Page 1 of 1
Burris Veracity 5 - 25 x 50 E1 FFP
Posted: Fri May 26, 2017 9:02 am
by Karooklong
Hi manne in my soeke na bekostigbare (vir my) jag scope waarmee ek ook lekker ver kan skiet het ek op die scope afgekom. Kan die ingeligtes asseblief hulle opinies gee. Waarmee het julle hom vergelyk ?
Lekker Vrydag !
Re: Burris Veracity 5 - 25 x 50 E1 FFP
Posted: Fri May 26, 2017 10:16 am
by joe rocket
Jy kan ook na Sigtron S3 6x24x50 ffp scope kyk. 100moa interne verstelling en n 30mm buis. Die glas is mooi helder. My subjektiewe opinie is dat dit n beter koop is as die varacity.
Re: Burris Veracity 5 - 25 x 50 E1 FFP
Posted: Fri May 26, 2017 11:21 am
by Rudie
Die Burris Veracity is 'n baie goeie waarde vir geld Scope en een van die min LR scopes wat tactical knoppe het met caps op. Hy het 'n Zero stop ook.
Laat weet as jy belang stel. Ek wil myne vervang met 'n SFP Scope aangesien ek nie die geweer meer gebruik vir die doel waarvoor ek hom aanvanklik voor gekoop het nie en 'n SFP Scope gaan beter vir my werk.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Burris Veracity 5 - 25 x 50 E1 FFP
Posted: Fri May 26, 2017 12:22 pm
by 6.5/284Norma
Ek het dje Veracity op skietbaan en in jagveld vergelyk met my Swarovski Z6 en Z5 asook my Burris XTR ii en kan eerlik verklaar dat min scopes vir die geld 'n beter koop as dje Veracity is.
Re: Burris Veracity 5 - 25 x 50 E1 FFP
Posted: Fri May 26, 2017 3:09 pm
by Karooklong
6.5/284Norma wrote:Ek het dje Veracity op skietbaan en in jagveld vergelyk met my Swarovski Z6 en Z5 asook my Burris XTR ii en kan eerlik verklaar dat min scopes vir die geld 'n beter koop as dje Veracity is.
Dis impressive en jy verkoop hulle seker darem nie ?? Ek sien reticle se hooflyn is 1/8 Moa so raak hy nie te dik op sê x20 vergroting nie - veral as jy vir klein goed moet skiet op 300m sê springbokkop - 3" ?
Help my maar reg ek is dom maar kan gelukkig vrae vra haha
Re: Burris Veracity 5 - 25 x 50 E1 FFP
Posted: Fri May 26, 2017 4:03 pm
by koos 2
As ek mag vra wat kos so n Burris en waar sal ek een kan bekyk ?
Re: Burris Veracity 5 - 25 x 50 E1 FFP
Posted: Fri May 26, 2017 4:29 pm
by 6.5/284Norma
Karooklong wrote:6.5/284Norma wrote:Ek het dje Veracity op skietbaan en in jagveld vergelyk met my Swarovski Z6 en Z5 asook my Burris XTR ii en kan eerlik verklaar dat min scopes vir die geld 'n beter koop as dje Veracity is.
Dis impressive en jy verkoop hulle seker darem nie ?? Ek sien reticle se hooflyn is 1/8 Moa so raak hy nie te dik op sê x20 vergroting nie - veral as jy vir klein goed moet skiet op 300m sê springbokkop - 3" ?
Help my maar reg ek is dom maar kan gelukkig vrae vra haha
Nee ek is nie handelaar nie.
Die kruisdraad bly dun genoeg op hoogste vergroting ja. Het verlede jaar langafstand gejag en dit was geen probleem. Die verstelling is ook baie akkuraat en ek hou daarvan dat die turrets oop kan los of die doppies opsit.