Page 1 of 1
Water dromme
Posted: Thu Aug 25, 2011 9:28 pm
by Cobus(Cobb)
Naand almal.
Ek wil bietjie vir my eie pret en onspanning, gaan kyk hoe sekere punte oopmaak(mushroom)..oor 100, 200 en 300 m.
Ek dink aan plastiek dromme, 25liter, vol water.....
Sal dit werk? Wat sal die minimum afstand wees voordat punte regdeur skiet?
My spoed is so kort onder 2600ft/sek....308 kaliber
Watter ander goeie manier, behalwe vir water in dromme, kan julle aanbeveel??
Cheers
Re: Water dromme
Posted: Thu Aug 25, 2011 9:38 pm
by HUNTER
'n Paar ou dik telefoonboeke wat jy nat gemaak het en agter mekaar plaas. 'n meer realistiese toets.
Groete
Hunter
Re: Water dromme
Posted: Thu Aug 25, 2011 11:09 pm
by G-force
Wat van n trop elande?Blad skote.
Re: Water dromme
Posted: Fri Aug 26, 2011 6:16 am
by Cobus(Cobb)
G force,,
Klink goed ou maat, waarnatoe stuur ek jou rekening??
Re: Water dromme
Posted: Fri Aug 26, 2011 7:32 am
by 300Winmag
Ek het heel lekker met nat telefoon boeke reg gekom - los hulle deur nag in water en trap
dan die volgende oggend al die ekstra water uit. So kry ek 'n toets middel wat elke keer die selfde
is. Draai toe in swartsak en pak mooi in 'n boks. Die bokse waarin reams papier kom (soos Mondi) werk lekker.
Hier is 'n foto van 2 x 6.5mm 140gr Speer Hot-Cor koeels. Ek het 'n rooibok met die regterkantste een skuins van
agter geskiet en die koeel was onder die vel voor op die knop van die oorkanste been - hy het so 15 tree gegee en om
gedop. Die linker kantste een het ek 5 boeke agter mekaar geskiet - hulle het nie geroer na die skoot nie en net daar bly l?.
[img width=560 height=420]
http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... ne2068.jpg[/img]
Re: Water dromme
Posted: Fri Aug 26, 2011 7:46 am
by BLOK
Re: Water dromme
Posted: Fri Aug 26, 2011 8:10 am
by G-force
cobb wrote:
G force,,
Klink goed ou maat, waarnatoe stuur ek jou rekening??
Stuur na
G-force@Elandgeskietpleksvanwaterdromtoets.co.za
Moenie die biltong vergeet nie.

Re: Water dromme
Posted: Fri Aug 26, 2011 8:12 am
by erx
300WinMag
Op watse afstand was die wetpack?
Groete
erx
Re: Water dromme
Posted: Fri Aug 26, 2011 8:29 am
by 300Winmag
Blok - ek het dit maar weg gegooi - daar was te veel ink skade
ERX = ek skiet hulle so op 25 meter. Ek skiet ook nie meer as 2 skote op n boks
nie sodat die een se "wond kanaal" nie die ander een se performance beinvloed nie.
Gewone cup-en core kry jy so in 5 boeke gestop maar die premium draf daar deur.
Dan moet jy maar so paar ekstra sit en dan paar wat droog is. Ek sal nog die GMX
hier deur skiet en kyk wat se skade maak die boeke aan hom. Dalk sommer Nosler
e-tip ook skiet en die 2 vergelyk. Hoeveel boeke hulle penetreer en dan wat die gewig
retensie is.
Re: Water dromme
Posted: Fri Aug 26, 2011 10:13 am
by Gerhard
Klink goed ou maat, waarnatoe stuur ek jou rekening??
[/quote]
Stuur na
G-force@Elandgeskietpleksvanwaterdromtoets.co.za
[/quote]
Baie skerp!!!!
Re: Water dromme
Posted: Sun Aug 28, 2011 10:06 am
by Gerard
Water is meer konstant as 'n stop medium as nat papier en maak vergelyking meer haalbaar. As die nat papier met slegs 10% verskil, van vergelyking tot vergelyking, maak dit vergelyking nutteloos. Water bly dieselfde of dit nou in Texas, Groenland of in die Karoo gebruik word.
25l Plastiek kanne is duur. Gebruik 5l olie houers. Op 100m, stop 11 in 'n ry 'n 225gr mono uit 'n 338 win Mag uit. As jy dit gereeld gaan doen, bou dan 'n raamwerk met afskortings uit 25mm hoekyster en gebruik plastieksakke. 1.4m lengte stop enigiets behalwe die heel vinnige soliede koeels.
Terwyl jy besig is, toets sommer hoe die punte van plastiekpunt koeels oopmaak, met en sonder die plastiekpunt.
Re: Water dromme
Posted: Sun Aug 28, 2011 3:05 pm
by Cobus(Cobb)
Gerhard,GForce.......julle vat my hond...n?..
Gerard....vertel my meer oor die plastieksak setup van jou.
Cheers
Re: Water dromme
Posted: Mon Aug 29, 2011 1:09 am
by Gerard
Ek het heelwat van die goed gebou met die tyd. Eers hout gebruik en toe plaatyster. Niks het te lank gehou met die hoeveelheid skietwerk wat die strukture moes deurstaan nie. Die laaste paar is van hoekyster gemaak, net breed genoeg om 5l oliekanne wat bree kant teen mekaar staan, te hou. Die totale lengte is 1.8m in twee dele van 900mm elk. Vir die kleiner kalibers is net een deel nodig terwyl die twee dele, agtermekaar ingehak, net omtrent alles sal stop.
Die vloer van elke deel bestaan uit "expanded mesh" waarvan die gat ongeveer 1cmx2cm is. Bou elke deel met vertikale hoekyster versterkings 300mm uitmekaar en met skuins konneksies van hoek tot hoek. Wanneer mens nie oliekanne kan kry nie en plastieksakke gebruik, verhoed dit dat die sakke langs die kante uitval (vier sakke per 900mm lengte). Gebruik dun "masonite" om die voor en agterkante toe te maak en "parcel tape" om alles bymekaar te hou vir die skoot. Ek het 'n treiler skietbaan toe gesleep met 20l kanne met water om die monster se dors te les. Met plastieksakke en twee dele het dit 90l water gevat om vol te maak vir 'n 375 of 338.
Ek het probeer bene bou vir die goed maar die bene het altyd eerste gebreek. Die laastes het ek net op ou buitebande neergesit, maksimum drie hoog anders sal die gewig van die water hulle begin plat druk. Stewige bene wat in pype pas wat ordentelik vasgesweis is sal seker beter werk.
Re: Water dromme
Posted: Mon Aug 29, 2011 8:10 pm
by 300Winmag
Gerard wrote:
As die nat papier met slegs 10% verskil, van vergelyking tot vergelyking, maak dit vergelyking nutteloos.
As ek 2 koeels met mekaar wil vergelyk skiet ek hulle in die selfde pak so die verskil is so klein dat dit nie vir my
'n verskil maak nie ...
As ek die koeels uit die nat papier met die kooels uit my bokke vergelyk stem hulle so soveel ooreen dat die papier goed
genoeg vir my as toets medium is.
Gerard wrote:
Terwyl jy besig is, toets sommer hoe die punte van plastiekpunt koeels oopmaak, met en sonder die plastiekpunt.
Nee wat, die slim manne met onbeperkte budgets by Hornady, Barnes, Nosler en Lapua het dit klaar vir my gedoen .
Re: Water dromme
Posted: Mon Aug 29, 2011 8:33 pm
by erx
300 WinMag
Goed gestel
Groete
erx
Re: Water dromme
Posted: Tue Aug 30, 2011 1:36 am
by Gerard
Nee wat, die slim manne met onbeperkte budgets by Hornady, Barnes, Nosler en Lapua het dit klaar vir my gedoen
En wat vertel hulle vir jou? "The plastic tip initiates expansion." Glo jy sulke snert?
As 'n 10% verskil vir jou klein is, dan kan ons mos vir al die munisipale werkers 10% van ons inkomste gee. Wie sal dan nou so 'n klein verskil oplet? Sal dit saak maak of ek 52gr S355 in my 30-06 laai agter 'n 150gr koeel of 57gr? Dit is nie eers 10% meer nie. As jy koeels koop en daar is 100 in die pakkie, gee 10 vir die winkel terug, jy sal nie 10% mis nie. Nog beter, vra vir hulle om vir jou 110 te gee vir die prys van 100. Hulle sal nie 10% verskil agterkom nie.
Re: Water dromme
Posted: Tue Aug 30, 2011 7:44 am
by 300Winmag
Gerard wrote:
Nee wat, die slim manne met onbeperkte budgets by Hornady, Barnes, Nosler en Lapua het dit klaar vir my gedoen
En wat vertel hulle vir jou? "The plastic tip initiates expansion." Glo jy sulke snert?
Ja - en dan lyk die punte nog mooi ook!
Gerard wrote:
As 'n 10% verskil vir jou klein is.
Lees stadig wat ek geskryf het, ek dink jy het die punt wat ek gemaak het mooi verstaan nie, ek het nooit
ges? 10% is klein nie. As ek die toets doen is daar baie minder as 10% verskil nie want ek gebruik die selfde pak vir beide koeels.
Maar jy hoef regtig nie oor te slaan na papier toe nie, of te glo dat die plastiek punte help om 'n egalige omklink
te begin nie,
ek probeer jou nie oortuig nie.
Dis ek hier - nie jy nie. My ladings (wel Dok en Wouter se ladings), koeels en doppe met my 90% van my salaris gekoop. Dis my stokperdjie wat ek geniet
en wat vir my werk - hoekom word jy so opgewerk daaroor.
Re: Water dromme
Posted: Tue Aug 30, 2011 9:18 am
by Gerard
Dis nie opgewerk nie. Jy sal opgewerk herken wanneer ek opgewerk raak.
Ek wys uit dat mens nie alles moet glo wat advertensie afdelings skryf nie en, as jy die toets self sou doen, sal jy sien dat enigiets wat in 'n hol punt geplaas word, uitsetting van die koeel verminder. Maar, as jy liewers ander se advertensiemateriaal wil glo, is dit goed so. Mens kan swaartekrag ignoreer maar swaartekrag sal nie ophou bestaan nie.
As jy nie wil aanvaar dat vergelyking van dag tot dag of van streek tot streek met water meer konstant is nie, is dit jou keuse. As papier vir jou werk is dit goed so. Elke ou speel met wat hy wil. Ek wys net op die punt dat mens nie kan s? dat een koeel meer gewig behou as 'n ander, of sus of so reageer as die medium nie konstant is nie. Die oomblik wat jy die eerste skoot op 'n wetpack skiet, is die medium nie meer konstant nie. Wetpack is speel en water is geloofwaardig.
Re: Water dromme
Posted: Tue Aug 30, 2011 9:28 am
by 300Winmag
What ever.
Re: Water dromme
Posted: Tue Aug 30, 2011 10:58 am
by Raven
Plastic tips initiates expansion - Snert, ek glo nie dit is waar nie.
Plastic tips assist with better/higher BC- dit kan dalk waar wees.
Plastic tips does not deform in magazine - dit kan ook waar wees.
Raves