al is die koel tot dusver effektief in die jagveld - is daar beter opsies vir versekering in terme van penetrasie en gewig retensie (jou monometaal koels en gebinde kern en mantel koels). MAAR die koels het hulle werk goed gedoen tot dusver en ek sal inligting byvoeg soos wat ek die koels aanhou toets in die jagveld op verskeie sagte vel spesies (binne redelike raamwerke).
Indien enige iemand addisionele inligting het - plaas gerus hier onder in die kommentaar. Dit is altyd interessant om resultate te vergelyk.
Groetnis
Max