Page 1 of 1

8x68S en Suid Afrikaanse dryfmiddel

Posted: Mon Jun 05, 2017 2:19 pm
by Max Rossle
Goeiedag Lede

Oorweeg 'n 8x68S met 26" loop (light palma).

Watse tiepe ballistiese performance kan ek verwag met Suid Afrikaanse dryfmiddel?

Waarmee skiet die lede wat die kaliber besit? (Koels en kruit).

Sien uit na julle antwoorde.

Groetnis
Max

Re: 8x68S en Suid Afrikaanse dryfmiddel

Posted: Mon Jun 05, 2017 3:44 pm
by FredJ
Hi Max,
Ek het 'n 8x68S met 24 duim loop.
Geweer skiet soos 'n droom en hy skiet morsdood.
Ek gebruik S385 moet baie goeie resultate.
My beste groeperings is by 72 grein, met Magnum primers. (My begin lading is 70 grein tot by 73 grein maksimum).
Ek het lanklaas die spoed gemeet en kan nie bevestig nie, maar ek weet die koeel is haastig.
Vir die baan gebruik ek 220 grein Sierra Game Kings en vir jag gebruik ek Swift A Frame 220 grein.
Ek kry gemiddelde gewigrentensie van 97% met die A Frames.
Groete
Fred

Re: 8x68S en Suid Afrikaanse dryfmiddel

Posted: Mon Jun 05, 2017 4:04 pm
by Max Rossle
FredJ wrote:Hi Max,
Ek het 'n 8x68S met 24 duim loop.
Geweer skiet soos 'n droom en hy skiet morsdood.
Ek gebruik S385 moet baie goeie resultate.
My beste groeperings is by 72 grein, met Magnum primers. (My begin lading is 70 grein tot by 73 grein maksimum).
Ek het lanklaas die spoed gemeet en kan nie bevestig nie, maar ek weet die koeel is haastig.
Vir die baan gebruik ek 220 grein Sierra Game Kings en vir jag gebruik ek Swift A Frame 220 grein.
Ek kry gemiddelde gewigrentensie van 97% met die A Frames.
Groete
Fred
Op watse aksie is die 8x68 gebou? En watse twist ratio? (Ek neem aan dis 1:10").

Ek beoog om swaarder vir kaliber koels te gebruik (220gr in 8mm).

Re: 8x68S en Suid Afrikaanse dryfmiddel

Posted: Tue Jun 06, 2017 10:25 am
by Bennie Bester
Max,
Ek het ook n 8x68S. Ek laai 200 gr Accubonds. Ek het beter resultate met S365 gekry. Ek glo met die swaarder punt en langer loop behoort S385 dalk beter te werk.
Terloops my geweer groep baie mooi met 69.0gr S365 en standaard primers. Looplengte 24"
Geniet hom/haar.
Groete Bennie

Re: 8x68S en Suid Afrikaanse dryfmiddel

Posted: Wed Jun 07, 2017 8:10 am
by FredJ
Hi Max,
Standaard Mauser aksie.
Die twist is 1 in 10 ja.
As jy swaarder as 220 wil gaan kan jy Claw Bullets ook prober, weet hul maak 'n 250 op spesiale bestelling.
Groete
Fred