Page 1 of 1
Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 9:49 am
by Max Rossle
Goeiedag lede
Vertrou dit gaan goed met die manne (en dames as hulle hierop is).
Ek kan nie oor my eie skiet stokke mooi skiet nie... Ek het al ALLES probeer...
Ek beperk myself tot 100m oor die Primos Trigger Sticks, want verder as dit en ek skiet 'n rugby bal groepering
Oor die bench met die wapens vasgepak, skiet my 243, 308 en 338 Winchester Magnum elkeen een gat (en ek maak staat daarop), MAAR as ek SAJWBV tabelle skiet oor my Trigger Sticks dan skiet ek 'n hele bok vir jou vol (bietjie dramaties maar ek probeer klem le op die saak)...
Ek het agtergekom my skietfout is vertikaal meer as horisontaal... links en regs is nie die probleem oor die stokke nie - ek skiet graag hoog of laag (asemhaling ens)...
Maar ek is eerlik, ek weet nie waar om die kolf op die stokke se mik te rus nie... ek het al alles probeer (voorkant van die kolf in mik, eerste derde van kolf in mik, middel van kolf in mik ens...) en ek kry nie die wapen stil genoeg om effektief 9 skote na mekaar in 'n gholfbal grote groep in te skiet nie...
Ek het nou die dag met daai Xstix geskiet waar mens die kolf agter vas kan druk teen een van die paaltjies / voete, en ek het goud geskiet op die bosveld tabel... maar ek sal NOOIT met Xstix in die veld rondtrap nie (die goed is moerlank en om opgestel te kom is 'n hoofpyn). Dit is great om so te kan skiet met 'n staande dooierus - maar ek sal nie in die veld daai sekuriteit he nie...
Al die jare met die bosveld jag het ek oor twee gekruisde besem stokke gejag en goed gevaar... ek het dit onlangs begin oordink en my brein is vol wurms... Ek jag einde Junie weer in die bosveld met skote tussen 100m en 200m.
Ek het al gevind dat om sonder stokke te stap werk vir my ook... ek het al 'n paar keer hier tussen 50m en 100m uit die skouer uit geskiet met goeie resultate maar die risiko daaraan verbonde is ook iets om in ag te neem (skietfout sonder stabielie rus ens)...
Wat maak julle manne in die veld?
Improvise julle ook maar net?
Is dit maar so eenvoudig soos kry 'n gemaklike posisie en as jy reg voel neem die geleentheid?
Ek weet nie hoeveel bokke ek al geskiet het nie maar die issue is 'n onlangse sielkundige ontwikkeling waar ek my doodstres oor my skietvermoe oor die stokke (soos op die baan met die tabel skiet ens).
Hoor graag by julle.
Groetnis
Max
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 10:38 am
by Ds J
Ek het 'n familielid wat al baie meer van jag vergeet het as wat die meeste van ons in 'n lewenstyd kan leer. Volgens hom het stokke op die toneel verskyn net nadat teleskope met hoër vergrotings 'n modegier geword het. Dit is regtig moeilik om op 8x vergroting die geweer stil genoeg te hou vir normale bosveldjag, en daarom het stokke skielik nodig geraak. Verder oefen jagters heelwat minder en kan eenvoudig net nie goed en oefen skiet nie.
Ander skuts kan van my verskil maar dit klink soos goeie argumente. Ek self sukkel ook oor stokke en verkies om eerder die naaste natuurlike voorwerp te gebruik. As ek raad kan gee is dit om op dieselfde manier te stoei as met 'n "flinch". Begin klein (.22) en oefen weer al jou basiese skietbeginsels totdat dit met die klein roertjie klop en gebruik dan weer die grote. In my beperkte ervaring met stokke werk dit die beste om die geweer op my voorste hand te laat rus.
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 11:23 am
by Eduard Venter
Ek skiet nie baie lekker oor 'n tweepoot nie en 'n driepoot is vir my te veel moeite om saam te dra. Ek verkies maar om teen 'n boomstam dooierus te vat. Al probleem is dat die regte boom nie altyd daar is as jy hom nodig het nie.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 11:26 am
by Max Rossle
Eduard Venter wrote:Ek skiet nie baie lekker oor 'n tweepoot nie en 'n driepoot is vir my te veel moeite om saam te dra. Ek verkies maar om teen 'n boomstam dooierus te vat. Al probleem is dat die regte boom nie altyd daar is as jy hom nodig het nie.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Dis die issue... as jy in die lang gras is (en nie kan le nie) en die teiken diere is ook in die lang gras... jy moet staan en skiet... maar daar is nie 'n boom naby nie... Die logiese antwoord is seker dan moenie skiet tot jy confident voel nie...
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 11:34 am
by SakoTrippel2
Max wat ek kan voorstel is gaan kyk op YouTube.. Soek wild en jag se "channel" en dan skietkuns. Daar behandel Turner Wilkinson alle skiet posisies asook staan oor skiet stokke. Mense oriëntasie teenoor die stokke en voet posisie maak nogal 'n verkil in stabiliteit en daai ongewenste wieg wat mens kry. 2dens oefen maar gereeld oor die stokke (klink of jy klaar doen) maar soos hulle sê aanhouer wen.
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 11:44 am
by henried
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 11:52 am
by Boesman10
Het die naweek 4 Kanadese kliente gehaad vir 'n Karoo jag waar die klippe so knie hoogte groei. Die een man het 8 skote op Gemsbok geskiet op 250 - 280 meter uit 'n le posisie met dooie rus oor 'n klip voor hy uit patrone gehardloop het. Bok in die maag geskiet maar dit is 'n storie vir 'n ander dag.
Die beste wat ek met die manne gevind het was my lang bipods van 'n sit posisie af of kort (90cm) twee been skietstok van sit posisie af. Gelukkig laat die Karoo homself toe daarvoor want daar is beslis geen lang gras of bome in die omgewing nie.
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 12:15 pm
by Viking
Max,
Verander jou liggaamshouding...deur die stokke by jou regtervoet neer te sit. Sit nou jou linkerhand op die stok(ke) en plaas die geweer se voorste hout op jou linker voorarm....ek het al dikwels bokke huis toe gebring met die tegniek!
Ons is so gewoond aan die leerskool van "hou vas die geweer se voorpunt met jou linkerhand as jy regs skiet"
Dink bietjie uit die box uit!!!
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 1:03 pm
by Diesel Dog
Met quad sticks skiet ek lekker.
https://youtu.be/N-b_qqXxr2c
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 1:22 pm
by tripodmvr
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 2:06 pm
by Max Rossle
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 2:07 pm
by Max Rossle
Hierdie artikel is ongelooflik mooi uit een gesit. Dankie. Dit is nou 'n waardevolle stuk inligting.
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 2:48 pm
by Jean Marais
Ek gebruik Accurate concepts se skietstok. Het al skote van meer as 300m baie suksesvol geskiet, en gelukkig tot nou toe nog geen diere gemis of gekwes nie.
https://www.safarioutdoor.co.za/collect ... ucts/acssl
Ek sal vir lang skote niks anders gebruik nie.
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Wed Jun 07, 2017 7:32 pm
by Hercules Louw
Max ek gebruik die volgende tegniek wat vir my baie goed werk:
Gebruik 'n geweerband wat effe kan rek soos die Butler Creek tipe.
Laat net die heel voorpunt van die kolf, die stukkie voor die belt se stud, op die stokke rus.
Die stokke moet hoog genoeg wees dat jy gerieflik ontspanne kan staan.
Vou die geweerband gewoon om jou arm, maar trek die voorste gedeelte van die belt af teen die stokke en hou dan die stokke en die belt saam vas met die ondersteunende hand net onder die kolf wat op die stokke rus. Die hand hou dus nie die kolf vas nie, maar die belt en dit trek die kolf in die stokke vas.
Die geweer is dus styf in die stokke en in jou skouer vasgetrek terwyl jy ook volle beheer oor die stokke het.
Met hierdie metode skiet ek altyd op die 100m van die SAJWV se Bosveld oefening met slegs die enkele steunpunt voor. Dit is gewoonlik ook my suiwerste skote van die oefening.
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Thu Jun 08, 2017 8:35 am
by Smitstertjies
Max, kry Stable Sticks en al jou probleme is opgelos. Seker die beste op die mark. Ek het meeste al probeer.Hy werk amper soos die Accuracy Concept hierbo genoem, behalwe dat die voorste rus n dwars stuk het wat jou toelaat om gemaklik links en regs te skuif met jou geweer. Dra ook baie gemaklik in die veld en maak vinnig oop.Voel amper so steady soos om van die bank af te skiet.
http://4stablestick.fr/gb/
Wildman Ermelo het hulle laas verkoop weet ek
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Thu Jun 08, 2017 9:00 am
by Philip_R
Ek het self ook stokke gemaak wat soos die stablestix werk en met my 375 verskil die groep nie baie van, van die bank af skiet nie. Ek het sommer n lang en kort een gemaak met die stukke aluminium wat ek gekoop het.
Hierdie konsep werk en jy kan maar die tiepe stokke soos hier bo voorgestel is gebruik.
Die groepe is met gewone pmp rak patrone op 100m.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170608/01d01e784b5f8abd79f9e96b78303e0f.jpg
375h&h - 34mm groep
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170608/34155ef460fa78a51e3f1bd7d37a28a1.jpg
223Rem - 22mm groep
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170608/2836cdf5ad5200ea84068186af17dc90.jpg
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Thu Jun 08, 2017 9:11 am
by Gawie(13mm)
[quote="Smitstertjies"]Max, kry Sable Sticks en al jou probleme is opgelos. Seker die beste op die mark. Ek het meeste al probeer.Hy werk amper soos die Accuracy Concept hierbo genoem, behalwe dat die voorste rus n dwars stuk het wat jou toelaat om gemaklik links en regs te skuif met jou geweer. Dra ook baie gemaklik in die veld en maak vinnig oop.Voel amper so steady soos om van die bank af te skiet.
http://4stablestick.fr/gb/
Wildman Ermelo het hulle laas verkoop weet ek[/quote]
Ek sekondeer!
Die probleem is nie waar jy die geweer se voorlaai op die mikke sit nie, maar wat jy met jou sneller hand se elmboog doen.

Die vierbeen stokke, ondersteun die geweer ten volle en al wat jy moet doen is om die elevasie en rigting aan te pas. Met 'n goeie baansessie of twee voor jou jag, sal verbaas wees hoe gemaklik jy oor dai stokke is.
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Thu Jun 08, 2017 9:28 am
by LUAN
Ek gebruik ook quad sticks baie stabiel niks links en regs beweging net op en af wieg so jy moet net jou skoot reg time. Hulle kan bietjie lank vat met die opslaan om in die regte posisie te kom.
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Thu Jun 08, 2017 10:14 am
by neef
Ek het ook maar woes geskiet van die stokke af tot ek begin oefen het op die baan met hulle nou loop dinge darm beter. moet net op die regte bewerasie skiet
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Thu Jun 08, 2017 10:39 am
by PWV
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Thu Jun 08, 2017 11:33 am
by Max Rossle
Dankie kerels..
Die konsep lyk uiters stabiel.
Ek sal dieselfde ding probeer ontwikkel en bou maar met 'n paar veranderinge...
Daai driehoekke is te groot vir bosveld jag en gaan 'n moerse sukkel wees om tussen die sekelbos en haak en steek te beweeg. Sal moet kyk hoe stabiel die konsep is met kleiner hoeke (wat makliker deur die veld dra).
Enige idees?
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Thu Jun 08, 2017 11:34 am
by Hennie Oelofse
Jean Marais wrote:Ek gebruik Accurate concepts se skietstok. Het al skote van meer as 300m baie suksesvol geskiet, en gelukkig tot nou toe nog geen diere gemis of gekwes nie.
https://www.safarioutdoor.co.za/collect ... ucts/acssl
Ek sal vir lang skote niks anders gebruik nie.
Ek moet hiermee saamstem. Baie lekker stok.... Dit is AMPER soos om van die bench af te skiet.
Re: Sukkel jy oor die stokke? Want ek doen...
Posted: Thu Jun 08, 2017 5:27 pm
by Jean Marais
Hennie Oelofse wrote:Jean Marais wrote:Ek gebruik Accurate concepts se skietstok. Het al skote van meer as 300m baie suksesvol geskiet, en gelukkig tot nou toe nog geen diere gemis of gekwes nie.
https://www.safarioutdoor.co.za/collect ... ucts/acssl
Ek sal vir lang skote niks anders gebruik nie.
Ek moet hiermee saamstem. Baie lekker stok.... Dit is AMPER soos om van die bench af te skiet.
Hennie, ek het vir my 'n stel gemaak wat identies lyk soos die wat jy koop - van alluminium pyp, en hy't my R110 gekos.
Ek ek moet saamstem. Hulle is bitter stabiel - soos my seuns sê toe ek hulle die verskil laat voel het tussen 'n bipod, 'n tripod, en hieride outjie - "Dis dan nou cheat pa, dis dan amper dooierus"