Page 1 of 1
Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:02 pm
by jean 7mm
Is die weer so erg soos hulle se
Sent from my SM-J320FN using Tapatalk
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:04 pm
by Arnold
Nie hier by my nie. Dit reen lekker en die wind waai maar geen rede dat die skole moes toe wees nie.
As die storms kom maak ons sop, pannekoek en steek die vuur aan om n rib te braai. Natuurlik moet ons ietsie drink ook as ons dors is
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170607/56474d381d96fc1948ef168cf966c8f4.jpg
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:06 pm
by Heinz Petersen
Dit val nou hard hier in Kuilsrivier. Donderweer en blits. Die wind pomp nou
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:18 pm
by jean 7mm
Dit lyk leke hoop julle kry baie reen
Sent from my SM-J320FN using Tapatalk
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:18 pm
by Sean3006
Soos Arnold se... Dan kuier ons lekker...
Hoop maar dat die reen lekker val vanaand nog.
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:22 pm
by Arnold
jean 7mm wrote:Dit lyk leke hoop julle kry baie reen
Sent from my SM-J320FN using Tapatalk
Ek hoop ook so maar nog 3 sulke dae en ek sal nog wyn moet gaan koop

Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:25 pm
by jean 7mm
En die ooms van die paarl lewe hulle nog
Sent from my SM-J320FN using Tapatalk
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:33 pm
by joe rocket
Ons hier in die Paarl maar min van die storm gehad. Paar akker bome omgewaai dis al. Seepunt, Houtbaai en die Strand is die ergste getref. Ek bel vanoggend vir Ruaan toe die wind so pomp en vra of ons nie mekaar op die 1000m merk op die baan gaan kry nie.

Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 8:58 pm
by Francoisv
Die wind het paar keer lelik gepomp.
Francois Vogel
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 9:01 pm
by Jurgen Visser
ons is maar in 'n veilige gebied hier in kuils rivier en brackenfell as die storms so woed , dit is in Kaapstad self en die strand wat dit baie erg is , selfs in Gaansbaai het hulle erg deurgeloop , hier by ons is wel paar bome omgewaai , maar niks ernstig nie
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 9:03 pm
by Springkudu
Soos Arnold sê, geen rede dat skole moes toe gewees het. My 5 000 L tenk sal vanaand al oorloop, het vol gereen in dag (24 uur) se tyd, so hy het darem mooi geval, Brackenfell.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 9:06 pm
by Jurgen Visser
Springkudu wrote:Soos Arnold sê, geen rede dat skole moes toe gewees het. My 5 000 L tenk sal vanaand al oorloop, het vol gereen in dag (24 uur) se tyd, so hy het darem mooi geval, Brackenfell.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Die skole is maar gesluit gewees vir die kaapse vlaktes wat die ergste getref was , daai kinders moet skool toe loop of aakligge taxis vat , was maar oorheersend vir hulle gewees
Re: Kaap manne
Posted: Wed Jun 07, 2017 9:12 pm
by Arnold
Ja maar hulle ouers moes steeds werk so hulle sou veiliger by die skool gewees het.
Re: Kaap manne
Posted: Thu Jun 08, 2017 8:08 am
by Philip_R
Hier in Worcester het die wind self n paar dinge stukkend gewaai en dit het sommer lekker hard gereen. Van gisteraand af reen dit net n lekker kaapse reen met ligte wind. Die storm het darem lekker sneeu ook gebring. Al die berge om die dorp het sneeu op tot laag op die berge.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170608/b44b8c675b039d6d613f22d6d2f02ba3.jpg
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Kaap manne
Posted: Thu Jun 08, 2017 9:03 am
by Gawie(13mm)
'n Ysbeer het nou net twee pikkewyne hier by my verby gejaag.
Sulke tye wens ek, ek was minder dun. Dit is bibber koud.

Re: Kaap manne
Posted: Thu Jun 08, 2017 9:15 am
by Blesbok
Hier in Bredasdorp het dit lekker gereën en die wind was ook onplesierig
Re: Kaap manne
Posted: Thu Jun 08, 2017 9:34 am
by Diesel Dog
Op Vredenburg het die "Swart Noord" gegee en gevat.Op die ligte gronde is die graan wat al uit was gelyk met die grond afgewaai en die wat in die rooi grond nog lê en wag het 15 mm reën gekry.
DD
Re: Kaap manne
Posted: Tue Jul 18, 2017 8:26 am
by Noorde
Môre manne
Moet sê ons het mooi reën gekry die afdelope naweek. Ek het 19mm gemeet. So baie minder wind as met die stormpie vroeer die maand maar gelukkig lekker baie water. Dankbaar en bid vir nog.
Groete