Page 1 of 1
SUS-TAC ringe - Watter hoogte
Posted: Wed May 24, 2017 11:07 am
by Langeraat
Ek soek 'n bietjie hulp asb. Ek het SUS-TAC ST-AWE ringe op Huntex bestel vir my Howa 6.5 Creedmoor waarvoor ek nog wag vir die lisensie. Ek moet nou vir die manne laat weet of dit lae of medium hoogte ringe moet wees. Ek beplan om 'n 30 mm buis teleskoop met 56 mm objektief daarmee te monteer op 'n 20 MOA picatinny rail as basis. Is daar dalk iemand wat 'n soortgelyke kombinasie het wat kan bevestig dat lae ringe wel gaan werk of moet ek eerder met medium hoogte gaan.
Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte
Posted: Wed May 24, 2017 11:28 am
by Gian_dP
As ek moet raai sou ek se medium. Met 'n 56 objektiewe lens gaan jy so 1.1 duim nodig he van bokant van rail na middel van buis. Vra die ouens van Sus-Tac watter ringhoogte dit vir jou sal gee.
Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte
Posted: Wed May 24, 2017 11:38 am
by Toyrsi
Weet nie van die Sus-Tac ringe nie maar het Low NF ringe op my Howa met 20 MOA rail en 56mm lens. Pas net.
Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte
Posted: Wed May 24, 2017 12:52 pm
by Langeraat
Dankie Gian en Toyrsi. As ek
HIER na Fanie se geweer kyk lyk dit asof selfs die lae ringe sal kan werk. Ek wou maar net bietjie rustigheid daaroor gehad het voordat ek vasmaak. Ek sal met die SUS-TAC manne daaroor gesels.
Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte
Posted: Wed May 24, 2017 1:08 pm
by Gian_dP
Langeraat wrote:Dankie Gian en Toyrsi. As ek
HIER na Fanie se geweer kyk lyk dit asof selfs die lae ringe sal kan werk. Ek wou maar net bietjie rustigheid daaroor gehad het voordat ek vasmaak. Ek sal met die SUS-TAC manne daaroor gesels.
Ek sien hulle ringe is redelik hoog, dan kan die lae ringe goed werk.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: SUS-TAC ringe - Watter hoogte
Posted: Tue May 30, 2017 2:55 pm
by Langeraat
Het nou inligting gekry vanaf die SUS-TAC manne. Die lae ringe is 28.9 mm vanaf middel tot by basis en die mediums is 33.9 mm. Dit smaak my dus dat die lae ringe wel gaan werk soos jy se Gian.
