Page 1 of 3

Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 3:39 pm
by Max Rossle
Ons sit rondom die kampvuur en praat lang skote... meeste van die manne daar skiet gereeld saam lang afstand (tot en met 1000y) en ons kom neer op 'n diep, donker debat... erger as CZ vs Glock... erger as 308 vs 30-06...

Is die 308 Winchester klaar?

Dit was altyd DIE KALIBER van bespreking... "As jy ver en fyn wil skiet - kry vir jou 'n .308 Winchester" het die Oom in elke geweerwinkel agter die toonbank vir jou gese....

Die .308 Win se inherente precision en konstante uitkoms op teiken het 'n monopoly veroorsaak in die lang afstand skiet bedryf... Sowel as die beskikbaarheid van komponente en platforms oor die toonbank (sonder hassle). Die kort, sexy patroon se identiteit is nog sexier gemaak toe die algemene kennis geword het dat "snipers" (ek gril as ek daai woord hoor) in die USMC en ander militere eenhede met .308 Win platforms bewapen is.

Met die skielike "spike" in fasinering in lang afstand skiet in SA (ons kan nie ons vinger daar op plaas nie - dit was of na American Sniper die fliek of nadat Facebook videos 'n bemarkingstaktiek geword het), het die Suid Afrikaanse manne ewe skielik bietjie navorsing begin doen...

Elemente soos loop lengte, G1 en G7 BC, SD, "bedding", trompsnellheid, MOA verstellings en MOA afmetings van groeperings ens. het 'n nuwe Suid Afrikaanse "lingo" geword op publieke forums. Name soos "Bryan Litz" en "Chris Kyle" word lekker rondgegooi op die skietbaan en oor FB blaaie, sowel as die grillerige woorde "sniper" of "sniper rifle".

Die Bisley manne doen dit al jare met hulle gaatjies visier 308 planke... ek dink hulle lag lekker in hulle moue vir die nuwe craze...

Maar nou ja, met die "spike" in nasionale belangstelling in lang afstand skiet, lyk dit my die algemene skut word verder en verder van die .308 Win af weggedryf as 'n lang afstand kaliber...

Maak wetenskap ona geliefde ou 7.62x51 NATO dood?

Want dit is so dat, met 'n algemene loop lengte(22" na 24"), is die 308 Win ver van die beste af itv die volgende elemente:

1. Trompsnellheid [met 'n 155gr teen 2800fps en 'n 165gr teen 2700fps en 'n 180gr teen 2550fps); en

2. BC (155gr - algemeen 0.45BC, 165gr - algemeen 0.48BC, 180gr - 0.51BC)

Een van die twee elemente moet of uitermatig hoog wees om te kompenseer vir die ander, of albei moet hoog wees volgens die "trend" wat ek sien op die "blogs" en blaaie... Met hoog bedoel ek 'n trompsnellheid bo 2800fps met 'n projektiel wat 'n BC hoer as 0.5 bied...

Daar is onlangs 'n groot fasinering in die volgende kalibers:

1. Die 6.5mm (.264") klas kalibers (soos die 6.5x55, 6.5x47 Lapua en natuurlik die nuwe fasinering met die 6.5 Creedmoor);
2. Die 6mm XC, 6mm SLR en 243 Ackley as lang afstand kalibers;
3. Die 338 (8.6mm) klas kalibers (338 Lapua Magnum)
4. 300 Win Mag (want Chris Kyle het mos met ene geskiet)...

Ja, die bogenoemde kalibers loods uitermatige hoe BC koels teen indrukwekkende snellhede in die regte loop lengtes en binne die regte raamwerk van spesifikasies van bou... Maar dit is teen hoe koste en baie lang paaie vir die bouproses lisensieer ens... langer lope en spesiale aksies ens...

Maar wat van die ou 22", 24" en 26" 308 Winchester wat die laaste 10 jaar tot en met 1000m suksesvol beproef is op die baan, die oorlogveld en in die bosveld?

Het die nie eerder 'n issue geword van skut en nie geweer / kaliber nie? Ek sit nou die dag na 'n Super League skiet en kyk in bewondering hoe skiet die F-klas manne 1000y met hulle gaatjie visier 308 gewere... skoot na skoot in die kol...

Soveel klem word deesdae gele in die kaliber, geweer, gereedskap en wetenskap deur meeste van die verbruikers MAAR hoeveel van hulle ken die verskil tussen 'n 2mph wind, 4mph wind en 10mph wind sonder 'n wind reader? Hoeveel van die manne oefen op die afstande wat hulle gereedskap moet perform? Regverdig 'n 100m baan 'n platform wat geskik is vir 1500m?

En dan - die vraag - as die 308 Win dit altyd kon doen - hoekom word hy versmoor? Dit is seker maar net evolusie... as iets op papier dit beter kan doen - gaan dit beter doen in die veld en op die baan op 'n meer konstante basis...

Die wetenskap en gereedskap wat vandag beskikbaar is werklik besonders en ek as .308 Win eienaar dink die heel tyd aan 'n nuwe kaliber wat my arme ou .308 Win kan vervang om "beter" verder te skiet... maar ek sal maar aanpik met die ou kaliber en leer skiet met hom in die kondisies wat aan my gebied word.

Dit kom daarop neer dat die 308 Winchester se dae as die bobaas van die baan genommer is... En dit is net hartseer :'( :'( :'(

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 3:53 pm
by Eugene
Dit sal seker afhang van hoe jy dit bekyk. Op papier met al die tegniese data wat deesdae deel van skiet is, ja, dan is daar baie beter kalibers beskikbaar. Maar vir gonge en papier tot 1000m, is daar min kalibers wat goedkoop laai, baie beskikbare komponente, maklik is om 'n lading voor te kry en maklik is om akkuraat te skiet. Dis maar my 2c...

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 4:22 pm
by Smitstertjies
Lekker geskryf Max, maar vra die volgende vraag aan jouself. As jy vandag, met al die kennis wat jy oor beskik, n fynskiet roer moet koop. Wat sal dit wees? Neem ook dan sommer aan jy besit nie alreeds n 308 nie!

Wat sal die kaliber wees? n 308win?

Evolusie is n lelike ding >:+ >:+ >:+

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 4:40 pm
by Eugene
Smitstertjies wrote:Lekker geskryf Max, maar vra die volgende vraag aan jouself. As jy vandag, met al die kennis wat jy oor beskik, n fynskiet roer moet koop. Wat sal dit wees? Neem ook dan sommer aan jy besit nie alreeds n 308 nie!

Wat sal die kaliber wees? n 308win?

Evolusie is n lelike ding >:+ >:+ >:+
Dis 'n goeie vraag die, maar die antwoord is nie so heel eenvoudig nie... Dit sal afhang van die persoon se ervaring in LA skiet en ook van wat hy beskou as LA. Vir iemand wat graag tot op 500m wil skiet, is die 338LM nie regtig die beste opsie nie? Nie as jy na die hele pakket gaan kyk nie. Die 300WSM word deesdae erg aanbeveel deur elke ou agter die toonbank vir LA skiet, maar ek sien baie manne wat maar skrikkerig is vir die byt uit die prone posisie. Net so is sekere kalibers op papier great, maar vir die onervare skut is die soek na skaars komponente, doppe wat gefire form moet word uit ander kalibers se doppe en so aan, 'n oorweldigende konsep.

Ek sal byvoorbeeld nie vir jou 'n 308 aanbeveel nie, maar vir 'n beginner of jongman, sal en het ek dit al gedoen. Dis goedkoop en maklik om te skiet en self met 'n doodgewone 24" loop, kan mens lekker gonge tot op 1000m skiet. Daarna kan mens altyd opgradeer na een van die "beter" kalibers.

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 4:41 pm
by JPS
Nice geskryf max maar jy mis een van die betere lang afstand kalibers daar:

Die 7mm ++>:

Die TR manne (Lees Schalk soesifiek hier ;D ) hou daarvan om ons F Ope manne uit te haal omrede die 308 ftr manne ons laat les opse op baie van die kompetiesies. Maar daai FTR manne skiet lankal nie meer die 155gn koeëls nie hulle skiet 185 Juggernaughts en in amerika skiet die manne al 200gn en selfs 215 gn koeëls teen dieselfde spoed as wat die 7mm manne 180gn koeël skan skiet. So dis lankal nie meer die 308 van ouds nie.

Met 'n lekker lang loop en die regte dryf middel kan 308 nog baie lekker skiet op 1000y.

Maar dis soos Martin noem, met al die info tot ons beskikking is dit regtig nog nodig om 'n 308 te wil skiet ++>:

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 4:46 pm
by Hein M.
Die beskikbaarheid van laaidata - veral in die VSA en die wye verskeidenheid goeie komponente oral sal hierdie ou strydos nog lank laat leef.

Die Amerikaners hou tradisioneel nie van Europese kalibers nie. Punt.

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 4:51 pm
by Smitstertjies
Max, ek verstaan presies hoe jy voel. Ek sit nou die dag en bekyk my 6.5x55 se dop so en kon nie glo die outjie se ontwerp is al 126 jaar oud nie :): :):

En hy skiet dan nog so al te graag tot op 1000 meter. Dis dan seker maar waar wat die wyse mense kwytraak:" Jy is net so oud soos jy voel!"

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 4:59 pm
by airhunter
Smitstertjies wrote:Lekker geskryf Max, maar vra die volgende vraag aan jouself. As jy vandag, met al die kennis wat jy oor beskik, n fynskiet roer moet koop. Wat sal dit wees? Neem ook dan sommer aan jy besit nie alreeds n 308 nie!

Wat sal die kaliber wees? n 308win?

Evolusie is n lelike ding >:+ >:+ >:+

Sjoe. Daai is raakgevat.

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 5:09 pm
by Plaashaas
Mooi Max.

Party mense koop vir hulle dalk n milimeter of twee i.p.v om net te leer skiet. Ek het so vriend wat jou alles van interne en externe balistiek kan vertel. Hy het ook dan n aardige bedrag spandeer op sy geweer en teleskoop. Sy kolf het meer gekos as my geweer. Le ons op die baan en skiet is daar maar altyd n foutjie gewees met sy press, primers, doppe, ens ens.

Ek skiet lekker met my Howa .308w met die kolf wat teveel "flex" het om ooit akuraat te kan skiet en hoe kan mens nou ooit verwag die fabrieks sneller kan werk??

My ghongs lui te lekker. Dankie ou .308win

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 5:18 pm
by Alwin
Ja, dit is so dat die nuwer ontwikkelings soos bv. die 6,5 Creedmoor alles beter kan doen as 'n 308. Platter trajek, minder wind-afwyking ens. Sy loop hou ook nie naastenby so lank soos die 308 s'n nie.

Die voordeel van 'n goeie 308 is dat jy meer moeite moet doen om dieselfde verrigting te kry. dit beteken jy leer vinniger om die toestande te lees en daarvoor te kompenseer. Hy maak jou dus 'n beter skut. Pas dan daai kennis toe op die nuwe 6,5 (of wat ookal) en jy het 'n wenkombinasie.

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 5:46 pm
by Andre308
My 308 is soos jou lewensmaat. Ek weet ek gaan sukkel om die loop op te skiet, weet lading ontwikkeling is maklik, die .30 cal maak dat hy nie trug staan vir enige bok soort nie. Ek het al gong geskiet op 1400 meter, en skoot 3 toe lui die gong.

My creedmoor is soos daai Russian girls wat die manne oorsee koop. Hy skiet n koek hou, maar hoe lank die loop gaan hou weet ek nie...net soos daai Russian girls ook maar moeilik raak as hulle begin Afrikaans optel.

Daar is min kalibers wat kan doen wat die 308win kan doen, met die loop lewe, en maklik herlaai ens. Die 308 win sal nog lank lewe!

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 6:00 pm
by Diesel Dog
Gaan hom mis maar nie vergeet!

https://s.yimg.com/pw/images/spaceout.gifhttps://farm4.staticflickr.com/3436/3372533668_7daab2768e_z.jpg

DD

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Tue Jun 06, 2017 8:02 pm
by Arnold
Dit is nie so duur om n nuwe 6.5 Creedmoor te skiet nie so dit word al hoe meer gewild. Hoekom sal jy dan nou n swakker kaliber vir langafstand skiet kies as die pryse maar bitter naby aan mekaar is.

Die 308 sal nie sommer uitsterf nie en sy dae as langafstand skiet kaliber is nie getel nie ... dit is verby ;)

PS. Ek het lank 308 geskiet. Skiet nou al lank 6.5 en het nou weer n 308 gekry. Die 308 is eintlik vir n jaggeweer want daar is seker min diere waarvoor ek nie n 308 kan gebruik nie (diere wat ek wil jag).

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 8:53 am
by Max Rossle
Smitstertjies wrote:Lekker geskryf Max, maar vra die volgende vraag aan jouself. As jy vandag, met al die kennis wat jy oor beskik, n fynskiet roer moet koop. Wat sal dit wees? Neem ook dan sommer aan jy besit nie alreeds n 308 nie!

Wat sal die kaliber wees? n 308win?

Evolusie is n lelike ding >:+ >:+ >:+
Lekker Smitstertjies!

Jy vra my vas... Ek dink as dit kom by komponent koste, BC, trompsnellheid, loop lengte benodig en al daai jazz...

28" loop met 1:8" twist ratio (medium palma)
260 Remington
140gr Hybrid Target 6.5mm koel teen 2900fps (0.607BC teen 2900fps).

As julle nou die zak gehad het - wat sou julle anders doen?

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 9:00 am
by Swede
Arnold wrote:Dit is nie so duur om n nuwe 6.5 Creedmoor te skiet nie so dit word al hoe meer gewild. Hoekom sal jy dan nou n swakker kaliber vir langafstand skiet kies as die pryse maar bitter naby aan mekaar is.

Die 308 sal nie sommer uitsterf nie en sy dae as langafstand skiet kaliber is nie getel nie ... dit is verby ;)

PS. Ek het lank 308 geskiet. Skiet nou al lank 6.5 en het nou weer n 308 gekry. Die 308 is eintlik vir n jaggeweer want daar is seker min diere waarvoor ek nie n 308 kan gebruik nie (diere wat ek wil jag).



so ook die 6.5 ;)

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 9:03 am
by Riaan Kriel
[/quote]
As julle nou die zak gehad het - wat sou julle anders doen?[/quote]
Ackley daai 260 ++>:

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 9:04 am
by Arnold
Ai Swede, daai was my verskoning. Sal dan seker maar weer die 308 moet laat gaan.

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 10:06 am
by spekieries
Nee goeie verskoning. Ons gaan die lang naweek jag. Plaasreëls bepaal, kleinste kaliber .270. So die .30 moet die werk doen.

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 10:08 am
by Capt. Yoda
Dink as ek wil begin boog skiet moet ek met n 308 in die wind gaan sukkel

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 10:14 am
by Meteor
As mens n 308 kry wat die lang loop en lang afstand spesifikasies het is dan dan sogsteeds dieselfde geweer wat ook die stadige en stil koeels goed kan skiet?

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 10:15 am
by Max Rossle
Capt. Oblivious wrote:Dink as ek wil begin boog skiet moet ek met n 308 in die wind gaan sukkel
Hoor hoor! 4MOA in 7mph wind op 800y :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 10:18 am
by Max Rossle
Meteor wrote:As mens n 308 kry wat die lang loop en lang afstand spesifikasies het is dan dan sogsteeds dieselfde geweer wat ook die stadige en stil koeels goed kan skiet?

Die beste wat 'n skut kan doen is maar die 168gr Hybrid teen 2850fps of die 185gr Hybrid teen 2750fps...

BC is dan 0.519 en op teen 'n aanvaarbare snellheid... Gewig en BC (vorm ingesluit) doen die wind effekte in...

Maar vir daai outcomes kort 'n man 'n 30"/32" loop en verkieslik 'n 1:10" twist ratio...

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 2:58 pm
by Supacow
Of hy 4'' of 32'' afwyk beide skuts moet dit weet.
Hoe weet jy dit?
Deur te oefen

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 3:08 pm
by Alwin
Supacow wrote:Of hy 4'' of 32'' afwyk beide skuts moet dit weet.
Hoe weet jy dit?
Deur te oefen
En dis die waarheid!

Vaardigheid tel steeds bo fensie toerusting.

Re: Is die .308 Winchester dood as 'n lang afstand kaliber?

Posted: Wed Jun 07, 2017 3:09 pm
by andre007
Die man laat 1500yrds met die .308 maklik lyk:
https://www.youtube.com/watch?v=DwYgShOV35E