Page 1 of 1
Paker Hale
Posted: Tue Aug 25, 2009 6:46 pm
by Rooies
Hello almal
Ek soek asb n bietjie 'general info' rondom die maak Paker Hale. Ek kan so n 243 kry en het dit gegoogle maar wil hoor wat se die geweer manne oor dit.
Dankie
rooies
Re: Paker Hale
Posted: Tue Aug 25, 2009 10:50 pm
by DSBW
Rooies
Teen hierdie tyd weet jy waarskynlik reeds dat dit 'n Engelse produk is, eerste Parker Hale's is reeds in 1880 vervaardig.Meer belangrik is dat hulle vandag 'n moderne, suksesvolle vervaardiger is. Hulle het vir 'n geruime tyd Border lope gebruik, vervaardig deur Geoffrey Kolbe, in die Noorde van Skotland. Sy lope is so goed soos jy kry, alhoewel hulle natuurlik die produksie weergawe van Geoff se lope gebruik het. Ek verneem hulle maak deesdae hul eie lope, deur die "button" of die "hammer forged" metode, laasgenoemde is die gewildste metode van vervaardiging vir massa produksie, maar nie noodwendig super akkuraat nie.
By die onlangse F-klas wereld kampioenskappe (700 tot 900 meter) in Bisley, UK, was daar heelwat Parker Hale's gewees, wat goed gevaar het.So met al die onbelangrike agtergrond, my advies sou wees dat jy die geweer kan oorweeg, afhangend van natuurlik prys, en hoeveelheid skote geskiet.'n .243 wat vir gewone jag gebruik word, doen 1500 tot 1800 skote, die meeste jagters skiet nie sommer 'n .243 uit in 20 tot 30 jaar nie, maar dit wissel grootliks na gelang van aanwending, dus moet jy net seker maak dat die loop nog in aanvaarbare toestand is, mits jy 'n nuwe loop wil indraai.
Kwaliteit gewys is die Parker Hale bo verdenking, en vergelykbaar met die meeste produksie gewere vandag in omloop.
Re: Paker Hale
Posted: Fri Aug 28, 2009 12:38 pm
by Beyers
Rooies
EkĀ skiet met 'nPH .30-06 dis net moeilik om onderdele te kry. My geweer se ejector het gebreek en ek kry nie die onderdeel nie. Maar op die ou end laat migweld en so 'n bietjie met die dremel geaarby. Werk nou so goed soos nuut.
Andersyds het ek nog net plesier uit die geweertjie gekry.
Beyers
Re: Paker Hale
Posted: Sat Aug 29, 2009 3:23 am
by Francois Marais
Rooies
Ek het n PH in 22-250 kal gehad. Kan nie meer onthou in watter model nie, niks fout met die akkuraatheid nie, die grendel se metaal was net vir my n bietjie rof afgewerk. Die meer duurder modelle weet ek lewer uitstekende akkuraatheid.
Mooi loop
Francois
Re: Paker Hale
Posted: Sun Aug 30, 2009 8:32 am
by Rooies
Fox , Beyers , FM
Dankie vir di inligting en teen die prys gaan ek hom vat en net n makeover gee!
thanx
rooies
Re: Paker Hale
Posted: Sun Aug 30, 2009 9:59 am
by projag
Rooies
Allea hang af van wat jy moet betaal en wat die opgradering jou gaan kos. Laat die geweer toets vir slytasie, kopspasie, ens en vergelyk dan pryse en aksie gehalte. My ondervinding is dat na baie moeite en baie betaal het mens baie keer net 'n ou geweer met 'n verouderde en outydse loop. Parker Hale het in toeka se tyd 'n goeie naam gehad.