Page 1 of 2

Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:41 pm
by Vlakvark Soldaat
Met verwysing na Capt Oblivious se stukkie oor ons naweek in Wolwehoek by die LHC Groep se Skilpadtepel grond so paar weke terug - http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=62&t=57332. Het ek en my twee seuns weer terug gekeer, sommer vir so een dag uitstappie.

Ouboet, Luan (6) het aangedring dat hy sy eerste bok wil skiet (hulle was baie omgekrap omdat hulle nie saam die groot mans kon gaan nie), en soos julle weet het hy die jakkals kop gong op 300m mooi raakgeskiet.

Ek, Luan (6) en Matteo (3) het vroeg die donderdag oggend by die huis vertrek, so 7am op die plaas gearriveer, tot by die hyena kamp gery, onder die bome gestop, en lekker ontbyt agter op pa se bakkie geniet. Dit was verby vrek koud!!! Die seuns was darem warm aangetrek!

Ons het die jagraam se hek afgehaal en vir Luan a stalasie gebou sodat hy met gemak agter die 243 kan staan. Waarna ons eers n draai op die plaas gery het om die seuns bietjie die wild te wys en obviously vir hulle om in te settle...

Pappa het vir Luan gese hy kan n springbok ram skiet vir sy eerste bok, omdat hulle gewoonlik relatief mak is, en relatief naby staan, aangesien daar nooit op hul geskiet word nie (ek was verkeerd met die naby staan...)

Ek het die rammetjie gerange op 268m, die scope se turrets gestel, en ouboet het geskiet voordat ek nog die video kamera oplig... Hy het so 40m gehardloop en rustig gaan groet. Kleinboet wou net dadelik slag!

Luan het gevra of hy n blesbok ook kan skiet, waarna ons toe so klein ent gery het om n mooi ram uit te soek, ek het hom gerange op 285m, toe stel ek die turrets, en die vergroting (wat ek vergeet het om te stel met die springbok) tot op x22 op die Nxs, toe hy deur die scope kyk, se hy vir my, pappa daars iets fout met die scope, die bok is te naby, toe draai ek hom maar weer terug na x5.5 toe, en weereens voordat ek die kamera kon regkry, het die skoot geklap.

Kyk, hierdie pa was moerske trots op die 6 jarige klong was so mooi skiet! Ons het so paar mooi fotos geneem, bokke na die slagpale toe gevat, en ja, die seuns het beide help slag, ons het ook die 87gr vmax uit die blesbok herwin.

Ek het die seuns vantevore al vertel van die tradisionele ontgroening... Waarvan ek skoon vergeet het toe ons by die slagpale was, Luan het my herinner dat hy sy lewertjie wil eet, en klein Matteo het ook aangedring dat hy saam sy broer ontgroen wil word...

Manne, ek dink my moeilikheid vir die toekoms is geboek! Ek sal dalk ander werk moet soek om die budget aan te vul aangesien ons 3 jagters in die huis gaan wees! Wat n voorreg om die dag saam die laaities te spandeer. Hulle was uitgepaas oppad huis toe terwyl ek al die pad bree bors die Ranger huis toe bestuur het! Ons was nog intyd vir rugby oefening later die middag ook hahahaha.

Sien al die fotos hieronder aangeheg.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:42 pm
by Vlakvark Soldaat
...

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:43 pm
by Vlakvark Soldaat
...

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:44 pm
by Vlakvark Soldaat
...

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:45 pm
by Vlakvark Soldaat
...

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:45 pm
by Vlakvark Soldaat
...

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:47 pm
by Gawie(13mm)
Saluut!!!!

Geluk aan die jong jagters. Ons deel jou trots!

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:50 pm
by FrancoisW
Dis lekker man.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:51 pm
by Vlakvark Soldaat
O ja, die springbok het 21kg uitgeslag, en die blesbok 40kg.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:53 pm
by ruaanb
Mooi man! Baie geluk!

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 1:56 pm
by sako 30-06
Geluk manne, dit wil gedoen word. Die mannetjie mag maar skiet.

Louis, jy mag maar super trots wees.

Daai V-max lyk mooi.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 2:37 pm
by dehacked
Geluk

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 3:42 pm
by partner
Onverbeterlik en baie dankie. Daai jongman mag maar skiet.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 3:54 pm
by airhunter
Kosbaar en pragtig.
Geluk julle. Sjoe dis hoe n Pa mos moet maak.
Julle mannetjies sal sien. Net na jou eerste bok begin jou baard hard raak.

Weereens geluk aan die seuns en dankie VVS dat jy help met die volgende generasie.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 3:56 pm
by Flip Nel
Geluk, mooi man

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 4:54 pm
by Langeraat
Baie geluk en netjiese skietwerk aan die jonge jagter. Dis 'n groot voorreg om so saam die kinders kwaliteit tyd te kan spandeer en bande te bou.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 5:59 pm
by JPS
Baie mooi!

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 9:30 pm
by Plaashaas
Baie geluk aan die jongman en pappa.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Tue Jun 06, 2017 11:05 pm
by Ben Remington
Baie mooi en baie geluk.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Wed Jun 07, 2017 8:20 am
by Tikka_25-06
Pragtig baie geluk!

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Wed Jun 07, 2017 8:24 am
by Wanna
Baie geluk aan die jong jagters. Geniet dit

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Wed Jun 07, 2017 10:02 am
by Capt. Yoda
Lekker Hennings

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Wed Jun 07, 2017 10:13 am
by Ebony30-06
Baie geluk!

Gelukkig is hy nog net 6 jaar oud want jou ranger sou te klein wees vir jul twee se breƫ borse. Al ons jagter pa's se droom om die tradisie aan ons nageslag oor te dra.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Wed Jun 07, 2017 10:29 am
by EttasB
Lekker Hennings. Baie mooi.

Re: Ouboet skiet ook raak...Deel 2

Posted: Wed Jun 07, 2017 4:14 pm
by Mellies
Mooi man!

Met n vleisie...