Page 1 of 1

Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n naam

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:04 pm
by Max Rossle
Dag lede

Ek en my Pa sit nou die dag en kyk terug na die patrone wat deur die jare "hot stuff" was...

Ek onthou nog die pers kudu (Musgrave) ammo, die ou PMP bokse, die ou Winchester bokse ens...

Daar is een fabriek wat ek nie die naam van kan onthou nie! Ek hoop my swak beskrywing sal by iemand 'n skakelaar trip en 'n naam uit daai persoon uit kry...

Ons het op 'n stadium 'n klomp 30-06 Springfield ammo gekoop (220gr Round Nose ammo) wat in 'n plastiese rooi boksie gekom het. Die rooi boksie het geel stickers op gehad met die naam van die fabriek op... Ek weet nie of dit Suid Afrikaans vervaardig was nie maar ek vermoed so... Die 20 patrone het in bruin plastiese "houers" of "clips" gekom en elke clip het 5 patrone gehou...

Ek sal dit waardeer as iemand my die naam van die fabriek kan gee.

Groete
Max

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:23 pm
by Basjan123
Is dit nie boss nie? Hier was iemand ek dink op Patensie of Hankey wat ook patrone vervaardig het.

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:34 pm
by Ashley
Gan jou nou sê... ekt nog 7 bokse in die kas...

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:36 pm
by Ashley
New Generation Ammo.

Soos vroeer genoem het ek nog so 7 bokse van die 7x57, 175gr SP.
Hulle is al so 15jaar oud.
Hulle geadverteerde spoed is 2350fps op die boks, maar ek het van hulle nou die dag oor die chrony gestoot... wissel van 1700 tot 2350, en als tussen in.

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:36 pm
by Max Rossle
Ashley wrote:Gan jou nou sê... ekt nog 7 bokse in die kas...
Het gedog ek onthou verkeerd! :laugh:

Dankie! Sien uit na jou terugvoer

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:37 pm
by Max Rossle
Ashley wrote:New Generation Ammo.
Dankie!

Kan jy dalk fotos stuur? As dit moontlik is?

Waar was dit vervaardig?

Wat is op die head stamp?

Groete

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:45 pm
by Ashley
Die ammunisie was vervaardig in Centurion, Gauteng.

Ek is nie nou by hulle nie, maar hier is Google fotos.
Ek weet net vandat die MD van NGA vermoor was, het die kwaliteits beheer van hulle ammo baie afdraande gegaan.
Ouens het self gerapporteer van hulle gewere wat op geblaas het.
http://www.dailymaverick.co.za/article/ ... the-price/
Verder weet ek nie veel van hulle af nie .

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:46 pm
by Ashley
Jammer hiers hy

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:55 pm
by Alwin
NGA, New Generation Ammunition.

Hulle verkope was vanuit 'n huis in Saxbylaan Centurion. Die fabriek was in Midrand. Hulle kwaliteit was oor die algemeen puik.

Die firma is gestig en het behoort aan Ivan Monseur, 'n Vlaming van Belgiese afkoms. Hy is vermoor nadat hy korrupsie aangemeld het, deur persone wat dieselfde uniforms gedra het as die wat die korrupsie gepleeg het. Na sy dood het 'n trust die firma bestuur. Kwaliteitsbeheer het deur die mat geval en baie kliënte het eise teen hulle ingestel. Die probleme was hoofsaaklik by handwapen ammunisie.

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:59 pm
by Max Rossle
Alwin wrote:NGA, New Generation Ammunition.

Dankie vir die terugvoer!

Kan jy onthou wat op die head stamp gestaan het?

Watse koels het hulle hulle patrone mee gelaai?

Ek stel belang omdat my Pa BAIE gediertes daarmee omgeskiet het met die ou 30-0-kwes...

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 3:06 pm
by Alwin
Max Rossle wrote:

Sommige van hulle handwapen-patrone het die NGA-kopstempel op gehad. Ander is op nuwe IMI en ander doppe gemaak. Die geweerkalibers is met verskillende komponente gebou, afhangende van beskikbaarheid. Doppe was PMP of ingevoer en die koeëls was ook van verskeie vervaardigers, maar baie was Sierra's. Jy sal 'n patroon moet uitmekaarhaal en probeer om die komponente te identifiseer.

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 3:45 pm
by Ashley
Ek weet dat die 175gr 7x57 punte Prvi Partizan se Soft Point is. Dit staan ook so op die boks.
Ek weet nou nie of dit so is vir die ander kalibers nien

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 4:52 pm
by Hansieslim
Kan dit nie dalk ook Kynoch wees nie...gooi ek n klip hier van die kant af in.

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Wed Jun 07, 2017 5:32 pm
by Armand Steenkamp
Ek het van hulle 357Mag rondtes saam met my rollie gekry. Wat ek onthou is dat dit vreeslik warm gelaai was!!

Groetnis

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Thu Jun 08, 2017 8:13 am
by tripodmvr
NGA het ook Goodnel koeëls gelaai en weens die nuwe materiaal (koper gedraaide projektiele) was daar baie klagtes oor baie hoë druk. Dit was heelwaarskynlik omdat te swaar (te lank) koeëls gebruik is en TPL in sekere kamers naby aan die lande was.

Re: Rooi plastiese boksie - ammo van die 1990s - gee my 'n n

Posted: Thu Jun 08, 2017 8:17 am
by Apie
In 303 het kon jy NGA koop gelaai met 215gr Woodleigh's

Sent from my D5803 using Tapatalk